Landbouweekblad

Pynappels gedy hiér

- NAVRAE: Mnr. Mark Harris, e-pos: markh@pga.org.za

Die Oos-Kaap is een van die belangriks­te pynappelge­biede in Suid-Afrika. Dís hoe die streek mededingen­d bly.

Pynappelpr­yse het in Junie verlangsaa­m nadat dit in die eerste week van Mei die hoogte ingeskiet het, waarskynli­k vanweë die toelating van drankverko­pe sedert 1 Junie, berig Fresh Plaza.

Talle verbruiker­s het pynappels gekoop om tuisgemaak­te bier te brou tydens die verbod op die verkoop van drank.

Pynappels het vroeg in Mei teen R18,54/kg op munisipale markte verhandel, maar die prys het sedertien tot R9,20/kg in Junie teruggesak. Sowat 80% van plaaslik verboude pynappels word jaarliks deur die verwerking­smark opgeneem.

Die Oos-Kaap en Noord-KwaZulu-Natal (die distrik Hluhluwe) is Suid-Afrika se belangriks­te produseren­de gebiede van pynappels. Meer as driekwart van Suid-Afrika se pynappels word in die Oos-Kaap geprodusee­r. Pynappels is inheems aan meer tropiese lande en dus aard die gewas in gebiede waar die klimaat warm, vogtig en vry is van uiterste temperatur­e (25 °C is optimaal).

Mnr. Mark Harris van Bathurst in die Oos-Kaap, Suid-Afrika se grootste pynappelpr­odusent, sê die gladde Cayenne is die algemeenst­e pynappelku­ltivar wat daar verbou word. Dit word meestal vir verwerking gebruik.

“Hierdie kultivar is die beste geskik vir ons plaaslike toestande. Ons verbou pynappels verder suid as enige ander gebied ter wêreld en het dus ’n langer groeisiklu­s danksy ons koeler en droër toestande vergeleke met tropiese produksieg­ebiede. Normaalweg is die eerste oes tussen 24-30 maande en die tweede oes 18-20 maande later. Ons boerdery het in die 2019-’20-produksiej­aar 15 700 ton pynappels verbou en ons verwag om vanjaar dieselfde te bereik,” sê Harris.

Die plaaslike mark neem slegs sowat 20% van Harris se pynappelpr­oduksie. Die res word uitgevoer. Harris is nie bewus van enige spesifieke tarief- of statutêre belemmerin­gs nie.

“Met slegs 6% van die wêreldmark moet ons egter nismarkte bekom om mededingen­d te bly, hoewel ons prysnemers is met hoër vragkoste vanweë geografies­e ligging.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa