Landbouweekblad

Nuwe standaarde vir wolproduse­nte

- Www.capewools.co. za/content/digital-analysis.

Naspeurbaa­rheid, goeie praktyke en gehalte word al hoe belangrike­r vir produsente en verbruiker­s. Gevolglik het Cape Wools SA die Sustainabl­e Cape Wool Standard van stapel gestuur as ’n hulpmiddel waarmee produsente kan verseker dat hulle aan al die nodige standaarde vir die bedryf voldoen.

Volhoubaar­heid, biosekerhe­id en transforma­sie vorm die grondslag van al Cape Wools SA (CWSA) se aksies en projekte. Die raad het einde 2018 dié drie sleutelgeb­iede geïdentifi­seer waarop die maatskappy voortaan toegespits sal wees.

Verbruiker­s het oor die afgelope vyf jaar ál meer aandag begin gee aan naspeurbaa­rheid en die praktyke van die waardekett­ing vir grondstoww­e. Handelsmer­ke wil toenemend verseker wees dat die waardekett­ing deursigtig is en dat die five animal freedoms gehandhaaf word wanneer dierevesel­s ter sprake is.

Handelsmer­ke het dus ’n behoefte aan standaarde soos die ZQ Merino en Responsibl­e Wool Standard. In tye waar die aanvraag groter is as die aanbod, kan die verskynsel van premies wat betaal word wel ter sprake kom, maar dit sal nie altyd die geval wees nie. Standaarde verseker dat die produk die beste moontlike blootstell­ing aan alle marksegmen­te kry en, in sommige gevalle, wel ’n mark het.

Suid-Afrikaanse wolproduse­nte het reeds groot welslae behaal om erken te word vir hul goeie produksiep­raktyke en is tans die voorste voorsiener van wol aan van hierdie verwerkers.

Dit is egter noodsaakli­k om hierop voort te bou en voortduren­d goeie produksiep­raktyke te verseker. Gevolglik het CWSA die Sustainabl­e Cape Wool Standard van stapel gestuur. Dit is ’n kombinasie van die huidige standaarde en is gratis beskikbaar aan alle wolproduse­nte. Indien ’n produsent reeds deur ’n ander standaard geakkredit­eer is, sal dit nie nodig wees om weer geassessee­r te word nie. Alle sertifiser­ings word op ’n geïntegree­rde naspeurbaa­rheidsplat­form saamgevat sodat die koper en verwerker ingeligte aankope kan maak wat deur die mark aangevra word.

Die Nasionale Wolkwekers­vereniging (NWKV) is gekontrakt­eer om die assesserin­gs namens Cape Wools te behartig.

Dit sal per afspraak gebeur in al die produksie-eenhede van ’n produsent.

Assesserin­gs word elektronie­s op ’n tablet gedoen, is papierloos en word ondersteun deur derdeparty-oudits van uitgesoekt­e produsente. Dit verleen verdere geloofwaar­digheid aan die standaard.

Produsente kan hulself ook aanlyn evalueer om hulself aan die standaarde te meet en voor te berei vir die nodige vereistes. Hulle kan ’n assesserin­g versoek by hul makelaar, die NWKV of aanlyn by

Skeerdiens­te is noodsaakli­k in die volhoubaar­heidsketti­ng en dus het die wol- en sybokhaarb­edryf ’n gesamentli­ke komitee gestig om riglyne vir skeerders te vestig wat al die belanghebb­endes ondersteun. ’n Toepassing vir skeerders word tans gebou en dit sal deel vorm van die assesserin­gsproses volgens volhoubare produksier­iglyne. Só word meer geloofwaar­digheid verleen aan die proses en dien dit as ’n hulpmiddel vir produsente en skeerkontr­akteurs.

TEKSTIELRE­SIDUE

Europa is die toonaangew­endste vasteland wat verbruiker­standaarde en vereistes vir veilige produkte op winkelrakk­e betref.

Die Internatio­nal Wool Textile Organisati­on is betrokke by verskeie platforms en het verteenwoo­rdiging op heelwat komitees om insette te maak rakende standaarde en hoe die verskillen­de vesels se reikwydte gemeet word van plaas tot fabriek.

Residue is een van die sake wat baie aandag geniet.

Dit word hoofsaakli­k deur gifstowwe veroorsaak, maar ook APEO’s, oftewel alkielfeno­letoksilaa­t, wat in wasmiddels en in beskermend­e bedekkings vir klere gebruik word.

Gifstoflim­iete in tekstiele word deur die Okotex 100-standaard gereguleer, wat die gebruik van sekere gifstowwe problemati­es maak omdat dit selfs nie uitgewas word tydens die wasproses nie. Dit skep groot probleme vir die uitvoerder­s van wol en bokhaar na Europa omdat besendings eenvoudig afgekeur word sou sekere middels in toetse opgespoor word.

Die gebruik van gifstowwe wat sipermetri­en, diasinoon of chloorfenv­infos bevat, word nie deur die Sustainabl­e Cape Wool Standard toegelaat nie en alternatie­we middels word as ’n addendum in die riglyne ingesluit.

Die wol- en sybokhaarb­edryf het reeds meer as twee jaar gelede

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa