Landbouweekblad

GELIEFDE SUID-KAAPSE JERSEYGEES­DRIFTIGE STERF

- (foto), lazenbyj22@gmail.com — JOHAN COETSEE

MNR. MC TRUTER

bekende in suiwelkrin­ge en veral gelief onder Jerseytele­rs in die SuidKaap, is onlangs op Stilbaai oorlede. Hy was 92 jaar oud.

Truter is in 1927 op Moorreesbu­rg gebore waar hy skoolgegaa­n het tot st. 8, waarna hy matriek aan die Hoër Landbousko­ol Oakdale by Riversdal voltooi het.

Prof. Kobus Lazenby, sy skoonseun van die plaas Wilgenhof by Heidelberg (WesKaap), sê Truter het sy byna legendarie­se liefde vir die Jerseybees­ras dáár ontwikkel. “Skoolseuns moes destyds self koeie melk. Oor naweke het seuns wat lui was vir die melkery, hom gehuur om in hul plek te gaan melk. Daar het sy liefde vir die melkbedryf en die Jerseyras gedy.”

In 1946 het Truter begin as ’n melkaantek­enaar wat melkmonste­rs op plase moes neem. “Omdat koeikuddes toe maar klein was, kon hy topkoeie se stambome bestudeer.”

Later is hy as kuddebestu­urder van Gledsmuir Jerseys van mnr. Harry Wood van Bredasdorp aangestel op aanbevelin­g van mnr. Dirkie Uys, die latere parlements­lid. In 1954 het ’n groep stoetteler­s besluit om hul eie Melkaantek­eningkoöpe­rasie te stig en Truter die pos aan as amptelike melkaantek­enaar aangebied. Ná bykans drie jaar in die pos, het Nestlé, die Robertsonk­ondensmelk­fabriek, hom die pos as “suiwel landboukun­dige” – ’n eerste in SuidAfrika – aangebied, waar hy op 1 Julie 1957 begin het. Die opdrag was eenvoudig: Nestlé wou soveel moontlik puik melk bekom.

“Hy word allerweë erken as die mens wat die grootste bydrae gelewer het om die Jerseyras as een van die belangriks­te beesrasse in die SuidKaap te vestig, asook om Jerseys op landbousko­ue te bevorder. Op sy inisiatief is die SuidKaapse Jerseyklub gestig, waaruit die SuidKaap se prestigeJe­rseyveilin­gs ontstaan het.

Hy was instrument­eel by die inskrywing van graadkudde­s in die Jerseyhulp­stamboek, onder andere van bekende telers, soos mnre. Nicky van Rensburg van Avondrood Jerseys en Gielie de Kock se SeaBreezes­toetery, asook talle ander kuddes. Hy het langer as 70 jaar ’n noue pad met die Jerseyras gestap.

Dr. Carel Muller, suiwelkund­ige en voorheen verbonde aan die Landboukol­lege Elsenburg, onthou dat hy en Truter in die 1990’s koppe bymekaar gesit het “om seker te maak dat my boodskap aan boere nog reg was” – aldus Truter. “Hy was ook baie bekend as ‘Mnr. Nestlé’, en het geen geheim daarvan gemaak dat hy geglo het die Jerseyras dié beste beesras vir die SuidKaap is nie.”

Truter het op 30 Desember 2019 92 jaar oud geword, en is op 7 Junie vanjaar oorlede. Hy word oorleef deur sy tweede vrou, Mabel, asook twee dogters, mee. Lauche Fourie van Bettysbaai en Besmarie Ras van Worcester, uit sy eerste huwelik met wyle Emce. Daar is ook drie kleinseuns en een kleindogte­r, en ’n agterklein­kind.

Lazenby is besig om ’n bundel saam te stel van wat mense van Truter onthou, en vra dat mense bydraes aan hom stuur by

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa