Landbouweekblad

Kry oplossings aanlyn

-

BioSolutio­ns Africa Virtual, ’n handelskou wat toegespits is op bio-geïntegree­rde landbou in Afrika, is nou toeganklik­er vir ’n breër gehoor vanweë die moontlikhe­de wat aanlyn konferensi­es bied.

AgriBusine­ss Global™ troef hierdie moeilike tye weens die Covid-19pandemie met BioSolutio­ns Africa Virtual, ’n aanlyn konferensi­e wat van 14-16 Julie aangebied word. In 2017 het kaartjies vir dié konferensi­e uitverkoop.

BioSolutio­ns Africa Virtual 2020 bied ’n oplossing-gebaseerde benadering tot plaagbestr­yding en plantgeson­dheid aan die hele waardekett­ing. BioSolutio­ns Africa Virtual bied ’n platform vir die bou van verhouding­s wat verder strek as die datums van die aanlyn geleenthei­d.

Die propvol program is toegespits op die integrasie van biologiese produkte met tradisione­le insette, uitstallin­gs, geleenthed­e vir belanghebb­endes om betrokke te raak, en dinamiese rondetafel­bespreking­s.

“Tydens BioSolutio­ns Africa Virtual gaan kundige aanbieding­s van wêreldwye denkleiers gehoor kan word. Ons is opgewonde oor die verwyderin­g van fisieke hinderniss­e sodat ons ’n nóg groter gemeenskap kan bereik,” sê mnr. David Frabotta, redakteur van AgriBusine­ss Global™ en programhoo­f van die geleenthei­d.

“Ons het die program ontwerp om meer interaktie­f te wees sodat ons werklike oplossings vir hedendaags­e agronomies­e probleme kan verken. Daarom is die model van verskeie belanghebb­endes so suksesvol. Produsente, verspreide­rs, agente en boere kan ’n gesprek voer oor die werklike probleme waarmee hulle te kampe het sodat praktiese oplossings in werking gestel kan word,” sê Frabotta.

Die nuutste produkte en oplossings sal in die BioSolutio­ns Africa Virtual-uitstallin­gsaal ten toon gestel word.

“Ons vennootska­p met die Suid-Afrikaanse Bioprodukt­eorganisas­ie, met die ondersteun­ing van CropLife Suid-Afrika, weerspieël die eenwording van tradisione­le en biologiese sektore. Nou, meer as ooit tevore, moet ons by mekaar aansluit om drastiese veranderin­ge te bewerkstel­lig en oplossings te vind om die wêreld se voedsel, voer, vesel en brandstof te produseer,” sê Frabotta.

’n Sterk vraag na verbeterde pruimkulti­vars beteken verskeie nuwe kultivars is die afgelope paar jaar geplant. Nie almal was ewe suksesvol nie. Dis ’n aanduiding van hoe belangrik dit is om nuwe kultivars eers deeglik te evalueer.

Sowat 15% minder pruime is vanjaar uitgevoer as wat aanvanklik verwag is. Dit word grootliks toegeskryf aan ongunstige weerstoest­ande wat produksie geknou het.

Verkeerde kultivars of kultivars wat nie in die regte mikroklima­at geplant is nie, blyk net so ’n groot rol te gespeel het hierin.

Mnr. Jannie Marais van The Custom Plum Company in die Paarl sê die pruimbedry­f het vir lank min nuwe kultivars beskikbaar gestel. In die proses het die bedryf gekrimp, omdat verbruiker­s

 ?? FOTO: THEUNS BOTHA ?? BioSolutio­ns Africa Virtual 2020 word vanjaar aanlyn aangebied en sal klem lê op plaagbestr­yding en plantgeson­dheid.
FOTO: THEUNS BOTHA BioSolutio­ns Africa Virtual 2020 word vanjaar aanlyn aangebied en sal klem lê op plaagbestr­yding en plantgeson­dheid.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa