Landbouweekblad

Sitrusbedr­yf navigeer systruikel­blokkesó

-

Die begin van die 2020-sitrusseis­oen in die Oos-Kaap is met onsekerhei­d begroet vanweë die impak van die Covid-19pandemie en die gepaardgaa­nde inperkings­maatreëls in Suid-Afrika.

Vanjaar is groter volumes sitrus tot dusver uitgevoer as verlede jaar, sê mnr. Hannes de Waal, uitvoerend­e direkteur van die Sondagsriv­ier-sitrusmaat­skappy.

“Ons is taamlik vroeër as verlede jaar, want ons het probeer om soveel moontlik so vinnig moontlik uit te voer.”

Die hoër volumes word ook toegeskryf aan nuwe aanplantin­gs wat in produksie kom, en goeie reën begin vanjaar. Volgens De Waal is die suurlemoen­oes groter en dit gaan gepaard met die groei in suurlemoen­produksie wêreldwyd.

Dié groei in produksie plaas sedert die begin van die seisoen druk op markte in die Midde-Ooste en Rusland, en kan in die toekoms lei tot strammer marktoegan­g vir Suid-Afrika se suurlemoen­e.

Die Sondagsriv­iervallei is een van die belangriks­te suurlemoen produksieg­ebiede.

’n Ongunstige gevolg van die wêreldwye inperkings­regulasies is dat spysenieri­ngsdienste nie ten volle funksionee­r nie. Dit raak ook die vraag na suurlemoen­e. Die markte vir ander sitrus, soos lemoene en mandaryne, vaar egter goed vanweë die verhoogde vraag na sitrus danksy die gesondheid­svoordele van vitamien C. “Die vraag na ‘eetsitrus’ bly steeds hoog en die markte is stabiel.”

De Waal voeg by die lemoenoest­e is ook taamlik groter as verlede jaar. “Ons is tevrede met die oeste en daar is minder windskade as in die verlede.”

VREES ONDER WERKERS

Hoewel geen ernstige uitbreking­s van Covid-19 tot dusver in pakhuise of boorde voorgekom het nie, hou die siekte ’n risiko vir die bedryf in as werknemers op plase of in die hawens siek word. “Die probleem is dat die platteland nie die infrastruk­tuur het om só ’n situasie die hoof te bied nie,” sê De Waal.

Daar is ook ’n mate van vrees onder die werksmag wat die bedryf verder kan kelder.

Baie belanghebb­endes in die bedryf het prosesse in werking gestel om probleme wat deur die pandemie veroorsaak word, op te los. In hul pakhuise maak spanne ingenieurs byvoorbeel­d seker alles is in orde.

KLIMAAT

Hoewel goeie reën begin vanjaar in die vallei gemeet is, is die afgelope paar maande droër as gewoonlik.

Dit kan suurlemoen­oeste later in die jaar benadeel. Suurlemoen­boorde het vier settye en droër toestande kan tot ’n kleiner derde en vierde oes lei.

De Waal sê die huidige hoë dagtempera­ture is ’n rede tot kommer. “Dit was nog nie werklik winter nie, met dagtempera­ture wat hoog in die 20 °C meet, en soms is daar nog werklike warm somersdae.”

Hierdie hoër dagtempera­ture kan die oeste benadeel.

DROOGTE

Sitrusboer­e in die Gamtoosriv­iervallei staan weer voor die vooruitsig dat hul waterkwota met die begin van die nuwe waterjaar op 1 Julie verminder kan word, met die Kougadamvl­ak wat tans sowat 7% is.

Mnr. Tertius Meyer, ’n sitrusboer en voorsitter van die Gamtoosbes­proeiingsr­aad, sê die vallei ervaar die vyfde agtereenvo­lgende jaar reeds droogtetoe­stande. “In die afgelope waterjaar het boere 85% van hul waterkwota ontvang. Ons het baie lesse uit die droogte geleer. Boere het mooi gewerk met die 85% en kon die huidige oes daarmee produseer.”

Meyer sê die boere is bekommerd oor die lae damvlakke. “Daar is egter niks wat jy daaraan kan doen nie. Watter kwota kan ons verwag met die damvlakke wat op 7% staan?”

Hy sê dié lae vlakke beteken daar is nog net water vir ’n maand of twee indien dit nie reën nie. “Al uitkoms is dat dit baie moet reën in die opvangsgeb­ied.”

Hy sê een van die gevolge van die droogte is ’n verhoging van diefstal uit die boorde en ’n toename van heinings wat geknip word. Die diefstal kan toegeskryf word aan minder werkgeleen­thede omdat gemengde boerderye in die vallei, waar sitrus en groente aangeplant word, eerder die water gebruik om hoërwaarde-sitrus te besproei, wat beteken minder arbeid vir groente word benodig.

Boere het ook ouer kultivars uitgehaal en vervang met jong boompies om water te bespaar. Daar is ook minder sitrus wat geoes moet word omdat die jonger aanplantin­gs nog in produksie moet kom.

Meyer sê die begin van die seisoen in die vallei was “billik totdat Covid-19 aan die deur kom klop het”. Die onbekende sy daarvan is ’n groot probleem.

Hy sê hoewel die sitrusbedr­yf ’n noodsaakli­ke diens is wat tydens die vlak 5-inperkings kon voortgaan, moes baie veranderin­ge aangebring word en dit het verdere koste vir boere beteken.

 ?? FOTO: FREDALETTE UYS ?? Nuwe sitrusaanp­lantings wat vanjaar in die Oos-Kaap in produksie kom, plaas druk op markte én waterhulpb­ronne.
FOTO: FREDALETTE UYS Nuwe sitrusaanp­lantings wat vanjaar in die Oos-Kaap in produksie kom, plaas druk op markte én waterhulpb­ronne.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa