Limpopo-boere spaar water, maar . . .
DIE droogte is nog nie gebreek in die westelike dele van die Oos-Kaap en aangrensende dele van die Wes-Kaap nie.
“Junie is al verby en dit is nou winter. Ons plant gewoonlik hierdie tyd van die jaar vir weiding. Ons het vanjaar in die droë grond geplant, maar niks gebeur nie,” sê mnr. Weeber Truter, ’n
bokhaarboer naby Herholdt in die Wes-Kaap. Al het daar ’n maand gelede ongeveer 20 mm geval, was daar geen noemenswaardige opvolgreën nie. Daar is geen grondvog nie.
“In dié deel van die land kom ons al vir vyf jaar aan met die droogte en hoe dit vorentoe gaan lyk, weet ek nie.”
Hy sê wel boere van Herholdt het goeie reën gekry, maar die
toestande lyk vir sommige boere by die Outeniqua- en Swartberge nog sleg.
VERDER OOS
Ook by mnr. Kobus Lötter, ’n Boerbok-en-Dorperboer naby Willowmore, is daar steeds droë kolle in die gebied, veral aan die noordekant van die dorp waar hy boer. “Ons het in Februarie ’n bietjie reën gehad, met geen
ter per sekonde. “Dit is amper die helfte wat ons spaar,” sê Kruger.
Om dit reg te kry moes elke gebruiker se gebruik akkuraat gemeet en bestuur word, en enige gebruiker wat sy kwota oorskry, word beboet.
Deur almal saam te werk en hulle tot spaarsamige verbruik van die water te verbind kan die gebruikersvereniging foute en tekorte uitbestuur, sê Kruger.
Hy wys daarop dat die besparing en die opoffering deur boere gemaak word en spreek sy kommer uit oor die gebrek aan dissipline van munisipaliteite wat ook water uit die Letaba-stelsel onttrek.
MUNISIPALITEITE HELP NIE
’n Toevoerpyp van Ebenezerdam na ’n watersuiweringsaanleg van die munisipaliteit Tzaneen lek blykbaar soos ’n sif en baie min van die water wat Kruger vir die munisipaliteit vrylaat, bereik die aanleg.
Daarvoor kan die verbruikersvereniging nie pa staan nie.
Boonop oorskry die munisipaliteit Polokwane aanhoudend sy onttrekkingskwota uit die Ebenezerdam in só mate dat dit boere bokant die Tzaneendam se oeste in gedrang kan plaas.
Die munisipaliteit Polokwane behoort eintlik water van Dap Naudédam af te kry, maar infrastruktuur tussen die stad en die dam is nou al vir jare so vervalle dat dit nie tot sy volle kapasiteit gebruik kan word nie.
Daar is ook nog nie begin met werk aan Tzaneendam se wal waarvan die oorloop al vyf jaar gelede afgebreek is om die damwal hoër te bou nie.
Die dam kan tans net 60% van sy oorspronklike kapasiteit hou.
duur om vrugte te dra en nie regstreeks uit die kapitaalmark gefinansier behoort te word nie.
Van Zyl meen dat die bank ’n gesubsideerde instelling vir ontwikkelingsfinansiering moet wees om goedkoper leningskapitaal na die bedryf te bring en uitbreiding te bevorder.
ONERVARE BESTUUR
Boekjaar
Nasionaal