Landbouweekblad

Fynbossie-meubels stewig en stylvol

- NAVRAE: E-pos: bianca@madebyfynb­ossie.com

Alles het met eetgereiho­uers begin. My vriendin hou van kunsvlyt en ek het dit eendag saam met haar gedoen. Ek wou al lank ’n eetgereiho­uer hê, maar kon nêrens een kry waarvan ek hou nie. My ontwerp was nie iets wat jy in gewone winkels kry nie, en ek het gedink dit kan ’n manier wees om ekstra geld te bekom. Die bestelling­s het ingestroom en ek het nagte omgesit om die houers te maak. Later het ek begin werk aan houtrakkie­s wat aan ’n tou hang, asook houtboksie­s met vetplante in.

Hoe kom jy met nuwe ontwerpe vorendag?

Mense wat saam met my winkels toe gaan, weet al dit is nie ’n eenvoudige uitstappie nie. Ek is baie spesifiek oor wat ek koop, en as ek dit nie in die winkels kan kry nie, laat ek dit maak. Só het ek destyds ’n spesiale TV-kas en eetkamerta­fel uit palethout laat maak.

Namate mense rakkies en houers by my kom oplaai het, het hulle gevra of ek ook tafels en TV-kaste soos myne verkoop. Ek het eintlik geen kennis oor hout of meubels nie, maar het eendag besluit: Hoekom nie? Ek het die vrou genader wat my paletmeube­ls gemaak het. Binne ’n paar maande het ek gegaan van eetgereiho­uers verkoop tot elke moontlike meubelstuk ontwerp en bemark.

Eers was dit net palethout – my grootste liefde – maar later het die aanvraag groter geraak vir ander hout.

Ek teken graag en sal sommer ’n ontwerp teken wat in my kop kom. As ek daarvan hou, maak ek dit. Die ontwerpe is iets wat ek self in my eie huis wil hê. Dikwels is dit konsepte wat ek iewers gesien het. Party ontwerpe is idees wat kopers stuur en ons dan maak.

Het jy ’n gunsteling­produk?

My gunsteling is die eetkamerta­fel wat tans in my huis staan. Dit is ook die produk wat my ondernemin­g so skielik laat groei het.

Hoe en waar bemark jy die besigheid?

Ek bemark slegs op sosiale media – Facebook en Instagram. Dit het ’n hele tydjie geduur voor ek geld daaraan wou bestee, maar dit was uiteindeli­k 100% die moeite werd.

Wat is jul geheim om produktiwi­teit en kreatiwite­it ’n hupstoot te gee?

As ons ’n baie besige tyd gehad het, sal ons op ’n Vrydag vir die werkers ’n braai hou om dankie te sê vir hul harde werk. Dit help beslis met produktiwi­teit as ons wys hoe dankbaar ons is. Eerbied gaan altyd albei kante toe. Ek voed my eie kreatiwite­it deur te reis en nuwe idees te kry.

Waarna soek jy in ’n spanlid?

Iemand wat lief is vir wat hulle doen. As jy nie hou van jou werk nie, wys dit beslis in die eindproduk.

Wens jy daar was iets wat jy geweet het voordat jy begin het?

Ek is baie tevrede met die vordering van die ondernemin­g. Een ding wat ek wel dink, is dat ek vroeër al ’n aanlyn winkel moes oopgemaak het. My verkope is meer noudat mense regstreeks op die webwerf kan bestel en nie eers met iemand hoef te praat nie.

Wat was die beste raad wat jy gekry het?

Dit is ’n Engelse frase: Underpromi­se and overdelive­r. Probeer om so min moontlik te belowe en uiteindeli­k kopers se verwagting­e te oortref.

‘My gunsteling is die eetkamerta­fel wat tans in my huis staan.’

 ??  ??
 ??  ?? ’n Laaikas (LINKS) en eetkamerta­fel uit die Fynbossie-versamelin­g. Om koste laag te hou, maar steeds goeie produkte te lewer, spesialise­er Fynbossie meestal in dennehout en supawood (MDF), maar hardehout-opsies is beskikbaar.
’n Laaikas (LINKS) en eetkamerta­fel uit die Fynbossie-versamelin­g. Om koste laag te hou, maar steeds goeie produkte te lewer, spesialise­er Fynbossie meestal in dennehout en supawood (MDF), maar hardehout-opsies is beskikbaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa