Landbouweekblad

UIE KOOK TYDENS COVID-INPERKING

- — JOHAN VAN DER MERWE

VERANDEREN­DE verbruiksp­atrone van vars produkte gedurende die vlak 4-inperking in Mei het meegebring dat die pryse van die meeste groente, veral aartappels, onder druk was, maar uie en wortels het goed presteer.

Die gemiddelde uieprys in Mei oor alle markte was meer as R6,50/kg. Dit is meer as 45% hoër as die R4,52/kg waarteen uie in Mei 2019 verkoop is.

In Mei 2020 is ongeveer 13%, oftewel 4 500 ton, minder uie as in Mei 2019 verkoop.

Dr. Johnny van der Merwe, landbou-ekonoom verbonde aan die Noordwes-Universite­it, skryf hierdie afname in verkope toe aan die inperking van sake van restaurant­e, kafeterias en kiosks.

“Ons sien reeds ’n herstel in die vraag na groente soos uie en aartappels vandat wegneemete­s weer toegelaat word sedert die vlak 3-inperking in werking getree het. Die verbruiker se koopgewoon­tes het egter drasties verander.”

AARTAPPELS

Aartappelb­oere het baie swaarder getrek tydens die inperking. Verkope het in Mei met 17% gedaal vergeleke met Mei 2019. Die prys het met 8% gedaal van R3,42/kg in Mei 2019 tot R3,15/kg in Mei vanjaar. Dit het meegebring dat die aartappelb­edryf in Mei op ’n jaargronds­lag ’n beduidende inkrimping in omset beleef het.

Die volume en prys waarteen tamaties in Mei 2020 verkoop is, is bykans dieselfde as die prys en volume vergeleke met die vorige Mei.

Van der Merwe reken uie se rakleeftyd bring prysstandv­astigheid in dié krisistyd.

“Ons moet in gedagte hou dat verbruiker­s nie sommer tuis aartappels­kyfies gaan maak nie. Dit is iets wat grotendeel­s in restaurant­e en as wegneemete­s verbruik word.

“Uie en tamaties word egter ewe veel in die spysenieri­ngsbedryf as tuis gebruik.

“Die verbruiker­sneigings begin egter na normaal terugkeer noudat kitskos- en wegneemete­s weer toegelaat word. Dit word weerspieël in die opwaartse druk in die prys.”

Die gemiddelde prys vir aartappels het op net minder as R4/kg gedraai op 23 Junie, wat bykans 25% hoër is as ’n week tevore.

AVOKADO’S VERRAS

Van der Merwe meen die mate waartoe verbruiker­s tydens die inperking onverpoos avokado’s bly koop het, beteken dié supervrug se klassifika­sie as ’n luukse sal dalk heroorweeg moet word.

“Hoewel die prys effens onder druk gekom het toe die volume in April toegeneem het, het dit vinnig herstel. Die volgehoue sterk vraag na avokado’s en die stabilitei­t van die prys verbaas my regtig.” Op 24 Junie was die gemiddelde prys van avokado’s op die markte nagenoeg R10/kg, en vir topgehalte avokado’s R20/kg.

Die totale volume vars produkte wat in Mei 2020 op markte verkoop is, was 235 000 ton. Dit is 13% minder as die 271 000 ton vars produkte wat in Mei 2019 op die markte verhandel is.

Die totale omset het egter nie veel verander nie. In 2019 is R1,312 miljard op varsproduk­temarkte verhandel. In Mei 2020 was dit R1,302 miljard. Die R10 miljoen-daling is net meer as 0,75% laer.

Hierdie data word deur die nasionale departemen­t van landbou ingesamel en weerspieël verkope op alle munisipale markte in Suid-Afrika.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa