Groot mielie-opbrengste in kompetisie verwag
Die Oos-Kaap is nie ’n groot bydraer tot die nasionale mielie-oes nie, maar sy produsente wat mielies onder besproeiing verbou, het die afgelope paar jaar met opbrengste van meer as 20 t/ha verras. Een van die groot dryfvere is ’n plaaslike kompetisie.
Sedert mnr. Dirk Visser van Cradock Saad verspreiders sewe jaar gelede die 20tonklubmieliekompetisie in sy bedieningsgebied van stapel gestuur het, het opbrengsyfers onder die deelnemers gesonde groei getoon.
“Ons bedien hoofsaaklik boere wat in die GrootVisrivierbesproeiingskema boer. Besproeiing is onontbeerlik vir goeie graanproduksie in dié omgewing, waaronder plekke soos SomersetOos en Cradock.
“Destyds het dit byna ondenkbaar gelyk om ’n opbrengs van 20 t/ha te behaal. Verlede jaar het nege van die twintig deelnemers méér as hierdie mikpunt gestroop,” sê Visser.
Mielieproduksie in die OosKaap maak slegs 1% van SuidAfrika se totale mielieoes uit.
Dit vervul egter ’n belangrike rol vir veral boere met toegang tot besproeiingswater wat gediversifiseerde boerderye bedryf. OosKaapse boere het die afgelope seisoen mielies op 44,7% meer hektaar aangeplant vergeleke met die 2018’19seisoen ( TABEL 1 ).
Mielieproduksie die afgelope vier seisoene dui op ’n groei van 68,5% in tonnemaat in die OosKaap geproduseer in die 2019’20seisoen teenoor die vorige seisoen ( TABEL 2 ).
WATER
“Boere wat middel Oktober geplant én reën op die regte tye gekry het, veral in die blomstadium, is in ’n goeie posisie omdat die hitte hierdie somer nie so erg was nie,” sê Visser. “Al besproei jy jou mielies, is dit altyd beter vir die gewasse wanneer daar ook goeie
BRON:
BRON:
reën deur die seisoen val.
“Dit hang ook af wanneer jy geplant het. In ons bedieningsgebied het dit in Desember meestal goed gereën. Dit verskil tussen plase en opbrengs gaan afhang van wanneer boere begin plant het. As jy al middel Oktober of begin November kon plant, en lekker reën in Desember en Januarie gekry het, is die kans op ’n uitstekende oes soveel beter.
“Die oordeelkundige gebruik van kunsmis met sekere mikroelemente werp ook vrugte af.”
Die hoofbron van hierdie besproeiingskema kom uit die Gariepdam, wat middel Junie vanjaar sowat 95% vol was.
“Noukeurige waterbestuur raak al hoe belangriker vir besproeiingsboere. Lusern se prys is hoog en hier is ook ’n paar koringboere in die omgewing.”
Visser sê besproeiingskwotas dwing boere soms om hul besproeiingsbesluite deeglik te oorweeg, want dikwels moet gekies word tussen gewasse wat water moet kry, soos mielies, koring, lusern en pekanneute. ’n Boer moet dan sy storie ken om in kritieke groeistadiums van verskillende gewasse eerder die een of die ander te besproei om verliese te voorkom, veral as dit ’n hoëinkomstegewas soos lusern of pekanneute is.
WENNERS
“Ons hoop om vanjaar weer deelnemers te vereer wat die 20 t/hakerf oortref het, maar ons sal volgens die inperkingsregulasies moet optree. Die finale reëlings vir die prysuitdelingsgeleentheid is dus nog nie getref nie.
“Boere stroop tans nog volstoom, en ons behoort hopelik teen einde Julie ’n beter prentjie te hê van hoe die opbrengste gaan lyk,” sê Visser.
Die wenners van Cradock Saadverspreiders se 20tonklubmieliekompetisie word gewoonlik in Augustus bekend gemaak.
Visser is opgewonde oor die vooruitsigte en sê die terugvoering wat hy van boere met mielies onder besproeiing kry, dui op ’n goeie oesjaar ondanks reën wat oral nie ewe goed geval het nie.
Te oordeel na sy waarnemings en die prestasie van verlede jaar se wenners kan vanjaar se inskrywings selfs nóg beter wees.
Mnr. Kobus Marais van Vrolikskraal in die distrik Hofmeyr in die OosKaap was verlede jaar se wenner in die noordelike streek. Marais het ’n oes van 22,22 t/ha behaal.
Die naaswenner, mnr. Abraham Steyn, het 21,8 t/ha gestroop. Mnr. Jannie Zwiegers was derde met 21,65 t/ha.
Die wenner van verlede jaar se kompetisie in die suidelike streek was mnr. Leon Scheepers en sy seuns se boerdery Leon Ontwikkelings. Hierdie boerdery net suid van Cradock het ’n weninskrywing van 23,81 t/ha gelewer.
Mnr. André Marais, die naaswenner, het 21,35 t/ha gestroop. Mnr. Kobus le Roux was derde met 21,06 t/ha.