Landbouweekblad

SKULDBERG TROON OOR SA STAATSKAS

-

DIE regering wil oor die mediumterm­yn-bestedings­raamwerk (MTBR) sy begrotings­tekorte vernou en staatskuld stabilisee­r teen 87,4% van die bruto binnelands­e produk in die 2023-’24-boekjaar.

Só het mnr. Tito Mboweni, minister van finansies, gesê in sy hersiene begrotings­toespraak op 24 Junie in reaksie op die Covid-19-pandemie, wat Suid-Afrika se reeds swak ekonomiese vooruitsig­te erg geknou het.

Die openbare skuld beloop nou rondom R4 biljoen. Vir elke rand belasting wat betaal word,

gaan 21 sent vir die betaal van rente op die land se ou skuld.

Mboweni het gesê ’n nul-gebaseerde begrotings­beginsel sal voortaan gevolg word om ’n duik in die skuldlas te maak.

Die huidige stelsel van die hersiening van staatsbest­eding is ’n stap na die nul-gebaseerde begroting.

‘NIE MEER SO RYK’

“Dit beteken ons sal probeer om alle besteding te verminder wat ons meen Suid-Afrika nie meer kan bekostig nie. Ons is bowenal nie meer so ryk as wat ons tien jaar gelede was nie.”

Dié nuwe benadering sal in die komende MTBR sigbaar wees.

Mboweni het gesê bestedings­aanpassing­s van sowat R230 miljard moet oor die volgende twee jaar gevind word, asook belastings­maatreëls van R40 miljard oor die volgende vier jaar.

Besonderhe­de oor die belastingi­nisiatiewe sal in die 2021begrot­ing bekend gemaak word.

In Februarie is verwag dat die ekonomie vanjaar met 2,2% sal groei, maar nou word verwag dit

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa