3-stap-plan: Verdubbel vleispryse só — kenner
Ek dreig al baie lank om ’n artikel te skryf wat my siening weergee van hoe die rooivleisbedryf in Suid-Afrika moet verander om werklik mededingend te wees. Buiten dat ek ’n bietjie meer tyd as gewoonlik gehad het, het drie dinge in die Covid-19-grendeltyd gebeur wat my gehelp het om die pen op te neem.
Charl van Rooyen se artikel in Landbouweekblad oor mnr. Derick le Roux, 2019 se Suider-Afrikaanse Stoetteler van die Jaar, se streng beleid oor biosekerheid, en dr. Michael Bradfield, hoof van Breedplan Suider-Afrika, se artikel oor die lae heffings in die vleisbedryf, saam met die paar keer wat ek vleis (bees en skaap) van baie onsekere gehalte (lees taai) vanaf supermarkte en by restaurante voor die uitbreking van die koronapandemie geëet het, het my laat dink waarheen die vleisbedryf in Suid-Afrika moet beweeg.
Voor ek die vraag beantwoord, moet ek eers 22 jaar teruggaan. In 1998 is die wêreldkongres oor teling met plaasdiere (World
Congress on Genetics Applied to Livestock Production) in Armidale, Australië, gehou. Byna ál die Suid-Afrikaners wat met diereteling werk, het die kongres bygewoon. Die wetenskaplike program was uitstekend en die Australiërs het uitgehang.
Die Suid-Afrikaners was dit egter eens – die vleis (bees en skaap) wat aan ons voorgesit is, was ’n teleurstelling. Selfs een van die stad se uitsoekrestaurante kon nie ons mening verander nie. Die vleis was taai, droog en smaakloos. Al die Suid-Afrikaners het opgemerk ons eie vleis is baie beter as enigiets wat ons in Australië geëet het.
SAG EN SMAAKLIK
In 2015 was ek weer daar en alles het heeltemal verander. Selfs in die kleinste gehuggie (dorpies wat uit ’n hotel, poskantoor en polisiekantoor bestaan wat net een keer per week beman word) was die vleis fantasties – sag, geurig en vol smaak. Jy kon die trots in die oë van elke kok en restauranteienaar oor hul produk sien. Feitlik met elke ete het óf die kok óf die eienaar ons oor die oorsprong van die vleis kom inlig, asook watter snitte hy aanbeveel.
In Armidale, tydens Meat and Livestock Australia (MLA), het hulle aan ons vertel hoe hulle dit reggekry het om hul hele vleisbedryf om te draai. In 1999 het die Australiërs besef hulle moet iets drasties doen om hul vleisbedryf te red. In ’n meningsopname het 38% van verbruikers gesê hulle sukkel om goeie vleis te koop, 57% kon nie bepaal of die vleis wat hulle op die rak sien, sag is nie, terwyl 81% gesê het prys is nie ’n aanduiding van gehalte nie. Meer as 90% het vet met swak gehalte verbind. Dieselfde neiging is by lamsvleis gevind.
Byna ál die deelnemers aan die meningsopname het gesê hulle sal meer vleis eet as die gehalte gewaarborg kan word.
VERBRUIKERSTOETSPROJEK
Meat Standards Australia (MSA) het met ’n intensiewe verbruikerstoetsprojek begin. Proetoetse is op 700 000 stukkies vleis uitgevoer wat op agt verskillende maniere gaargemaak is. Hierdie toetse is in agt lande uitgevoer (onder meer Suid-Afrika) en 100 000 verbruikers het aan die bees- en 91 000 aan die lamsvleistoetse deelgeneem.
Die toetse het tot die formulering van ’n nuwe graderingstelsel gelei wat die gehalte van die vleis wat aan die verbruiker verskaf word, behoorlik beskryf.
Omdat die gehalte van die vleis bekend was, was dit moontlik om vleisgehalte as ’n eienskap in seleksieprogramme in te sluit. Die doelwit was onder meer dat ’n verbruiker nooit teleurgesteld met ’n biefstuk of ander vleissnit moet wees nie. Kom ons wees eerlik, rooivleis is ’n duur proteïen teenoor sy mededingers (hoender- en varkvleis).
Oorerflikheid vir vleisgehalte is hoog. Dít beteken dit is moontlik om vinnige vordering te maak. In 2015 het ons as besoekers in Australië die resultaat van 16 jaar se toegewyde seleksie vir vleisgehalte ervaar.
SUID-AFRIKA SE SITUASIE
Terug by die Suid-Afrikaanse situasie. Vir die land om werklik ’n rol op die wêreldvleismark te kan speel, moet drie dinge gebeur.
Die eerste en belangrikste aspek wat in die vleisbedryf kort, is ’n behoorlike naspeurbaarheidstelsel vir die héle bedryf. Alle skape, bokke en beeste in die kommersiële, ontwikkelende en kommunale bedryf moet ingesluit word.
Die onlangse uitbrekings van bek-en-klouseer het weer die belangrikheid van biosekerheid uitgewys. Dit het die bedryf na raming R6 miljard gekos. As daar ’n behoorlike stelsel in werking was, kon die betrokke dele van die land in kwarantyn geplaas word en dit sou dalk net vir ’n baie kort rukkie die uitvoer van vleis vanaf die res van die land beïnvloed het. Suid-Afrika sou beslis nie sy bek-en-klouseervrye status verloor het nie. Dit sal volgens sommige epidemioloë dalk dekades duur om dit terug te kry.
Tans is daar ’n paar vernuwende telersgenootskappe, boere en voerkrale wat hul eie naspeurbaarheidstelsel bedryf. Hulle is egter ’n baie klein minderheid en doen dit hoofsaaklik om aan nis- en uitvoermarkte se vereistes te voldoen. Die toepassing van die diere-identifikasie-en-naspeurbaarheidstelsel Lits SA (Livestock Identification and Traceability System), wat gesamentlike deur die regering en verskeie ander betrokkenes in die bedryf ondersoek word, duur al baie lank.
TE MIN GELD
Ongelukkig is die R4 miljoen wat op ’n inligtingsdag oor naspeurbaarheid vroeër vanjaar by die Universiteit van Pretoria vir die toepassing van die stelsel genoem is, heeltemal te min. Die administratiewe koste vir Namibië (’n werklike wêreldleier op die gebied) beloop meer as R10 miljoen per jaar. Onthou, Namibië het net 2 miljoen beeste in die kommersiële én die kommunale bedryf (almal is by dié land se stelsel ingeskakel), vergeleke met Suid-Afrika se 15 miljoen melk- en vleisbeeste. Verder moet die ongeveer 28 miljoen skape en 6 miljoen bokke ook in ag geneem word.
Gelukkig is daar maatskappye, soos BKB, wat reeds ’n stelsel begin het om die sleutelaspekte van die veebedryf se voorsieningsketting te digitaliseer. In die toetsfase is reeds meer as 20 000 lammers deur sy digitale naspeurbaarheidstelsel geneem – vanaf die plaas, deur die voerkraal tot by die abattoir. ’n Verdere 50 000 lammers is in die proses om dieselfde pad te loop, maar hierdie keer word die proses uitgebrei om die winkelrak en verbruiker in te sluit.
BAIE VOORDELE
Die voordele van ’n naspeurbaarheidstelsel is legio. Daarsonder is dit onmoontlik om ’n behoorlike dieregesondheidstelsel toe te pas en te onderhou. Afgesien van die uitbreking van bek-en-klouseer is daar verskeie ander siektes wat ook ’n stokkie voor die bedryf se winsgewende voortbestaan kan steek. Hierdie siektes sal slegs met ’n doeltreffende, werkende dieregesondheidstelsel bekamp of uitgeroei kan word.
Dit is uiters belangrik dat ál die inligting wat deur die verskillende private stelsels versamel word, in een nasionale stelsel geïntegreer word. Sodoende kan daar baie beter beheer uitgeoefen word oor die beweging van diere en siektes wat kan uitbreek.
Naspeurbaarheid is ook noodsaaklik vir die volhoubare uitvoer van vleis. Die vestiging van ’n uitvoermark is ongelooflik moeilik. Vanweë Suid-Afrika se gebrekkige stelsels word uitvoer tans beperk tot lande waarvan die reëls en regulasies nie so streng is nie. Dit beteken die Suid-Afrikaanse boer sal moeilik aan die meer winsgewende uitsoekmarkte, soos in die Europese Unie, kan deelneem. Of Suid-Afrika ooit na hierdie markte sal uitvoer, is twyfelagtig omdat Suid
Die tyd is verby dat ’n bedryf kan verwag dat iemand anders sy ontwikkelingswerk vir hom moet doen. As produsente nie self in hul eie bedryf wil belê nie, wie sal?
55 60 MSA-INDEKS