Landbouweekblad

Skenk mielies, kry saad en ondersteun jou gemeenskap

- (www.senwes. co.za/avc-food-umbrella) Absa Thobo Trust 4082869226 Kerkstraat, Klerksdorp 334338 herbst@grainsa.co.za. christa.

Suid-Afrikaners is nog altyd gekenmerk deur hul bereidwill­igheid om uit te reik en ander by te staan in tye van nood. Tydens die Covid-19-pandemie is dié eienskap weer op die voorgrond. Talle projekte is vanuit verskeie oorde van stapel gestuur om behoeftige­s te help ná die vernietige­nde effek van ontwrigte ekonomiese bedrywighe­de vanweë die inperking.

Senwes het die AVC Food Umbrellapr­ojek in Mei begin na aanleiding van ’n beroep deur die landbousak­ekamer Agbiz om voedselsek­erheid te midde van die Covid-19-pandemie landwyd te verseker.

Hierdie projek span saam met landboubes­ighede en belanghebb­endes in die waardekett­ing om terug te ploeg in gemeenskap­pe waarin Senwes sake doen. Die projek het ten doel om vyf miljoen mense te voed en dit word gedoen deur sakkies mieliemeel van 5 kg elk uit te deel.

“’n Beroep word op produsente gedoen wat boer in gemeenskap­pe wat by hierdie projek sal baat vind, om ’n paar ton van hul oes aan hierdie verdienste­like saak te skenk,” sê mnr. Francois Strydom, uitvoerend­e hoof van die Senwes Groep.

Wanneer produsente mielies aan die AVC Food Umbrella-rekening skenk, ontvang, hanteer en berg Senwes Grainlink se silo’s die mielies. Van daar borg

Grainovati­on, Senwes se logistieke filiaal, die vervoer daarvan vanaf die silo na die meule.

Die meule maal en verpak die mieliemeel gratis, en dan organiseer Senwes die verspreidi­ng van die mieliemeel na onder meer ouetehuise, voedselske­mas en plaasskole.

RAAK BETROKKE

■ Boere en belangstel­lendes kan ’n bydrae lewer deur witmielies by enige Senwes Grainlink-silo op leweringsn­ommer 418688 te lewer.

■ Bydraes in die vorm van ander kommoditei­te kan gelewer word deur AVC Food Umbrella se webblad te besoek en die besonderhe­de daar aan te teken.

■ Die rekeningbe­sonderhede vir kontantske­nkings is: Rekeningho­uer:

Bank: Rekeningno­mmer:

Taknaam:

Takkode:

SPESIALE AANBOD

Senwes, Bayer en Graan SA het ook kragte saamgespan om ’n verskil te probeer maak. Produsente kan een sak Dekalb-saad (van ’n kultivar van jou keuse) ontvang met kompliment­e van Bayer vir elke twee ton wit- of geelmielie­s wat op leweringsn­ommer 418688 geskenk word. Produsente kan soveel mielies skenk as wat hulle wil, hoewel Bayer se gratis meevaller beperk word tot hoogstens vyf sakke Dekalb-saad vir tien ton mielies gelewer per produsent.

Die aanbod eindig wanneer die limiet van 2 250 sakke bereik word of teen die verstrykin­gsdatum van 15 September 2020, watter een ook al eerste plaasvind.

E-pos die bewys van lewering aan die AVC Food Umbrella 418688-rekening (met vermelding van die tonnemaat) aan me. Christa Herbst by 018 464 7521, senwes.co.za, co.za

 ?? FOTO’S: SENWES ?? Die eerste 1 600 sakkies mieliemeel word by The Church of Jesus Christ in Johannesbu­rg afgelaai, van waar dit versprei gaan word. Dié skenking is moontlik gemaak deur ’n kontantbyd­rae van TWK Communicat­ions. Thuso-meule in Bothaville het die mieliemeel verskaf en Hinterland het die vervoer geborg.
FOTO’S: SENWES Die eerste 1 600 sakkies mieliemeel word by The Church of Jesus Christ in Johannesbu­rg afgelaai, van waar dit versprei gaan word. Dié skenking is moontlik gemaak deur ’n kontantbyd­rae van TWK Communicat­ions. Thuso-meule in Bothaville het die mieliemeel verskaf en Hinterland het die vervoer geborg.
 ??  ?? Die eerste vrag witmielies wat deel is van Senwes se skenking van 100 ton aan die AVC Food Umbrella is deur Grainovati­on van die Senwes Grainlink-silo in Kroonstad vervoer na Premier, waar dit gemaal en verpak is. Die 4 290 sakke mieliemeel van 5 kg elk word dan van hier na Hinterland-takke vervoer, van waar dit verder versprei word.
Die eerste vrag witmielies wat deel is van Senwes se skenking van 100 ton aan die AVC Food Umbrella is deur Grainovati­on van die Senwes Grainlink-silo in Kroonstad vervoer na Premier, waar dit gemaal en verpak is. Die 4 290 sakke mieliemeel van 5 kg elk word dan van hier na Hinterland-takke vervoer, van waar dit verder versprei word.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa