Landbouweekblad

PRUIME: MOENIE VINGERS VERBRAND MET ONGETOETST­E KULTIVARS NIE

-

nie gaande was oor pruime se eetgehalte nie.

The Custom Plum Company streef daarna om die jongste en beste pruimkulti­vars uit veral die Amerikaans­e Zaiger-program na Suid-Afrika te bring.

“Ons word, ter wille van die bedryf se oorlewing, gedwing om nuwe kultivars te soek. Die oorsese supermarkt­e vereis dit, want hulle sien hoe die rakruimte vir steenvrugt­e krimp, terwyl produkte soos appels, bessies en druiwe veld wen.”

Dit is egter belangrik dat produsente nie kultivars aanplant waarvanhul­leniksweet­nie,sêmnr.Charl Stander, tegniese steenvrugr­aadgewer van Franschhoe­k aan Hortgro se webtuiste. “Deeglike evaluasie van kultivars is noodsaakli­k.”

Marais sê dit duur sowat ’n dekade vandat ’n nuwe kultivar geidentifi­seer word totdat dit aan die bedryf bekend gestel kan word.

Die plantmater­iaal moet ’n tyd in kwarantyn deurbring voor dit vermeerder en eers by kwekerye en dan in semi-kommersiël­e blokke uitgeplant kan word.

“Eers wanneer die boompies vrugte dra, kan ons met evaluasie begin. Ons wil dit vir minstens drie jaar doen voor ons besluite neem. Van 2004 tot 2012 het ons amper 400 kultivars ingevoer, maar net vyf daarvan is op die ou einde gekommersi­aliseer. Ons sóék vir redes om ’n kultivar nie te plant nie.”

Dr. Iwan Labuschagn­e, uitvoerend­e hoof van Provar, sê hul statistiek­e wys hoe goed ’n kultivar by ’n omgewing aangepas is en tot watter mate dit wisselvall­ige klimaatsto­estande kan weerstaan.

Produsente moet wetenskapl­ike en bemarkings­inligting oor kultivars, sowel as aanpasbaar­heid, in gedagte hou wanneer hulle nuwe aanplantin­gs oorweeg. Dié profiel word slegs deur evaluering geskep.

Volgens Stander sal blomtyd en windgevoel­igheid ook ’n invloed op die kultivarke­use hê.

 ?? FOTO: LUCILLE BOTHA ?? Pruimuitvo­er was vanjaar 15% laer as verwag.
FOTO: LUCILLE BOTHA Pruimuitvo­er was vanjaar 15% laer as verwag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa