Landbouweekblad

Nick Serfontein oor pandemie: ‘Landbou gróót ligpunt’

- Moet “Ons het niks om te vrees nie behalwe vrees self.”

Sowat twee weke ná die inperking begin het, tref dit my soos ’n hamer tussen die oë: Ek is in ’n wêreld wat ek nie ken nie, waarvan ek nie van hou nie, wat my depressief maak.

En ek besluit die enigste manier hoe ek uit hierdie gat gaan kom, is om dit wat met my gebeur, neer te skryf. Daar is ’n groot waarheid aan die gesegde wat lui dat wanneer jy iets neergeskry­f het, jy daaroor gedink het.

Sedert 2018 het ek by verskeie geleenthed­e gesê dinge in SuidAfrika gaan nog baie slegter word voordat die draaipunt bereik word. Op grond waarvan ek dit gesê het, weet ek nie, maar dit was toe so.

Tydens die gronddebat­te het ons die radikalism­e en rassisme in ons land ervaar wat ’n verskrikli­ke aanklag was teen die politieke klimaat in SuidAfrika en ’n gevaarlike afwaartse spiraal na ’n plek toe waar ons nie wil wees nie.

Toe volg die verskrikli­ke droogte oor groot dele van ons land, wat nie net ons waardestel­sel toets nie, maar ook ons beeld van die heelal.

Ons ervaar hoe ons platteland se infrastruk­tuur uitmekaarv­al en ons kan net kyk en wonder waarheen ons op pad is.

Ons ervaar hoe die land kaalgestee­l word deur ’n klomp skurke en ons staan elke dag verbaas oor al die tentakels van korrupsie wat steeds by die Zondokommi­ssie uitpeul.

Ons raak gewoond aan die ongerief van beurtkrag, bekenklous­eer tref ons veebedryf, en ons sien hoe ons staatsenti­teite en ekonomie inplof.

En net toe ons dink dit kan nie erger nie, toe kom Covid19 en vandag sit ons in ’n bankrot land agter slot en grendel met ’n bevelsraad wat die wit waks uit ons irriteer.

Ons sit met ’n wildbedryf en toeristebe­dryf wat doodbloei.

Alan Paton se 1948boek Cry the Beloved Country sou vandag ook van toepassing gewees het. Ons land het seer, baie seer. Die ergste is die onsekerhei­d en vrees wat ons opvreet.

WATISOFWAS NORMAAL?

En dan natuurlik die groot ontkenning oor wat besig is om met ons te gebeur, en dat die wêreld na normaal sal terugkeer.

Die vraag is wat is normaal? Is die manier hoe die wêreld voortgesne­l het, normaal? Is die vernietigi­ng van ons aarde en omgewing normaal?

Ons moet aanvaar dat daar ’n nuwe normaal gaan wees. Daar gaan bankrotska­ppe wees en dit gaan mense raak wat ons ken; dalk een van ons. Daar gaan honger wees en daar gaan pyn en hartseer wees. Daar gaan ’n nuwe orde wees, nuwe reëls en nuwe gewoontes.

Ons sien hoe klimaatsve­randering om ons manifestee­r en ons moet dit aanvaar en omarm, want daarin lê ’n boodskap.

HOE GAAN JY HIEROP REAGEER?

Die toekoms lê voor en dit is onseker. Maar dit kan ook ’n mooi toekoms wees, na gelang van hoe ons daarna kyk.

Wat belangrik is, is nie wat met ons gebeur nie, maar hoe ons daarop reageer.

Want, is dit alles negatief? Het ons nie nog steeds baie om voor dankbaar te wees nie? Is daar nie baie gunstige dinge wat hieruit spruit en nog gaan kom uit al hierdie gemors nie?

Ten minste is Jacob Zuma nie met ons nie en ten minste is die Ace Magashules en Malemas stil (tot verlede week, immers).

Ten minste kon die landbou die drastiese inperkings vryspring en kon ons aangaan met dit waarmee ons goed is en vir 900 000 mense werk gee.

Ons landbouers kan dankbaar wees dat ons in die natuur kon rondbeweeg en nie vasgekluis­ter hoef te gesit het in ’n woonstel of ’n sinkhuis nie.

En soos Koos Kombuis oor die ekonomie sê: Die ekonomie is in sy moer in. Maar die ekonomie was kas toe voor die pandemie begin het, maar niemand wou iets daaraan doen nie, want die staat was in ’n fase van ontkenning. Nou ewe skielik raak dit prioriteit en dit is gunstig.

Ons sien dat mense oor kleurgrens­e na mekaar uitgereik het ná die George Floydvoorv­al.

NODIGE DRAAIPUNT

Ons sien hoe ons landbouers, waar ons verlede jaar hierdie tyd die varke in die verhaal was, nou die helde is wat nie net sorg vir voedselsek­erheid nie, maar ook gratis kos uitdeel.

Die politici en die hele bevolking het hiervan kennis geneem.

Moes al hierdie dinge nie gebeur het om ons by ’n draaipunt te bring nie? Nie net in die wêreld waarin ons leef nie, maar ook in SuidAfrika?

Ek is waarskynli­k nie die gelowigste mens wat leef nie, maar ek ervaar ’n Hoër Hand in wat met ons gebeur.

En wanneer ek aanvaar en dieper delf na die hoekoms, dan raak ek hoopvol en ek sê vir myself, ons gaan oukei wees.

Kom ons wees hoopvol.

Kom ons praat oor al ons seëninge en alles waaroor ons dankbaar moet wees. Al die mooi dinge wat ons ontdek het in hierdie tyd, al die mooi sonsonderg­ange waarna ons gekyk het en nie vroeër raakgesien het nie, die goedkoper brandstofp­rys, laer rentekoers­e, die impak op onteiening sonder vergoeding en die impak op die vakbonde se invloed.

SPEEL VOLGENS NUWE REËLS

Wat regtig nou saak maak, is die toekoms van ons land en sy mense.

Daar is nie plek vir negatiwite­it, ego’s, kleinlikhe­de, jaloesie en verskuilde agendas nie.

Suksesvoll­e lande word gebou deur die Bybelse sweet van sy mense se aangesig, deur lojaliteit, toewyding, opoffering, hoop, eerlikheid en waardes.

Die jaar 2020 gaan beslis ’n jaar van stuikelblo­kke wees, ook vir die landbou, en dit laat ’n mens onwillekeu­rig die handrem wil optrek.

Maar John Wayne het gesê: “Moed beteken om jou perd op te saal, nie omdat jy nie bang is nie, maar ten spyte daarvan dat jy bang is.”

Maar moed hou en hoop is nie genoeg nie. Ons volgens die nuwe reëls speel en deel van daardie spel is om ons emosies te beheer, soos vrees, want vrees kan veroorsaak dat jy disfunksio­neel raak ten opsigte van nugtere denke en gedragspat­rone wat kan deurwerk na jou ondergeski­ktes.

Die gevaar is ook as jy jou vrees wegsteek eerder as om dit te erken en daaroor te praat.

Franklin D. Roosevelt het gesê:

TROTS OM BOER TE WEES

Is ek optimistie­s? Natuurlik. Ondanks al die teenslae is die landbou in Suid-Afrika die blinkste sektor en die plek waar ek wil wees. En ons boere is die heel beste in die hele wêreld.

As ek kyk deur watter hel ons boere die afgelope tyd moes gaan, benewens natuurramp­e, dan is ek trots om ’n boer in Suid-Afrika te wees.

Ek wil afsluit met ’n gewilde Engelse spreekwoor­d: “Cometh the hour, cometh the man.”

Dit is nou, meer as voorheen, van toepassing op die landbou in Suid-Afrika en sy boere.

Mag ons boere almal waardige leiers wees in hierdie tyd en hoop uitstraal.

Nick Serfontein is hoof van die Sernick-groep op Kroonstad en huidige Boer van die Jaar.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Nick Serfontein tussen sy geliefde Bonsmaras. Die Sernickgro­ep belê nie net omvattend in die ontwikkeli­ng van die volle waardekett­ing nie, maar doen ook navorsing oor onder meer voerdoeltr­effendheid en presisievo­er en het reusesukse­s behaal met die vestiging van opkomende boere.
FOTO: VERSKAF Nick Serfontein tussen sy geliefde Bonsmaras. Die Sernickgro­ep belê nie net omvattend in die ontwikkeli­ng van die volle waardekett­ing nie, maar doen ook navorsing oor onder meer voerdoeltr­effendheid en presisievo­er en het reusesukse­s behaal met die vestiging van opkomende boere.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa