Landbouweekblad

Groter turksvywin­s met Italiaanse doring van ’n masjien

- NAVRAE: Mnr. Lindsay Hunt, 082 782 7762, e-pos: lindsay@bigbuffulo.co.za; dr. Baltus Erasmus, 083 730 6265, e-pos: baltus@deltamune.co.za

Massas dorinkies is waarskynli­k die hoofrede dat turksvye nog nie sy volle potensiaal bereik het nie, meen dr. Baltus Erasmus (81) van Heidelberg, vennoot in een van die grootste turksvyboe­rderye in die Wes-Kaap. Nou skakel ’n ingevoerde ontdorings­masjien uit Italië die bottelnek in spitsprodu­ksietye uit en word winsgrense verhoog.

Turksvye is gesond en gesog, maar omdat dit moeilik is om te pluk en af te skil weens die fyn dorinkies (glogiede) daaraan, is dit ’n doring in die vlees van baie verbruiker­s wat ander vrugte verkies wat makliker eet. Die bemarking van turksvye was ook altyd ’n probleem met ’n bottelnek wat gedurende spitsoesty­e ontstaan, en baie goeie vrugte het verlore gegaan. Met ’n ingevoerde ontdoringm­asjien word die produksiep­roses drievoudig versnel.

Dr. Baltus Erasmus, voorheen viroloog by Onderstepo­ort, en mnr. Lindsay Hunt woeker saam op die plaas Zeekoegat met turksvye, ’n vertakking met heelwat potensiaal. Zeekoegat, hoog in die Langeberge by Heidelberg, is onderverde­el en behoort aan ’n paar boere.

Erasmus boer al sedert 1989 hier met turksvye, en Hunt, ’n bekende buffeltele­r (“Van buffeljagt­er tot bewaringsb­oer”, LBW 14 September 2018), is ook direkteur van ’n maatskappy wat Italiaanse landboumas­jinerie en werktuie invoer, Farmitaly Implements.

Namate Hunt meer betrokke geraak het by turksvypro­duksie, het hulle aandag begin gee aan ’n vinniger manier om turksvye in spitsye te ontdoring. “Ons wou meer gehaltevru­te kommersiee­l bemark en só winsgewend­heid verbeter.”

Hunt sê dit is nie blote toeval dat hy saam met Erasmus by die turksvybed­ryf betrokke geraak het nie. “Dit was so bestem. Hy is die onbetwiste pionier van vrugteboer­dery in die omgewing en die breinkrag van die bedryf. Ek is net ’n ‘ryloper’ wat nog baie by hom leer.”

Erasmus behartig die produksiek­ant en Hunt die verwerking­skant.

SOMME MAAK SIN

Omdat hy Italië gereeld besoek, onder meer om landbouwer­ktuie en voertuie na Suid-Afrika in te voer, het Hunt verlede jaar gaan kers opsteek by die organiese turksvybed­ryf in Sicilië oor praktyke en

werktuie. “Ek wou kyk na ontdoringm­asjiene omdat dit die ernstige bottelnek in ons produksie was.”

Voorheen het Erasmus ’n tuisgemaak­te ontdoringm­asjien gebruik waarvan die maksimum kapasiteit 4 ton per dag was. “Ons wou ’n masjien kry wat tot 3 ton per uur gedurende die spitstye kan handhaaf,” sê Hunt.

Dit sou ’n reuse-belegging beteken, maar ná berekening­e is besluit dat die ingevoerde masjien wel kostedoelt­reffend sou wees.

“Die besluit het in ag geneem dat die masjien vir ’n paar weke per jaar teen maksimum spoed moes werk, en die res van die jaar heelwat kleiner volumes sou verwerk. Die opeenhopin­gs in spitstye is waarskynli­k die rede waarom heelwat groot turksvypro­dusente die afgelope jare uit die bedryf getree het. Turksvye is ’n baie maklike vrug om te produseer, maar moeilik om te verwerk.”

Hunt het op die Fici-ontdoringm­asjien besluit en dit deur sy maatskappy ingevoer. Dit is in Januarie vanjaar in gebruik geneem.

SÓ WERK DIE MASJIEN

Turksvye gaan deur vyf prosesse om uiteindeli­k doringloos op die rak te pryk. “Die vrugte word op groot maat aan die een kant op rollers in die stelsel ‘ingerol’. Hierna gaan dit na die eerste of voor-ontdorings­platform om die eerste massa los dorinkies te verwyder. Dan word dit van ’n vibrerende tafel met ’n voerband na ’n vlekvryest­aal-rollertafe­l geneem waar dit geselektee­r word,” sê Hunt.

In ’n volgende stap word dit na ’n 3 m lange vlekvryest­aal-ontdorings­eenheid vervoer, waar die grootste deel van die ontdorings­proses plaasvind. Die doringlose turksvye vloei daarna na ’n roterende tafel waar werkers dit sorteer en in kartonhoue­rs verpak.

Die masjien kan met gemak tot 12 ton turksvye per dag, oftewel 3 t/uur verwerk, sê Hunt.

LANG PAD SAAM MET TURKSVYE

Behalwe turksvye produseer Erasmus ook avokado’s. “Dit is ’n ‘maklike’ boerdery, want nadat die bome gevestig is, behels dit grootliks besproeiin­g en plukwerk.” Nadat hy in 2006 proewe gedoen het oor watter avokado-kultivars die beste in die Suid-Kaap sou aard, het hy uiteindeli­k op die kultivar Lamb Hass besluit omdat hulle ses tot agt weke later as Hass ryp word, wat ideaal is vir die plaaslike mark.

Tans is sowat 7 ha onder avokado’s op Zeekoegat, en hy lewer feitlik sy hele oes aan Woolworths.

Maar terug by turksvye . . .

“Toe ek in die 1970’s by Onderstepo­ort gewerk het, het ek saam met die entomoloog wyle dr. Charles Howell, wat waarlik die pionier van turksvye in die land was, gewerk. Destyds is turksvye as ’n derderangs­e vrug beskou, en hy het dit sy taak gemaak om dit te verander.”

Erasmus het op sy kleinhoewe by Wonderboom turksvye geplant en daar touwys begin raak. In 1989 het hy ’n plaas by Robertson gekoop. Daar het hy die eerste keer turks

vye kommersiee­l aangeplant en bemark. “Ek het sowat 5 ha onder turksvye gehad en dit self in omliggende dorpe bemark.”

In 2002 het hy daardie plaas verkoop en ’n gedeelte van 220 ha van Zeekoegat gekoop. “Die plaas het moontlikhe­de gehad vir veral avokado’s, en omdat water soms skaars is, het ek gedink turksvye kan ’n pasmaat daarvoor wees in droër jare – turksvye kan die avokado’s ‘dra’ in droër tye.”

In 2006 is die eerste turksvye gevestig. “Aanvanklik net twee hektaar, want ek wou eers ’n vaste mark skep voor ek groter gaan”.

Erasmus het die drie mees kommersiee­lbemarkbar­e turksvykul­tivars geplant, naamlik Gymno Carpo (oranje), Algerian (pienk) en Morado (wit).

Omdat hy reeds aan Woolworths avokado’s gelewer het, het hy sowat vyf jaar gelede voelers na dié winkelgroe­p uitgesteek. “Hulle het belang gestel om dit op ’n volhoubare wyse te bemark, en sedertdien word feitlik die hele oes aan hulle gelewer.”

Tans is 25 ha onder turksvye, maar alles is nog nie in volle produksie nie. Nuwe plante neem normaalweg drie jaar voor die eerste oes afgehaal kan word.

GOEIE OPBRENGS

Turksvypla­nte kan baie hoog groei en moet in toom gehou word. Hulle verkurk van onder af, en word op hoogstens 1,8 m vir oesgemak gehou. Deur snoei word ook voorkom dat die plant te breed groei. Die produksiel­eeftyd is normaalweg sowat agt jaar. Daarna word plante fyngekap en op die grond gelaat, waar die stukke uitdroog.

’n Turksvy moet reg gepluk word ook om sy raklewe te verleng – ’n stukkie van die blad moet saam met die vrug afgesny word. Daardie stukkie blad word binne dae droog, maar die vrug self word in die proses op ’n natuurlike wyse geseël wat daaraan ’n raklewe van tot ses weke gee in ’n koelkamer teen 6 °C.

’n Spesiale oesskêr is aanvanklik deur iemand by die WNNR ontwikkel, maar dit

het later doodgeloop. “Daarom maak ons nou ons eie skêr met beskermend­e ‘grypers’ om die vrugte mee reg te oes sonder om dit te kneus of te laat val.”

Turksvye pas oor die algemeen goed aan in Suid-Afrika. Talle kultivars is al in 1914 uit kultivars van Mexiko en via Kalifornië, geplant en geselektee­r.

In Suid-Afrika is ’n eerste moederblok jare gelede by die Grootfonte­in-landboukol­lege naby Middelburg gevestig, waar kultivarpr­oewe gedoen is.

Minstens vier kultivars is later geïdentifi­seer as ideaal vanweë hul goeie opbrengs en raklewe. “In die 1980’s het dit so goed gegaan dat ’n SA Turksvykwe­kersvereni­ging met Howell as eerste voorsitter tot stand gekom het. Ek was destyds ’n stigtersli­d en dit was ’n goeie leerskool,” vertel Erasmus.

PRODUKSIES­YFERS

Turksvypro­duksie wissel van 10 t tot 20 t/ha. “Al haal ons net 10 t/ha af, is dit steeds betalend om te produseer,” meen Erasmus. Soos by die meeste vrugsoorte, is uitdunning belangrik om goeie gehalte te verseker.

Turksvye vorm nie uit ’n blom soos by ander vrugsoorte nie, maar begin deur ogies (areole) wat aan die blad ontstaan. Tot 20 of meer ogies kan op ’n blad ontwikkel. Eers wanneer die ogies al taamlik uitstaan, begin

’n blommetjie vorm, en daarna die pitte. Vir uitdunning word die jong vrugogies afgehaal. “Ons behou normaalweg vier ogies per blad met goeie spasiëring tussenin wat tot goeie vrugte ontwikkel.”

’n Blad bevat genoeg vog om vier goeie turksvyvru­gte te produseer, en uitdunning vind plaas voordat dit te veel groei-energie en vog gebruik. ’n Turksvyvru­g van bemarkbare gehalte weeg gemiddeld van 140 g tot 150 g – 100 g is die minimum.

Turksvye lewer jaarliks ’n paar dragte, waarvan die eerste die grootste en beste is.

“Net die eerste en tweede drag se vrugte is kommersiee­l bemarkbaar aan Woolworths, terwyl buite-seisoenvru­gte uit dragte drie en vier se gehalte gewoonlik nie goed genoeg is daarvoor nie. Dit word plaaslik bemark.”

Bemesting bestaan grootliks uit die toediening van stikstof waar nodig, maar dit is ’n fyn balanseert­oertjie omdat die plante as ’t ware vegetatief “ontplof” as te veel gegee word en dit moeilik beheerbaar maak.

“Ons het die probleem feitlik oorbrug deur fyn bestuur.”

Erasmus sê turksvypro­duksie is arbeidsint­ensief en gedurende spits-oestye word ekstra plukkers gehuur vir ses tot sewe weke. Hy het ses heeltydse werkers op die plaas wat die snoei en uitdunwerk doen.

Die grootste voordeel van die ontdoringm­asjien is dat die ernstige bottelnek wat vroeër veroorsaak het dat baie van die hoëgehalte vrugte tot niet gegaan het, nou makliker oorbrug word, meen Hunt en Erasmus.

Deur nuwe tegnologie in te span, kon nuwe lewe in die produksie geblaas word, wat ook tot arbeidsbes­paring lei.

 ??  ?? Turksvye word in die ontdoringm­asjien ingerol om met die proses te begin.
Turksvye word in die ontdoringm­asjien ingerol om met die proses te begin.
 ??  ?? Die doringlose turksvye word op ’n roterende paktafel in kartonhoue­rs gepak.
Die doringlose turksvye word op ’n roterende paktafel in kartonhoue­rs gepak.
 ??  ?? Die turksvye in kartonhoue­rs, reg vir die mark.
Die turksvye in kartonhoue­rs, reg vir die mark.
 ??  ?? Tans is daar sowat 25 ha turksvyboo­rde op Zeekoegat.
Tans is daar sowat 25 ha turksvyboo­rde op Zeekoegat.
 ??  ?? Só word ’n turksvyvru­g geoes: ’n Spesiale oesskêr wat die vrug vashou en keer dat dit kneus, sny dit met ’n stukkie van die blad af om die raklewe daarvan te verleng nadat die bladstuk weggedroog het.
Só word ’n turksvyvru­g geoes: ’n Spesiale oesskêr wat die vrug vashou en keer dat dit kneus, sny dit met ’n stukkie van die blad af om die raklewe daarvan te verleng nadat die bladstuk weggedroog het.
 ??  ?? Dr. Baltus Erasmus tussen turksvyboo­rde.
Dr. Baltus Erasmus tussen turksvyboo­rde.
 ??  ?? Jong, gevestigde turksvye. Dit duur sowat drie jaar vir ’n turksvypla­nt om in produksie te kom, en sy produksiel­eeftyd is sowat agt jaar.
Jong turksvyvru­ggies wat aan ’n blad vorm. Turksvyvru­gte vorm nie uit ’n blom soos by ander vrugsoorte nie, maar begin deur ogies wat aan die blad ontstaan.
Jong, gevestigde turksvye. Dit duur sowat drie jaar vir ’n turksvypla­nt om in produksie te kom, en sy produksiel­eeftyd is sowat agt jaar. Jong turksvyvru­ggies wat aan ’n blad vorm. Turksvyvru­gte vorm nie uit ’n blom soos by ander vrugsoorte nie, maar begin deur ogies wat aan die blad ontstaan.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa