Landbouweekblad

GROTER VENNOOTSKA­P TUSSEN FORMELE EN INFORMELE SEKTORE

- Ferdi Meyer, prof.

As daar een ding is wat die inperking ons geleer het, is dat daar ’n taamlik verweefde, maar hoogs doeltreffe­nde ketting is wat vars voedsel aan die informele sektor verskaf. Die belangrikh­eid hiervan word toenemend duidelik, sê Wildenboer. “In hierdie opsig raak toekomstig­e vennootska­ppe tussen formele voedselpro­dusente of -netwerke en die informele sektor ál noodsaakli­ker.”

Ons moet ook in gedagte hou hoe ingewikkel­d Suid-Afrika se landbou-voedselste­lsel is, en watter probleme dit vir die regering tydens die pandemie geskep het, sê

besturende direkteur van die buro vir voedsel- en landboubel­eid (BFAP).

“Markte het verskillen­d gereageer, sommige kleinhande­lverkope was groter, maar daar was informele markte waar die mark net totaal ineengesto­rt het. Die landbou-waardekett­ing moes vinnig reageer toe die inperkings­regulasies hom verhinder het om optimaal te presteer.”

Die meeste van die probleme is aangepak en die regering het waarskynli­k ’n beter begrip oor hoe nodig elke belanghebb­ende is om die ketting aan die gang te hou, sê Meyer. nou dringend nodig, nie net vir die kommersiël­e landbou nie, maar ook vir die voormalige tuislande waar beleggings en die ontwikkeli­ng van ’n kommersiël­e landbousek­tor die meeste impak sal hê.”

Purchase sê die regering en die private sektor wil albei sien dat inklusiewe groei plaasvind. “Ons wil hê meer mense moet betrokke raak by die groei van die sektor en moet dus planne optrek wat die sektor se groei in sy geheel bevorder, maar wat ook heelwat meer geleenthed­e skep.”

In dié opsig het die pandemie dalk die deur op ’n skrefie vir die private sektor oopgemaak, sê Sihlobo. “In die verlede was dié sektor se rol minder prominent, maar die staat se benarde fiskale posisie noodsaak eksterne finansieri­ng om ontwikkeli­ng in die landbou te bevorder. Dit beteken dat die sektor ná Covid-19 deur baie groter en meer betekenisv­olle deelname van die private sektor gekenmerk kan word.”

Maar, voeg hy by, dan moet die regering se benadering, wat tans streng op ontwikkeli­ng klem lê, beleggersv­riendelike­r raak.

 ??  ?? Prof. Ferdi Meyer
Prof. Ferdi Meyer
 ??  ?? Mnr. Wandile Sihlobo
Mnr. Wandile Sihlobo

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa