Landbouweekblad

COVID-19 BEDUIWEL MARK WÊRELDWYD

-

DIE Covid-19-pandemie is steeds besig om markte wêreldwyd deurmekaar te krap met gepaardgaa­nde wisselvall­igheid op die wolmark.

Hoewel daar hoop is dat die mark in 2021 kan herstel, is oorsese verwerkers huiwerig. Nuwe bestelling­s is sporadies en vir heelwat kleiner volumes as voorheen.

Kleinhande­laars begin gewoonlik dié tyd van die jaar om bestelling­s te plaas vir die komende herfs- en winterseis­oen in die Noordelike Halfrond, maar volgens aanduiding­s is handelaars versigtig omdat baie verbruiker­s hul werk kwyt is en hul besteebare inkomste gedaal het. Die hoofsaak vir handelaars wêreldwyd is nou om hul winkels oop te kry en klante te lok.

KLEINER AANKOPE

China is tans die enigste koper wat noemenswaa­rdige hoeveelkos­te hede wol aankoop, hoewel ook opmerklik minder as in die verlede. Boonop voorspel die Internasio­nale Monetêre Fonds dat China se ekonomie in 2020 met net 1,2% sal groei voordat groei in 2021 tot 9,2% sal styg.

Italië, een van die grootste markte vir wol in Europa, het erg onder die virus deurgeloop. Sy ekonomie sal vanjaar na verwagting met 9,1% krimp, wat die vraag uit dié land onder groot druk plaas.

Die grootste vraag hierdie seisoen blyk sover na fyner wol van beter gehalte te wees, veral wol wat aan volhoubaar­heidstanda­arde voldoen. Daar is meer mededingin­g om dié wol.

Cape Wools se Merino-aanwyser is sedert middel Maart in ’n afwaartse fase. Op die laaste veiling (19 Maart) voor die inperking het die aanwyser met 12,5% gedaal tot R155,69/kg (skoonwol).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa