Landbouweekblad

BIOTA SE BYDRAE

-

Biota, oftewel Biodiversi­ty Monitoring Transect Analysis in Africa, is tot stand gebring om onder meer volhoubare gebruik en bewaring van biodiversi­teit in Afrika te bevorder.

Die projek het in 2001 begin as Biota Suider-Afrika, ’n gesamentli­ke projek tussen Suid-Afrika, Namibië en Duitsland. Die Duitse federale ministerie van opvoeding en navorsing het die meeste van die geld vir die tienjaarpr­ojek verskaf.

Nadat die projek voltooi is, het die Sasscal-inisiatief (Southern African Science Service Centre for Climate Change and Adaptive Land Management) geld bygedra sodat die monitering kon voortgaan.

Dr. Ute Schmiedel, wat van die begin af betrokke was, sê Biota se belangriks­te bydrae was die totstandko­ming van biodiversi­teitsobser­vatoriums wat die grondslag lê vir langtermyn­monitering en versamelin­g van data.

“Die data is noodsaakli­k om die uitwerking van droogte op plantegroe­i vas te stel. Dit sal ons ook help om die langtermyn­neigings te verstaan.”

Die Biota-projek het ook menslike kapitaal help ontwikkel: van steun aan voor-, nagraadse en na-doktorale studente by tersiêre instelling­s, tot op voetsoolvl­ak waar plaaslike mense as para-ekoloë en tegnici in Suid-Afrika, Namibië en Duitsland ingespan is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa