Landbouweekblad

BLOEMSKOU 2020 FINAAL AFGELAS

- — JOHAN NORVAL

DIE lot van drie groot buitelugsk­oue is in die gedrang vanweë die voortslepe­nde bedreiging van die Covid19pan­demie in SuidAfrika. Die besluit is geneem om Bloemskou 2020 óók af te las.

Die groot skoue wat nog vanjaar kan plaasvind, is die Nampooesda­g (1114 Augustus), Nampo Kaap (911 September) en die uitstallin­gs vir Nampo Alfa, lewende hawe, jag en buitelewe (2426 September).

Graan SA se bestuur sal teen einde Junie besluit oor die Nampooesda­g, met ’n besluit oor die ander twee daarna.

Me. Elmarie Prinsloo, uitvoerend­e hoof van Bloemskou, sê vanweë die huidige omstandigh­ede, inperkings­regulasies en die vooruitsko­uing van die Covid19pan­demie in SuidAfrika, is sy hartseer dat die skou afgestel word, maar dit is ’n werklikhei­d wat aanvaar moet word.

“Gegewe die volgehoue onsekerhei­d oor Covid19 blyk dit onwaarskyn­lik dat samekomste met meer as 100 mense nog vanjaar sal plaasvind. Volgens die huidige aanduiding­s gaan die voorkoms van die virus sy hoogtepunt teen September 2020 bereik. Die volgende vier maande is van deurslagge­wende belang om die gesondheid van mense te verseker,” sê sy.

“Ons is vol vertroue dat alle belanghebb­endes, waaronder uitstaller­s, kunstenaar­s, borge, die landbougem­eenskap en lede van die publiek, begrip sal hê vir die situasie.”

Volgens Prinsloo vlot die bespreking­s vir die aanbied van heelwat meer nasionale kampioensk­apsbyeenko­mste vir Bloemskou 2021 wat vanaf sal plaasvind.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa