WÊRELDREKORD
In die hooggeleë grensgebied tussen die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal met sy koue winters is die ekstreme toestande ook die ideale teelaarde vir Nguni’s. Die Biggs-familie vertel hoe hulle die bul Biggs, wat onlangs ’n wêreldrekordbedrag van R310 000 behaal het, geteel het.
Afrika sy status as vry van bek-en-klouseer by die internasionale organisasie vir dieregesondheid (OIE) verloor het.
KLASSIFIKASIESTELSEL
Die tweede aspek wat moet verander, is die Suid-Afrikaanse klassifikasiestelsel vir vleis. Die stelsel beskryf tans slegs die ouderdom en vetheidsgraad van ’n karkas. Dit gee feitlik geen aanduiding van die gehalte en sagtheid van die vleis nie.
In ’n stel toetse wat op 56 ongewisselde, jong diere by die Universiteit van die Vrystaat uitgevoer is, het die vleissagtheid van uiters sag tot baie taai gewissel. Hierdie uitslag was van diere van dieselfde geslag en ras wat in voerkraaltoestande afgerond is. Al hierdie diere is as klas A2 of A3 geklassifiseer en hul vleis sou dus teen dieselfde prys verkoop geword het. Dit is onmoontlik om inligting vanuit die stelsel te kry om ’n seleksieprogram te begin om vleisgehalte te verbeter.
Verder bevoordeel die huidige stelsel slegs die voerkraaleienaar wat diere as ongewisseld (klas A) laat slag. Dit bevorder dus die eenkanaal-bemarkingstelsel (speenkalfstelsel) wat tans in die land geld. Dit benadeel die produsent wat na alternatiewe produksiestelsels, soos ’n tollie- of osstelsel waar diere reeds gewissel het, wil oorskakel.
Die ironie is dat Australiese navorsing bewys het daar is min verskil tussen die vleisgehalte van ongewisselde en viertanddiere. Selfs ’n groot persentasie sestanddiere se vleis was nét so goed soos dié van die jonger diere ( GRAFIEK ).
GRADERINGSTELSEL
Die Suid-Afrikaanse vleisbedryf het ’n eie graderingstelsel nodig wat vleis behoorlik volgens sagtheid, marmering, vetheid en, indien moontlik, sappigheid en geur beskryf. Só ’n stelsel sal alle produksiestelsels oor dieselfde kam skeer. Die vleis word volgens gehalte en nie ouderdom en vetheid geklassifiseer nie.
Die stelsel moet ook gekoppel wees aan die naspeurbaarheidstelsel, wat beteken dat die boer terugvoer kan kry oor die gehalte van elke dier wat hy verkoop (baie soos die BKB-stelsel). Omdat inligting beskikbaar is, kan daar dan werklik vir vleisgehalte geselekteer word.
Verder sal die verbruiker presies weet wat hy koop en nie met ’n verrassing op sy bord sit nie. Met ’n meer eenvormige, voorspelbare produk is dit ook makliker om enige oorsese mark te betree.
WIE GAAN BETAAL?
Die vraag bly egter wie vir hierdie aspekte gaan betaal. Bradfield noem in sy artikel dat die statutêre heffing in die rooivleisbedryf tans slegs R10 per karkas of baie naby aan 0,05% van die bedryf se omset beloop. In sy artikel is dit tot 0,1% afgerond. Vergelyk dit met die 0,5% van die varkvleisbedryf en die hoë 2,4% van die olyfbedryf.
Om dit in perspektief te sien, moet daar na werklike waardes gekyk word. Die rooivleisbedryf is verreweg die grootste van ál die landboubedrywe. Tog is sy heffingsinkomste in randwaarde minder as die helfte van die sagtevrugtebedryf, wat maar ’n sesde so groot is, en dieselfde as die suiwelbedryf, wat slegs ’n kwart van die rooivleisbedryf is.
Bradfield sit die voordele van ’n heffing in sy artikel baie goed uiteen en sê dat die bedryf verantwoordelikheid vir sy eie ontwikkeling moet neem. Dit is baie moeilik om met daardie stelling te verskil.
Die tyd is verby dat ’n bedryf kan verwag dat iemand anders sy ontwikkelingswerk vir hom moet doen. As produsente nie self in hul eie bedryf wil belê nie, wie sal?
Tog is daar baie sterk weerstand teen pogings om die heffing te laat strook met die res van die landboubedryf, wat nog te sê met die res van die wêreld.
Die werklikheid is as daar nie daadwerklik veranderings in die bedryf gaan kom nie, gaan Suid-Afrika se rooivleisbedryf altyd swaar trek en tevrede moet wees met pryse ver onder die werklike waarde van sy produk.
BEHOORLIKE MEGANISMES
Terwyl ek die artikel skryf, sit ek op drie stoele:
■ As boer wil ek hê daar moet behoorlike meganismes bestaan om die gehalte van my produk noukeurig te meet sodat ’n beter produk ’n beter prys kan behaal. Verder moet ek nie benadeel word as die omgewing my dwing om na ’n alternatiewe produksiestelsel toe te beweeg, terwyl ek steeds dieselfde produk van goeie gehalte lewer nie.
■ As dosent is dit belangrik dat studente ’n loopbaan in ’n dinamiese, lewenskragtige bedryf vind.
■ Laastens wil die wetenskaplike in my die inligting hê om die produk voortdurend te verbeter en volhoubaar maak.
As ál die belanghebbendes in die bedryf saamwerk, is dit nie wensdenkery nie en behoort die bedryf binne tien jaar op ’n heel ander plek te wees.
Die skrywer gee hiermee erkenning aan inligting wat hy vanaf dr. Michael Bradfield, dr. Cobus Oberholzer, dr. Frikkie Maré, prof. Michiel Scholtz en prof. Arno Hugo gekry het. Die mening in die artikel is egter sy eie.