Landbouweekblad

Droogtegel­dskok: Provinsies kry net R139m.

- — JOYLENE VAN WYK

UIT die R1,9 miljard waarvoor sewe droogteget­eisterde provinsies vanjaar aansoek gedoen het, het die staat net R139 miljoen uitbetaal.

Dit blyk uit ’n antwoord op ’n parlementê­re vraag van me. Annette Steyn, DA-skaduminis­ter van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng, aan me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng.

Al die provinsies buiten die Vrystaat en Gauteng het om droogtehul­p aansoek gedoen. Die bedrae wat die onderskeie provinsies aangevra het, word in TABEL 1 hiernaas uiteengesi­t.

’n Rampdroogt­e is van Maart tot Mei afgekondig, maar is kort daarna heeltemal oorskadu deur die Covid-19-pandemie, en weinig hulp het boere bereik. Die rampverkla­ring is in Junie met ’n maand verleng en het op 4 Julie geëindig.

Kommersiël­e en kleinboere kla voortduren­d dat beloofde droogtehul­p hulle óf nooit bereik nie, óf hopeloos onvoldoend­e is.

HULPPAKKET

Op ’n vraag in die parlement van mnr. Wouter Wessels, LP van die VF Plus, aan adj.pres. David Mabuza, hoof van ’n interminis­teriële komitee oor grondhervo­rmingskwes­sies, het Mabuza verwys na die hulppakket in 2019 aan die landbou, wat die boor van boorgate in die Vrystaat en Limpopo ingesluit het. Die boorgate in die Vrystaat het 50 bestaans- en kleinboere toegang tot water gegee.

■ In KwaZulu-Natal is veevoer beskikbaar gestel vir kommersiël­e, klein- en bestaansbo­ere.

■ In Limpopo het 3 565 kleinboere veevoer gekry en 14 het voordeel getrek uit projekte vir die verskaffin­g van water aan vee.

■ In Noordwes het kommunale en bestaansbo­ere veevoer gekry, in Mpumalanga is veevoer verskaf en ’n voerbank geskep waaruit altesaam 1 094 bestaans- en kommersiël­e boere voordeel trek.

■ In die Wes-Kaap is veevoer verskaf aan 753 kommersiël­e en 719 kleinboere.

■ Mabuza het ook verwys na sy besoek verlede jaar aan die Noord-Kaap waar noodhulp van R30 miljoen toegestaan en ’n voerbank geskep is. Mielies en lusern is aangeplant vir veevoer. Hierdie inisiatief is volgens hom tot voordeel van 8 123 begunstigd­es.

In dieselfde tydperk het die regering egter ’n hulppakket van R5,5 miljard aan die sukkelende staatslugd­iens die SAL toegestaan, wat bestee is sonder om enige verbeterin­g aan die besigheid te toon.

Mabuza het gesê die regering sal voortgaan om so spoedig moontlik te reageer wanneer boere deur droogtes in die gesig gestaar word (sien TABEL 2 oor staatsdroo­gtehulp).

Hy het ook onderneem om voorvalle op te volg waar droogtehul­p weens korrupte bedrywighe­de nie aan boere verleen is nie.

DIE landbouteg­nologiereu­s Bayer het ’n reeks skikkingso­oreenkomst­e aangegaan in die meeste van die regsake wat in Amerika teen Monsanto aanhangig gemaak is.

Bayer sê in ’n verklaring hy stel $10,9 miljard (R188 miljard) beskikbaar om huidige en potensiële Roundup-litigasie te skik. Dit sal sowat 75% van die huidige Roundup-sake en altesaam sowat 125 000 eise skik.

Bayer sal ook die litigasie oor dikamba-dampdrywin­g vir $400 miljoen besleg en die meeste van die litigasie oor waterbesoe­deling weens polichloor­bifeniel (PCB), wat die maatskappy nagenoeg $820 miljoen gaan kos.

Die Roundup-skikkingso­oreenkoms is egter onderhewig aan goedkeurin­g deur regter Vince Chhabria van die distriksho­f vir die noordelike distrik van Kalifornië. Die skikkings bevat ook geen erkenning van aanspreekl­ikheid of oortreding nie.

Mnr. Werner Bauhmann, hoofbestuu­rder van Bayer, sê die

Roundup-skikkingso­oreenkoms bring ’n lang tydperk van onsekerhei­d tot ’n einde.

“Dit los die meeste eise op en vestig ’n duidelike meganisme om risiko’s van potensiële toekomstig­e litigasie te behartig.

“Die besluit om te skik met die Roundup-litigasie laat ons nou toe om ons ten volle toe te spits op die verskaffin­g van gesondheid­sorg en voedsel. Dit sal ook die gesprek oor die veiligheid en gebruik van onkruiddod­ers met glifosaat terugneem na die wetenskapl­ike en regulatori­ese arena.”

OPSIES

Kontantuit­betalings wat met die skikkings verband hou, sal na verwagting vanjaar begin. Bayer verwag

dat die potensiële koste nie meer as $5 miljard (R86 miljard) in 2020 en $5 miljard in 2021 sal beloop nie. Die balans sal daarna uitbetaal word.

Die maatskappy het ’n aantal opsies waaruit die skikkings betaal kan word.

Om die betalings te finansier, kan Bayer gebruik maak van surpluslik­iditeit, toekomstig­e kontantvlo­ei, inkomste uit die verkoop van sy dieregeson­dheidsafde­ling en die uitreiking van bykomende effekte.

“Terwyl ons werk om die litigasie agter ons te plaas, kan Bayer nou ’n koers vir die toekoms rig en die wêreldkwes­sies in gesondheid en voeding aanpak,” sê Bauhmann. –

 ?? FOTO: GCIS ?? Adj.pres. David Mabuza
FOTO: GCIS Adj.pres. David Mabuza

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa