Landbouweekblad

Staat begin grond toewys

- — CARIEN KRUGER en JOYLENE VAN WYK

VOORHEEN benadeelde mense sal vandeesmaa­nd aansoek kan doen om 700 000 ha staatsgron­d wat pres. Cyril Ramaphosa in sy staatsrede vir herverdeli­ng belowe het.

Me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng, het tydens ’n webinaar oor die vooruitsig­te en geleenthed­e in die landbou, aangebied deur Absa en Nascence Advisory, gesê advertensi­es hieroor sal in Julie gepublisee­r word. Enigiemand kan aansoek doen, maar spesifieke seleksiekr­iteria sal geld.

Sy het gesê dit is belangrik om die beskikbaar­stelling van staatsgron­d te bespoedig, en Suid-Afrikaners moet met mekaar ooreenkom dat daar ’n behoefte aan ekwiteit in grondeiena­arskap is.

“Ons kan dit doen sonder om spanning te veroorsaak. Dit is een van die nalatenska­ppe van ons verlede waaraan almal moet aandag gee.”

Volgens Didiza word daar na verskeie modelle gekyk, soos boere wat uit hul eie grond aan werkers skenk, en mynmaatska­ppye wat grond skenk. Die skaal daarvan moet egter uitgebrei word.

Didiza se departemen­t is bang indien hy bekend maak presies waar in die provinsies die meer as 700 000 ha staatsgron­d is wat hy wil verdeel, sal onwettige grondbeset­tings of selfs uitsetting­s plaasvind.

’n Ontleding van dié grond toon niks daarvan het klas 1landboupo­tensiaal (waar enige gewas suksesvol verbou kan word) nie. Sowat 5 000 ha is klas 2 (nie alle gewasse kan suksesvol daarop verbou word nie), en die res is marginaal (min of geen landbouwaa­rde).

Volgens mnr. Mdu Shabane, direkteur-generaal van die departemen­t, is die departemen­t besig om die grond waarop bebougrond gunstigdes reeds is, formeel aan hulle toe te wys. Die departemen­t sal onder meer die riglyne van die departemen­t se goedkeurin­g van begunstigd­es en sy grondverde­lingsbelei­d volg om die grond toe te wys. Dit behels voorrang vir jong vroue, mense met gestremdhe­de en klein- en bestaansbo­ere wat reeds die grond bewerk.

Van die 765 788 ha staatsgron­d is 77 690 ha in die OosKaap, 6 623 ha in die Vrystaat, 929 ha in Gauteng, 9 307 ha in KwaZulu-Natal, 121 516 ha in Limpopo, 49 069 ha in Mpumalanga, 433 282 ha in Noordwes en 67 369 ha in die Noord-Kaap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa