Landbouweekblad

BLINK SKEERTOEKO­MS

-

Mnr. Michael Scott is optimistie­s oor die toekoms van nuwe private skeerdiens­te in Suid-Afrika.

Al is klein, private skeerspann­e nie so algemeen in die Overberg nie, is daar reeds ’n paar in die Oos-Kaap. Dit word ook meer algemeen in die noorde van Suid-Afrika.

’n Skeerdiens kan winsgewend wees, solank jy genoeg skape kan skeer.

Benewens sy skeerdiens is Scott betrokke by die skeeroplei­ding wat die Nasionale Wolkwekers­vereniging (NWKV) vir skoolleerd­ers aanbied. Hy meen dit is die regte tyd om te begin. “Hoe jonger jy is, hoe beter, omdat jou liggaam meer soepel is.”

Dit is juis die eise wat skeerdery aan die liggaam stel, wat baie skeerders laat tou opgooi, of die rede is hoekom jong mense nie na die bedryf stroom nie.

Scott dink hy het nog sowat vyf jaar se skeer in hom. Hy hoop om binnekort nog ’n span te hê. Hy sal dan in die “tweede” span skeer om hulle op te lei. Hy beoog om vyf of ses spanne te hê en wanneer hy nie meer self skeer nie, die spanne en die ondernemin­g te bestuur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa