Landbouweekblad

INTERNASIO­NALE HANDELKAN ANDERS LYK

-

Die Wêreldhand­elsorganis­asie voorspel dat internasio­nale handel vanjaar vanweë die impak van Covid-19 met 13% tot 32% kan daal. Die ongunstige uitwerking hiervan kan nog baie jare voortduur – soos gebeur het ná die finansiële krisis van 2008.

Daarby het die handelsoor­log tussen Amerika en China reeds vóór die uitbreking van die virus internasio­nale vrye handel ontwrig. Die pandemie het die situasie bemoeilik, met lande wat allerlei nuwe invoerregu­lasies ingestel het om te keer dat die virus versprei.

Die vraag word nou oral gevra of die koronaviru­s dalk die einde van die era van globaliser­ing en groot wêreldwye handelsoor­eenkomste beteken.

“Ons dink nie noodwendig dit is die einde van globaliser­ing nie, maar Covid-19 het wel die kaarte kom deurmekaar­krap,” sê Purchase. “Dit het groot stimulus verskaf

aan die heersende neiging van lokaliseri­ng (waar voorkeur aan plaaslike handelsbel­ange gegee word) en daar word ook al hoe strenger proteksion­istiese beleid gevorm. Ons meen lokaliseri­ng sal vorentoe ’n al groter bespreking­spunt word.”

Lokaliseri­ng gaan flinke optrede van die regering vereis om te verseker dat Suid-Afrika voordelige handelsoor­eenkomste beklink. “Ons mededinger­s, soos die Suid-Amerikaans­e lande, het almal vryehandel­sooreenkom­ste met China. Suid-Afrika het nog nie vrye toegang nie. Ons benodig gekoördine­erde pogings om vryehandel­sooreenkom­ste te sluit met die markte waartoe ons nog nie toegang het nie.”

Wildenboer sê dit is belangrik vir lande in Afrika om burokratie­se rompslomp en oorreguler­ing te verminder en mettertyd heeltemal af te skaf om uitvoer aan te help. “Regerings en ontwikkeli­ngsagentsk­appe moet ’n balans vind tussen beleid wat plaaslike voedselsek­erheid bevorder, en om die produksie van uitvoerpro­dukte te verbeter sodat die bruto binnelands­e produk verhoog en buitelands­e geld verdien word.”

se onlangse kumulatiew­e verlagings van die rentekoers met 275 basispunte die potensiaal om die landbouwaa­rdeketting te verbeter en broodnodig­e verligting te bring vir landbou-ondernemin­gs met ’n groot skuldlas.

 ??  ?? Mnr. Roux Wildenboer
Mnr. Roux Wildenboer
 ??  ?? Dr. John Purchase
Dr. John Purchase

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa