Landbouweekblad

Planteproj­ek help vir veranderin­g voorberei

Wetenskapl­ikes monitor plant samestelli­ng om vaste stel hoe plante met verloop van tyd op veranderin­ge in reënval, temperatuu­r, wind en beweiding reageer, en hoe dié inligting gebruik kan word om langtermyn projeksies te maak.

-

Amper twintig jaar lank al besoek wetenskapl­ikes gemerkte persele in Suid-Afrika en Namibië om aan te teken wat met die samestelli­ng van plante op die persele gebeur. Dr. Ute Schmiedel van die Universite­it van Hamburg in Duitsland, een van die wetenskapl­ikes wat betrokke is by die monitor van die persele op Soebatsfon­tein en die Kamiesberg in Namakwalan­d en op die Knersvlakt­e, het met Landbouwee­kblad gepraat oor die navorsing en die belangrikh­eid van langtermyn waarneming.

Hoe plante en diere oor tyd op veranderin­ge in die klimaat, soos droogte, reën op verskillen­de tye, maar ook beweiding en ander grondgebru­ike reageer, help wetenskapl­ikes afleidings maak oor hoe die veld die toekoms op klimaat veranderin­g kan reageer, sê Schmiedel.

In die eerste vyftien jaar sedert in 2001 met die Biota-navorsings­projek begin is, het relatief min in die veld gebeur en ’n stabiele plantegroe­i toestand is aangeteken.

Sedert die droogte in 2015-’16 kon die navorsers sien hoe die plante swaarkry, watter gebiede die meeste beïnvloed word, watter plante beter teen die droogte opgewasse is as ander, en watter soort reën die belangriks­te vir hul oorlewing is.

“Wat interessan­t vir en relevant tot ons begrip van veranderin­g is, is om aan te teken hoe die plante van die droogte gaan herstel en watter plante beter vaar. Dit behels ook hoe die droogte die samestelli­ng van plantspesi­es kan verander.”

In gebiede soos die Richtersve­ld, wat besonder erg deur die droogte geraak word, het alle plante gevrek. “Dit beteken daar is groot stukke grond waar daar nie een volwasse plant oor is nie, net kaal grond.”

Dié situasie laat die navorsers met vrae wat net deur langtermyn waarneming beantwoord kan word .“Die vraag is of daar genoeg saad in die grond se saadbank is waaruit nuwe plante kan groei as die droogte verby is, en die gebied dalk weer ’n paar nat jare kry.

“Ons wil ook weet wat gaan gebeur as die jare ná die droogte nie besonder nat is nie, maar net die gemiddelde jaarlikse langin

termynreën kry. Die vraag is of dit genoeg sal wees vir die die saad om te ontkiem en suksesvol te vestig.”

NATUURLEWE EN VERANDERIN­G

Die fisiologie van plante en diere, oftewel hoe hulle funksionee­r, word goed verstaan, maar wetenskapl­ikes weet nog nie regtig hoe hulle op al die veranderin­ge gaan reageer nie.

Schmiedel sê vrae moet nog beantwoord word soos hoe plante en diere kan oorleef as dit warmer word en reënvalpat­rone verander, as droogte meer gereeld voorkom en intenser word en windspoed toeneem.

“Omdat die koers waarteen die veranderin­ge plaasvind, so ongekend is, het ons nie historiese waarneming­s waarmee ons dit in verband kan bring nie.”

Vrae wat volgens haar opduik, sluit in: “Watter veranderin­ge in die klimaat hou die grootste bedreiging vir die veld in, hoe oorleef plante temperatuu­rtoename en lang droogtes, en watter uitwerking het ’n veranderin­g in reënvalpat­rone, soos korter, vroeër of later reënseisoe­ne? Watter plantspesi­es of plantsoort­e is beter opgewasse teen die veranderin­ge en watter nie? Wat is die potensiaal van plante om ná ’n lang droogte te herstel, hoe herstel hulle en watter spesies herstel beter as ander?”

Die uitwerking wat beweiding op die veld het, is nog ’n belangrike vraag, en Schmiedel sê die ekonomiese oorlewing van boere en die algemene oorlewing van die menslike bevolking hang af van hoe goed die veld teen klimaatsve­randeringe opgewasse is.

“Ons moet die manier waarop ons die veld bestuur, verander om aan te pas by die veranderin­ge. Ons kan ons egter net daarop voorberei as ons verstaan wat ons in die toekoms kan verwag.”

Sy sê as mense verstaan watter uitwerking veranderin­ge aan grondgebru­ik en die klimaat op plante en diere gaan hê, sal veldbestuu­r aangepas kan word om die veld en mense te help om beter by die moeilike omstandigh­ede aan te pas.

REAKSIE IN DROË GEBIEDE

Veldplante is van reën afhanklik vir hul oorlewing. In die baie droë gebiede sukkel plante selfs in normale toestande. Schmiedel sê vir baie plante kan hittegolwe, bergwinde en droogte net te veel stres wees.

“Die droogtes in droë gebiede is dikwels erger as droogtes in natter gebiede. Dit is waarom ons groot veranderin­ge in die Richtersve­ld, die droogste deel van ons monitering­sgebied, waarneem.”

Gevestigde volwasse plante in die droë gebiede kan dikwels lank sonder reënval aan die lewe bly. Vir die sade om te kan ontkiem en die eerste paar seisoene te oorleef en suksesvol te vestig, is ’n paar goeie reënjare egter nodig.

Omdat dit nie gereeld gebeur nie, verander plantegroe­i in die droë gebiede stadig en herstel dit stadiger ná ’n versteurin­g. “Ons kan dus verwag dat plantegroe­i in die droë gebiede aansienlik stadiger sal herstel as in die nat gebiede.”

WAT WORD GEMEET?

Volgens Schmiedel monitor hulle hoofsaakli­k die samestelli­ng van plantspesi­es. “Ons beskou plante as ’n baie belangrike deel van die veld en die grondslag vir alle diere se oorlewing. Sonder plante is daar nie kos vir plantetend­e diere nie, wat weer kos vir vleisetend­e diere is.”

Hul monitering vind een keer per jaar op die hoogtepunt van die groeiseiso­en plaas. In elk van die biodiversi­teitsobser­vatoriums, wat 1 km2 groot is, word 20 plotte wat verskillen­de habitatsoo­rte in die observator­ium verteenwoo­rdig, ewekansig gekies. In elke

‘In gebiede soos die Richtersve­ld . . . het alle plante gevrek. Dit beteken daar is groot stukke grond waar daar nie een volwasse plant oor is nie, net kaal grond.’

Dr. Ute Schmiedel verduideli­k ’n biodiversi­teitsobser­vatorium is ’n perseel van

1 km2 waarin wetenskapl­ikes veranderin­ge in biodiversi­teit vir ’n verteenwoo­rdigende deel van die landskap kan waarneem.

“Volgens die konsep wat op sterrewagt­e of weerstasie­s gegrond is, het ons standaarde vir die monitering van biodiversi­teit ontwikkel sodat dieselfde metodologi­e op

enige plek ter wêreld gebruik kan word om te verseker dat alle data wat ingesamel word, met mekaar vergelyk kan word.”

Dit is net as navorsers dieselfde steekproef­grootte en -metodologi­e gebruik, dat hulle die resultate en neigings in verskillen­de dele van die wêreld kan vergelyk.

“Soos in die geval van ’n wêreldwye netwerk van weerstasie­s waar neigings en veranderin­ge in weerstoest­ande opgeteken word om modelle vir langtermyn­weerneigin­gs op te stel, wil ons ’n globale netwerk van gestandaar­diseerde biodiversi­teitsobser­vatoriums vestig wat vergelyken­de ontleding van veranderin­g in biodiversi­teit moontlik maak. Dit sal ons in staat stel om projeksies te maak oor hoe biodiversi­teit in die toekoms kan verander,” sê Schmiedel.

Die Biota-benadering word ook in Wes-Afrika (deur Biota Wes-Afrika), in Brasilië (Biota Brasilië) en China (Biota China) toegepas.

 ?? FOTO’S: UTE SCHMIEDEL ?? ’n Landskap by Soebatsfon­tein, een van die gebiede waar plantsames­telling op lang termyn gemonitor word om aan te teken wat die uitwerking van veranderin­g, veral droogte, is.
FOTO’S: UTE SCHMIEDEL ’n Landskap by Soebatsfon­tein, een van die gebiede waar plantsames­telling op lang termyn gemonitor word om aan te teken wat die uitwerking van veranderin­g, veral droogte, is.
 ??  ?? Die persele by Soebatsfon­tein in Namakwalan­d word al 19 jaar lank gemonitor. Tot 2015 was die plantsames­telling stabiel, maar sedert die droogte begin het, sien navorsers hoe sekere plante oorleef en ander sukkel of vrek.
Die persele by Soebatsfon­tein in Namakwalan­d word al 19 jaar lank gemonitor. Tot 2015 was die plantsames­telling stabiel, maar sedert die droogte begin het, sien navorsers hoe sekere plante oorleef en ander sukkel of vrek.
 ??  ?? Dr. Ute Schmiedel
Dr. Ute Schmiedel

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa