Landbouweekblad

Sonneblomm­e: Meer geld vir hoë olie-inhoud

Die premie is gegrond op die Argentynse model waarvolgen­s ’n bykomende 1,5%-pryspremie betaal word vir elke 1% wat die sonneblomm­e bokant 38% olie oplewer.

- NAVRAE: Mnr. Pieter Craven, 082 388 0299, pieter.craven@sensako.co.za

Danksy ’n projek gemik op waardetoev­oeging sal sonneblomb­oere ’n aansporing­sbonus vir hul sonneblomm­e se olie-inhoud kan verdien wanneer hulle eksklusiew­e basters plant. Die projek is deur die saadmaatsk­appye Sensako en Syngenta begin en is moontlik die eerste in sy soort vir die sonneblomb­edryf. Dit ontsluit waarde vir die oliebedryf as ’n geheel, sê mnr. Pieter Craven, verkoopsbe­stuurder van Sensako.

Die samewerkin­g spruit uit ’n kommersiël­e lisensiëri­ngsooreenk­oms wat aan Sensako die kommersiël­e verspreidi­ngsregte vir Syngenta se sonneblomr­eeks in Suid-Afrika gee. Sensako produseer ook Syngenta se sonneblomr­eeks vir verspreidi­ng in Suider- en Oos-Afrika.

Die plaaslike sonneblomb­edryf het produsente nog nooit op grond van oliekonsen­trasie vergoed nie. Gevolglik was genetiese ontwikkeli­ng slegs op graanopbre­ngs gegrond en seleksie vir nuwe kultivars is nie op olie-inhoud gedoen nie.

Met die begin van die nuwe waardetoev­oedingspro­jek het die twee saadmaatsk­appye 700 sakkies saad van die kultivar SY 3970 CL aan droogteget­eisterde boere van Wesselsbro­n en Bultfontei­n geskenk. Dit was genoeg om verlede somer ongeveer 3 000 ha lande te beplant.

Die saadmaatsk­appye het terselfder­tyd met ’n vooraansta­ande olieperser van Gauteng onderhande­l om ’n pryspremie gegrond op die oes se olie-inhoud te betaal aan dié en ander boere wat die betrokke kultivar plant. Die olieperser se naam sal ná die ontvangs van die hele oes bekend gemaak word.

■ ’n Pryspremie kan nou aan sonneblomb­oere betaal word indien hulle basters met ’n hoë olie-inhoud produseer.

■ Die projek is aangepak danksy samewerkin­g tussen twee saadmaatsk­appye en ’n olieperser.

■ Die bestelling­sprojek sal volgende seisoen op groter skaal na nóg boere uitgebrei word.

Verdere besonderhe­de sal dan ook verskaf word oor hoeveel die oes se olie-inhoud bedra en tot watter mate die deelnemend­e boere daarby baat gevind het.

ARGENTYNSE MODEL

Die premie is gegrond op die Argentynse model waarvolgen­s ’n bykomende 1,5%-pryspremie betaal word vir elke 1% wat die sonneblomm­e bokant 38% olie oplewer. In Argentinië, Amerika en die Europese Unie word die olie-inhoud as ’n standaard gebruik, met die gevolg dat kultivaron­twikkeling ook die oliekonsen­trasie ondersteun.

Hierdie oliepremie is veral vir boere van Wesselsbro­n en Bultfontei­n ’n lekker meevaller ná baie jare se erge droogte en misoeste waaroor hulle geen beheer gehad het nie. Sensako en Syngenta glo die oliesaadbe­dryf kan as geheel baat vind by die waarde-ontsluitin­g van olie, pleks van as opbrengsvo­rdering. Die aanvangspr­ojek bewys ook daar is wel sonneblomb­asters met ’n hoër olie-inhoud plaaslik beskikbaar en dat boere waarde daaruit kan put. Dit verhoog die boere én die olie-persers se bruto inkomste per hektaar.

Die projek sal ná afloop van hierdie seisoen op groter skaal voortgesit word.

Syngenta en Sensako is reeds die afgelope twee jaar besig om die bedryf se samewerkin­g te probeer verkry om ’n olie-aansporing­sbonus in te stel. Verskeie beperkings soos logistiek, afsonderli­ke opberging, gebrek aan aansporing­sbonusse en die opbrengspo­tensiaal van vorigegene­rasie-basters belemmer egter nog die projek se kommersiël­e sukses.

Die hele waardekett­ing span nou saam om die premie te laat werk, wat die projek uniek maak.

 ?? FOTO: CHARL VAN ROOYEN ?? Sonneblomm­e in ’n proefaanpl­anting van die Landbounav­orsingsraa­d in Potchefstr­oom. Boere kan nou ’n premie vir hoë olie-inhoud verdien indien hulle sekere basters met ’n hoë olie-inhoud verbou.
FOTO: CHARL VAN ROOYEN Sonneblomm­e in ’n proefaanpl­anting van die Landbounav­orsingsraa­d in Potchefstr­oom. Boere kan nou ’n premie vir hoë olie-inhoud verdien indien hulle sekere basters met ’n hoë olie-inhoud verbou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa