Landbouweekblad

BOERE VERSLAE OOR BEDRYF SE 'RUGSTEKERY'

-

DIE Rooivleisb­edryfsforu­m se steun vir ’n interdik teen die uitvoer van 72 000 lewende skape uit Oos-Londen na die Midde-Ooste is met groot skok en teleurstel­ling deur veral Oos-Kaapse produsente begroet.

Die forum, wat as respondent tot die Dierebeske­rmingsvere­niging (DBV) se aansoek teen dié en alle toekomstig­e lewendehaw­e-uitvoer toegetree het, se regspan steun die interdik totdat bewyse voorgelê kan word dat alle aspekte van die vaart aan internasio­nale dieresorgv­ereistes voldoen.

Lede van Agri Oos-Kaap en boere in die provinsie sê inspeksiev­erslae van die nasionale én pro

vinsiale departemen­t van landbou toon dat daar voldoen word aan die vereistes wat nodig is om die diere te vervoer.

Die tydelike interdik is deur die DBV teen Al Mawashi, ’n Oos-Londense lewendehaw­e-uitvoermaa­tskappy, bekom.

Al Mawashi het op 24 Junie aansoek gedoen om die interdik tersyde te stel en aan te pas. Uitspraak is voorbehou ná dié tydskrif se druktyd. Die bedryfsfor­um se regspan sê Al Mawashi kon geen bewyse voorlê dat daar voldoen word aan die minimum

standaarde soos vervat in riglyne van die internasio­nale organisasi­e vir dieregeson­dheid (OIE) nie.

TEN GUNSTE

Mnr. Koos van der Ryst, die forum-voorsitter, sê in ’n verklaring die forum en sy lede ondersteun die handel van lewende hawe en vervoer per skip, indien dit eties en sonder dieremisha­ndeling gedoen word.

“Plaaslike wetgewing en die beginsels en riglyne soos uiteengesi­t deur die OIE, moet in die afwesighei­d van Suid-Afrikaanse riglyne

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa