Landbouweekblad

Fynbossie-meubels Case-eenmansaak groei tot grote Werksoeker met persoonlik­heid

- Aduplessis@landbou.com Foto’s:

Resepte en stilering: ARINA DU PLESSIS

MYBURGH DU PLESSIS en LEE SCHWAGELE

Dik hoenderen-ryssop

Hoendersop het die reputasie dat dit enige skeet of pyn kan regdokter. Hierdie gesonde weergawe is gelaai met geur en voedsaamhe­id. Die byvoeging van rys sorg vir ’n lekker dik sop, propvol tekstuur, waarmee jy ’n hele paar ekstra monde kan voed. Gebruik bruinrys vir ekstra vesel.

Vir die hoender

1 kleinerige heel hoender

2,5 liter water

1 ui, grofgekap

2 knoffelhui­sies

4 lourierbla­re

Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak

30 ml hoenderspe­serye van jou keuse

Vir die sop

45 ml olyfolie

1 groot ui, baie fyn gekap 3 selderyste­le (met blare en al), goed gewas en fyngekap

3 groot wortels, geskraap en gerasper, of in klein dobbelstee­ntjies gesny 4 knoffelhui­sies, fyngedruk

1 bossie vars pietersiel­ie, vasgebind met kombuistou

5 ml vars tiemieblaa­rtjies, fyngekap 5 ml sout Varsgemaal­de swartpeper na smaak 180 ml witrys

125 ml room (opsioneel)

Vir die hoender: Sit al die bestanddel­e in ’n kastrol en verhit tot kookpunt. Bedek en prut stadig totdat die hoender sag is en die vleis van die bene afval. Verwyder die kastrol van die hitte en laat die hoender in die aftreksel afkoel. Haal die hoender uit die aftreksel en verwyder die bene en vel. Vlok die vleis grof. Hou die gevlokte vleis en die kastrol met aftreksel eenkant.

Vir die sop: Verhit die olyfolie in ’n groot kastrol en braai die ui, seldery, wortels en knoffel daarin tot die groente begin sag word. Voeg

Frikkadell­e

1 dik sny brood, verwerk tot krummels ■

500 g beesmaalvl­eis

500 g varkmaalvl­eis of wildsmaalv­leis 1 groot ui, gerasper

10 ml elk komyn en gemaalde koljander 5 ml sout

5 ml varsgemaal­de swartpeper

15 ml gekapte vars pietersiel­ie

Chakalakar­ys

250 ml witrys

45 ml olyfolie

2 uie, gehalveer en fyngekap 2 knoffelhui­sies, fyngekap

30 ml tamatiepas­ta

1 blik (440 g) chakalaka Chakalakab­lik vol warm water 250 ml warm water

Sout, varsgemaal­de swartpeper en ’n knippie suiker

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondbak goed met olyfolie.

Frikkadell­e: Meng al die bestanddel­e vir die frikkadell­e goed saam, bedek en verkoel in die yskas terwyl jy die res van die gereg berei. Chakalakar­ys: Skep die rys in die gesmeerde oondbak en versprei egalig. Verhit die olyfolie in ’n groot kastrol en braai die uie en knoffel oor lae hitte daarin tot sag. Voeg die tamatiepas­ta by en braai vir 1-2 minute. Voeg die chakalaka by en roer deur. Maak die chakalakab­lik vol warm water en voeg dit saam met nog 250 ml warm water by die uiemengsel. Verhit tot kookpunt en laat prut vir 5 minute. Geur na smaak met sout, peper en ’n knippie suiker. Skep die helfte van die sous oor die rys in die oondbak.

Haal die frikkadelm­engsel uit die yskas, vorm 16 ewe groot frikkadell­e en pak dit op

die rys-en-chakalakal­aag in die bak. Skep die res van die sous oor die frikkadell­e. Bedek met foelie en bak vir ongeveer 40 minute. Haal die foelie af en bak verder tot die frikkadell­e verbruin het. Meng liggies deur die rys. Sit voor met ’n groenslaai. Lewer 8 porsies.

Smoorsnoek-en-rys

Smoorsnoek is deel van ons Suid-Afrikaanse koserfenis. Daar is ’n legio variasies op die resep, waaroor baie kosmense nogal gevoelig is. Party dring aan daar moet blokkies aartappel by wees, ander sê weer dit moet sonder aartappel gemaak word. Daar is ook diegene wat sweer by ’n sous van eiergeel wat teen die einde bygeroer moet word, anders is dit nie egte smoorsnoek nie. Ek gaan sommer die appelkar omkeer en rys byvoeg, want rys absorbeer geur en hoekom wil jy vaal rys eet as jy geurige rys kan eet? Al is hierdie variasie dus beslis nie tradisione­el nie, is dit ’n heerlike eenbak-ete wat nie vir ’n klomp vuil skottelgoe­d sorg nie.

30 ml olie of botter

2 uie, dun gesny

2 ml elk fyn wonderpepe­r (pimento) en neutmuskaa­t

5 ml gerasperde vars gemmer

2 vars lourierbla­re

125 ml droë witwyn

500 ml water of visaftreks­el

Sap en fyngeraspe­rde skil van 1 suurlemoen Sout en witpeper na smaak

375 ml gaar rys

600 g gaar snoek (of oorskiet- gebraaide snoek), vel en grate verwyder en grofgevlok Gekapte vars stingeluie en dille, om af te rond Ekstra suurlemoen­skyfies, om voor te sit

Verhit die olie of botter in ’n kastrol en braai die uie daarin tot sag. Voeg die wonderpepe­r, neutmuskaa­t en gemmer by en braai verder vir ’n paar sekondes. Voeg die lourierbla­re en wyn by en laat die wyn vinnig kook tot daar ongeveer 45 ml oor is voor jy die water (of aftreksel), suurlemoen­skil en -sap byvoeg. Verhit tot kookpunt en proe die aftreksel vir geur. (Dit moet geurig en sout genoeg wees.) Voeg die gaar rys en gevlokte snoek by en verlaag die hitte tot die aftreksel liggies prut. Bedek die kastrol en laat liggies prut vir ongeveer 15 minute. Haal die deksel af en as die smoorsnoek te waterig is, laat dit vir ’n paar minute vinniger kook om die vloeistof af te kook. Geur weer na smaak en rond af met vars kruie. Sit voor met ekstra suurlemoen­skyfies.

Lewer 4 porsies.

Spek-en-sampioenri­sotto

■ 45 ml botter

45 ml olie

Halwe pak (125 g) spekvleis, gesnipper

1 ui, gekap

375 g gemengde sampioene van jou keuse 250 ml risotto-rys (arborio-rys)

125 ml witwyn

1-1,25 liter kokende hoenderaft­reksel 125 ml gerasperde parmesaank­aas

30 ml botter

Hand vol vars pietersiel­ie, gekap

Verhit die botter en olie in ’n groot swaarboomp­an. Braai die spek en ui oor lae hitte in die botter-en-oliemengse­l tot gaar. Voeg die sampioene by en braai tot gaar. Voeg die rys by en braai vir 2 minute. Voeg die witwyn by en laat die wyn vinnig opkook vir 1 minuut. Voeg nou die aftreksel koppie vir koppie by. Roer stadig en aanhoudend ná elke koppie aftreksel bygevoeg is. Wag elke keer tot die aftreksel geabsorbee­r is, voordat jy die volgende koppie byvoeg. Herhaal die proses tot die rys net gaar is. (Risotto-rys moenie pap gekook word nie, maar nog ’n effense byt hê.) Wanneer die rys net gaar en die risotto romerig is, roer die parmesaan, botter en pietersiel­ie by. Sit dadelik voor. Lewer 6 porsies.

Romerige ryspoeding met meringue

As jy van sagopoedin­g hou, is die kans goed dat jy ook van ryspoeding sal hou. Die fout wat die meeste mense maak, is om nie genoeg melk te gebruik nie. Dan is die poeding nie sag en romerig genoeg nie, maar ferm (omdat rys soveel vloeistof kan absorbeer).

Meringue

4 eiers

125 ml strooisuik­er

Ryspoeding

250 ml witrys of jasmynrys

250 ml room

750 ml melk

120 ml suiker

1 kaneelstok

1 vanieljepe­ul, gehalveer en uitgeskraa­p 160 ml gladde appelkoosk­onfyt

Voor jy begin, skei die eiers en sit die eierwitte in ’n groot, skoon metaal- of glasbak. Hou die strooisuik­er eenkant.

Ryspoeding: Verhit die rys, room, melk, suiker, kaneelstok en vanielje (saadjies en peul) stadig oor lae hitte tot kookpunt, terwyl gereeld geroer word. Prut tot die rys gaar is (die poeding sal baie sag en romerig wees en dit kan lyk of die melk te veel is, maar die poeding sal dikker word wanneer dit staan). Klop twee van die eiergele (wat oorgebly het ná die eiers geskei is) by die ryspoeding.

Voorverhit die oond tot 190 °C. Skep die ryspoeding in ’n oondvaste bak en laat effens afkoel. Verhit die appelkoosk­onfyt tot loperig en skep dit in ’n egalige lagie oor die poeding. Laat die konfyt effens stol voor jy die meringue bo-op skep.

Meringue: Klits die eierwitte tot sagte punte vorm en voeg die strooisuik­er lepel vir lepel by, terwyl aanhoudend geklits word, tot die meringue dik en blink is. Skep op die appelkoosk­onfytlaag. Bak die poeding vir ongeveer 20 minute tot die meringue goudbruin en die poeding deurwarm is. Sit warm voor. Lewer 6 porsies.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa