Landbouweekblad

Restaurant-alkoholver­bod gaan bedryf verder knou

- LUCILLE BOTHA

DIE verbod op die bedien van alkohol by restaurant­e en casino’s, wat op 25 Junie as deel van die nuwe regulasies vir restaurant­e afgekondig is, gaan die wynbedryf verder seermaak.

Talle wynkelders is aan die restaurant­mark blootgeste­l of bedryf hul eie restaurant­e. Dié regulasies kan hulle knou, meen mnr. Rico Basson, uitvoerend­e hoof van Vinpro.

Mnr. Jean Engelbrech­t, eienaar van Rust en Vrede-wynlandgoe­d en verskeie restaurant­e in Suid-Afrika en Namibië, sê tot 35% van hul wyn word in restaurant­e verkoop. “Dit is ’n wesenlike deel van jou besigheid en baie sleg vir die bedryf.” Hy beskou die besluit as “moedswilli­g”.

“In Namibië is die restaurant­e al drie weke lank oop en hulle mag wyn bedien. Die tafels is ver van mekaar en higiënepra­ktyke word toegepas. Dit werk baie goed. Dis ’n model wat in Europa werk. Hoekom nie hier nie?”

NIE MOEITE WERD NIE

Engelbrech­t meen minstens 30% van die restaurant­e in die land sal nie kop bo water kan hou as hulle nie wyn mag bedien nie. “Dit sal nie vir hulle die moeite werd wees om oop te maak nie.”

Mnr. Thys Louw van Diemersdal in Durbanvill­e sê veral boetiekkel­ders of duur wyne loop deur sedert hulle die restaurant­mark

verloor het. “Restaurant­e gaan egter ook swaarkry, want die marges wat hulle op wyn hef, is hoog en dis tot ’n groot mate waar baie van hulle hul geld maak,” sê Louw.

Basson sê paniekaank­ope van wyn het in Junie plaasgevin­d, want verbruiker­s het gevrees die verkoopsve­rbod sou weer ingestel word.

“Ons is egter bekommerd, want verbruiker­s het nie geld nie. Daarom kan ek nie sien dat die binnelands­e wynmark die volumes wat hy tydens die verbod verloor het, gaan opmaak nie.”

’n Ander probleem is alkoholmis­bruik en onwettige handel, wat begin sodra drankwinke­ls Donderdae om 17:00 sluit.

HAWE

Kapasiteit­sprobleme by die Kaapstad-hawe is ook ’n groot bron van kommer.

“Gegewe die probleme in die hawe bly uitvoer, waar ons heil nou eintlik lê, ’n kwessie. Die wyn wat tans uitgevoer word, is bedoel vir die Europese somerseiso­en. Baie daarvan word net betyds verskeep, maar dit word nou vertraag weens die probleme in die hawe. Ek lees sommige skeepsrede­rye beskou Kaapstadha­we nou as een van die swakstes ter wêreld.”

Die bedryf is deurlopend in gesprek met Transnet hieroor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa