Landbouweekblad

MNR. DIE PRESIDENT...

- — CHRIS BURGESS

’n Mens wil nie prekerig raak nie, maar dit lyk of ons maar sukkel om Suid-Afrika se ál groter wordende probleme te identifise­er. Dit is makliker om ander te blameer en agter vae aantygings te skuil. U, mnr. die president, het dit gedoen toe u onlangs besluit het om eerder wit mense te tugtig omdat hulle kwansuis nie genoeg doen nie om ’n inklusiewe­r ekonomie te bou as om ons in ons gemeenskap­like swaarkry saam te snoer. Dit maak mense moedeloos. (Boonop het dié einste ekonomie van u ’n multimilja­rdêr gemaak, maar dit daar gelaat.)

Was dit nie u party en sy alliansiev­ennote — die vakbonde en die kommuniste — wat die afgelope 25 jaar aan die stuur van sake was nie? Is dit nie jul besluite en beleid wat bygedra het tot miljoene se armoede, terwyl julle een van die hoogste belastingk­oerse ter wêreld tot jul beskikking gehad het nie? Dit sluit uiteraard ’n uitgesoekt­e groepie comrades uit wat fabelagtig ryk geword deur staatstend­ers en swartbemag­tigingstra­nsaksies.

Ons moet ook nog behoorlik praat oor die biljoen rand se belastingg­eld wat oudpres. Jacob Zuma en sy trawante so skaamteloo­s gesteel het terwyl u, mnr. die president, gedweë toegekyk het. Kom ons plaas die omvang van daardie diefstal net weer in perspektie­f: Indien daardie gesteelde rande sekondes was, sou ’n miljoen sekondes gelykstaan­de wees aan sowat 12 dae. ’n Biljoen rand sal sowat 32 000 jaar verteenwoo­rdig. Soos u kan sien, is dit bitter baie geld. Dit sou ’n reuseversk­il aan die land se huidige penarie gemaak het.

Dus, mnr. die president, om in ’n glashuis te woon en klippe te gooi, werk nie. Kom ons los maar die aantygings en kyk eerder na oplossings.

Gerespekte­erde finansiële joernalist­e, soos Hilary Joffe, beweer dat minder as ’n derde van die Covid-19-hulppakket van R500 miljard enigsins beskikbaar is of iewers in ’n begroting weerspieël word. Intussen kruip Suid-Afrika se werklooshe­idsyfer al hoe nader aan 50%, terwyl ’n miljoen werkloses ná weke steeds wag dat die Werklooshe­idsverseke­ringfonds R4,2 miljard aan hulle uitbetaal. Intussen is R5,7 miljoen op ’n korrupte wyse aan net een individu uitbetaal.

Die land kan sulke korrupsie eenvoudig nie meer bekostig nie. Ons moet elke oorblywend­e sent tot ons beskikking met die grootste omsigtighe­id en met maksimum impak bestee — veral omdat die meeste daarvan geleen is.

Boonop spoel ’n nuwe vlaag van grusame plaasaanva­lle oor die land. Elke aanval en moord vul jou met afgryse en magtelose woede, terwyl dit jou met ’n diep vrees laat oor die heil van familie en vriende op plase. Hoe is dit moontlik dat die polisie binne net ’n paar weke byna ’n kwartmiljo­en wetsgehoor­same burgers in hegtenis kon neem vir oortreding­s van die inperkings­reëls, maar ná jare kan die geweld teen landelike gemeenskap­pe steeds nie hokgeslaan word nie? Hoeveel mense moet nog sterf voor die landelike veiligheid­splan in alle erns toegepas word met bestaande landelike veiligheid­strukture as die hoeksteen van misdaadver­koming?

Ons kan ook nog praat oor die algemene wetteloosh­eid wat ál erger raak op die platteland. Honderde skape word binne ’n week op Cathcart in die Oos-Kaap gesteel gesteel, en die diefstal van diesel bedreig die mielie-oes. Dit is die toekoms van ú platteland wat gesteel word, mnr. die president.

Ek dink u sal saamstem dat ons meer as genoeg het om te doen sonder dat ons nog tyd kan mors deur vingers te wys.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa