Landbouweekblad

Koue hou gevaar vir vee tot Augustus

-

VEEBOERE oor veral die sentrale en suidelike binneland en die Hoëveld moet hulle regmaak vir minimum temperatur­e van meestal onder vriespunt tot minstens begin Augustus.

Mnr. Johan van den Berg, onafhankli­ke landbouwee­rkundige, sê hoewel reën nie op dié stadium tot einde Julie oor die binneland verwag word nie, bly dit steeds ’n moontlikhe­id, gegewe middel Junie se reën oor die noordelike binneland.

Daar is tot minstens begin Augustus ’n goeie moontlikhe­id vir reën en selfs sneeu oor die winterreën­streek.

Wol- en bokboere moet bedag wees op koue, nat en winderige toestande wat noodlottig kan wees vir veral geskeerde kleinvee. Moontlike koue toestande moet ook in ag geneem

word wanneer diere geskeer word omdat dit beter vir wolgehalte is as ’n verswakkin­g van wolvesel (wat deur onder meer koue veroorsaak word) eerder op die punt van die vesel is as in die middel.

RAAD VIR SKEERTYD

“Tans lyk dit asof Augustus en veral die tweede deel van Augustus die laagste risiko het vir koue en nat toestande, maar daar moet ook nie te lank gewag word met die skeerprose­s nie aangesien die waarskynli­kheid vir reën begin toeneem in September in veral die somerreëns­treek.”

Van den Berg stel die volgende

strategie voor om op die optimale skeertyd te besluit:

■ Besluit op ’n skeerdatum, maar verkieslik nie voor einde Julie nie.

■ Hou weervoorsp­ellings op langer termyn dop vir drastiese veranderin­gs.

■ Neem ongeveer twee weke voor die beoogde skeertyd ’n redelik finale besluit.

■ Neem ’n finale besluit ongeveer drie tot vier dae voor skeertyd, gedagtig aan moontlike groot gevaar vir koue toestande.

■ Beplan nou al waar die vee kan loop vir die beste beskutting vir die tydperk ná hulle geskeer is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa