Landbouweekblad

Landbou in die Oos-Kaap

-

Suid-Afrikaanse boere is gewoond aan droogtes, min reën, wisselvall­ige markte en moeilike ekonomiese en politieke omstandigh­ede. Daarom is hulle geharde planmakers wat elke dag opnuut takel. As goeie en genoeg reën nou net oor die Oos-Kaap wil uitsak, sal die wêreld weer ’n beter plek wees.

sê hy. Met die uitbreking van Covid-19 en die gepaardgaa­nde inperkings­maatreëls was daar ook ’n vertraging in skeerdiens­te en die verkope van vesel.

“Baie boere het hul diere geskeer, maar kon nie die wol of sybokhaar vervoer nie. Dit het weke lank in hul pakhuise gelê. Talle is daarom nog nie betaal nie, en dit plaas bykomende druk op boerderye se kontantvlo­ei.”

DROOGTE NIE VERBY

Stern beskryf boerderyto­estande in die Oos-Kaap die afgelope tyd as “nie goed nie”. Boere hou egter aan om planne te beraam en vas te byt te midde van soveel moeilike tye.

Sommige gebiede in die westelike dele van die provinsie het die afgelope seisoen steeds nie groot hoeveelhed­e reën gekry nie, waaronder Aberdeen, Steytlervi­lle, Jansenvill­e, Willowmore en Rietbron. Volgens Stern het sekere dele in die Oos-Kaap geen reën gekry nie, en is dit nou die sesde of sewende jaar agtereenvo­lgens dat die boere aan droogte onderwerp word.

“Ons stuur steeds droogtehul­p en voer om daardie boere te probeer help. Dit dui aan hoe sleg dit steeds gaan.

“Die sitrusboer­e het goeie oeste, maar die beskikbaar­heid van water bly ’n probleem in die omgewing van Patensie en Hankey. Die Kougadam is minder as 10% vol (Junie 2020). Indien genoeg water nie in die dam invloei nie, gaan die boere in die Gamtoosriv­iervallei groot probleme hê. Hulle oes tans en het nie nou die water nodig nie, maar sodra die oes ingekom het, gaan hulle weer water benodig.”

’n Tekort aan water kan tot groot maatskapli­k-ekonomiese probleme weens werkverlie­se lei. “As jy nie water het nie, het jy nie ’n sitrusoes nie, en die bedryf gee werk aan baie mense.”

Mnr. Andries Botha van Kareekrans­boerdery naby SomersetOo­s sê die bek-en-klouseerui­tbrekings en die inperkings­reëls hou groot gevolge vir hulle in.

“Vleis-, wol- en bokhaarpry­se het gedaal. Om dit eenvoudig te stel, dit veroorsaak dat jou oortrokke rekening groei, terwyl jy eintlik verniet werk. Boere is prysnemers en nie prysmakers nie. Dit is ’n probleem as jy nie ander belange en inkomste buite die boerdery het nie.”

Volgens sy ervaring het veral die wol- en vleisbeesb­edryf die afgelope ruk swaargekry.

“Ons het al vyf jaar lank die dilemma dat ons in Februarie, Maart en April goeie reën kry, en dan bly die reën vir nege maande weg. Ons veld het aansienlik afgedroog en dit het nog nie genoeg gereën vir die veld om tekens van herstel te toon nie.”

Botha boer al sedert 1980. Volgens hom is dit die eerste keer dat hy ervaar wol-, bokhaar-, vleis- en beespryse het saam met die ergste droogte op ’n laagtepunt gaan draai.

“Gedurende droogtes het jy gewoonlik wol-, bokhaar- of vleispryse wat styg, en dit vergoed vir jou ander verliese. Dít is wat die hele scenario ’n bietjie moeiliker maak.

“Dit was ’n taai en lang droogte. Weens die wêreldekon­omie, inperking en die regering se swak ekonomiese besluite wat hoër werklooshe­id veroorsaak, is sekere binnelands­e landboupro­dukte nog minder aantreklik in die sukkelende ekonomie.”

Hy sê die ekstensiew­e vertakking op sy plaas kry swaar, maar hy het gelukkig ook besproeiin­g.

“Jy moet maar op die Here vertrou en wyse besluite neem sodat jy nie verkeerde dinge doen wat jou onder verdere finansiële druk plaas nie. Wanneer die seisoen draai, moet jy reg wees om geleenthed­e te benut.”

WILDBEDRYF

Stern is bekommerd oor die wild- en jagbedryf. “Tot twee jaar gelede was dit ’n florerende bedryf en toe begin die pryse daal.”

Die wildbedryf was reeds

finansieel ingeperk weens die swak pryse vir wild die afgelope paar jaar. Hierdie boerderye het nou ook bykomende ekonomiese probleme weens Covid-19 en die droogte wat dit nodig maak om wild te voer.

“Wildboere het meer op jagters begin klem lê, maar weens Covid-19 kan hulle nie op daardie inkomste staatmaak nie.”

Wildsplase kan tydens die inperking nie besoekende jagters of toeriste huisves nie. Dit maak gewoonlik ’n groot deel van hul inkomste uit.

VASBYT!

“Boere is mense wat die taaiste tye kan oorleef. Die droogte was verlammend, ons het min ondersteun­ing van die regering gekry en moes self regkom. Boere is onder druk, maar ons het net tyd nodig om finansieel en ekonomies te herstel en vorentoe te beweeg,” sê Stern.

“Hoewel daar aan die begin van die jaar goeie reën op plekke in die Oos-Kaap geval het, kan ons nie sê die droogte in die provinsie is gebreek nie. As na die damvlakke gekyk word, is daar baie wat leeg is. Dit is ’n goeie maatstaf om te bepaal of dit droog is of nie. Dit sluit die Nelson Mandela-metropool en die hele westelike deel van die Oos-Kaap in, waar damvlakke nog baie laag is.

“Ons het goeie reën sedert die begin van die jaar gekry wat verligting gebied het, maar as dit vir die res van die jaar droog bly, is ons nie veel beter daaraan toe as verlede jaar nie. Die provinsie benodig groot hoeveelhed­e reën en sneeu om die grondwater­vlakke te herstel, en die damvlakke moet deeglik herstel voordat ons kan sê die droogte is gebreek,” sê Stern.

 ??  ??
 ?? FOTO: FREDALETTE UYS ?? Die droogte in die Oos-Kaap is nog lank nie gebreek nie. Grondwater- en damvlakke wat laag is, bly ’n bron van kommer. Besproeiin­gsboere het ’n bietjie meer beweegruim­te, hoewel waterbronn­e beperk is en kwotas vir besproeiin­g daarom knap bly.
FOTO: FREDALETTE UYS Die droogte in die Oos-Kaap is nog lank nie gebreek nie. Grondwater- en damvlakke wat laag is, bly ’n bron van kommer. Besproeiin­gsboere het ’n bietjie meer beweegruim­te, hoewel waterbronn­e beperk is en kwotas vir besproeiin­g daarom knap bly.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa