Landbouweekblad

Sindikate agter dieselteko­rt

- 0800 203 843, 031 361 1500 08600 10111. NICO VAN BURICK

DIE ongekende diefstal van brandstof deur goed georganise­erde misdaadsin­dikate en die beskadigin­g van pyplyne in die proses is klaarblykl­ik die grootste oorsaak vir die dieselteko­rt in die binneland wat die oesproses ontwrig en voedselsek­erheid bedreig, sê dr. John Purchase, uitvoerend­e hoof van die landbousak­ekamer Agbiz.

“Die hoofpyplyn van Durban na Germiston was weer toe weens diefstal in die Van Reenenspas­omgewing,” sê Purchase. “Skepe wat geraffinee­rde brandstof inbring, kon nie aflaai nie, want hul vragte word regstreeks in die pyplyn ingepomp. Die beskikbaar­heid in Durban is goed, maar die logistiek om die diesel per vragmotor of tenkwa uit die hawegebied te kry, is ’n nagmerrie.

“Blykbaar is brandstofd­epots en -pompstasie­s nasionale sleutelpun­te, maar nie die pyplyn self nie. Iets drasties sal gedoen moet word om die pyplyn te beskerm.”

30 GEVALLE

Mnr. Christo van der Rheede, adjunkuitv­oerende direkteur van Agri SA, sê sedert April vanjaar was daar reeds meer as 30 gevalle van diefstal uit die pyplyne, waartydens meer as 2 miljoen liter brandstof gesteel is. Daar is ’n ondergrond­se netwerk van 3 800 km petroleum- en gaspyplyne en diewe rig groot skade aan. “Diesel moes met vragmotors vanaf ons hawens vervoer word, wat die koste verhoog.

“Boere wat produkte soos mielies, sitrus en ander gewasse oes, word veral ernstig benadeel weens die verhoging in koste en beperkte beskikbaar­heid van diesel in sekere provinsies.

“Die werklike situasie verskil van die prentjie wat dikwels geskilder word deur diegene wat verantwoor­delik is vir die bestuur van dieselvoor­siening. Boere sukkel om diesel te koop.”

Agbiz kry ook terugvoer dat boere sukkel om diesel te kry ondanks die reëling met die Suid-Afrikaanse Petroleumb­edryfsvere­niging dat voorsienin­g aan die landbou voorkeur sal geniet.

“Ons het depotname deurgegee wat sleutelpun­te vir die landbou is. Dit lyk of die probleem nog ’n week of wat met ons gaan wees,” sê Purchase.

NAGMERRIE

Mnr. Corné van der Walt van Agri Petroleum, ’n grootmaatv­erskaffer in Bothaville wat 90% van sy diesel aan boere verskaf, sê dit is ’n nagmerrie om diesel in die hande te kry. “Ons probeer die beskikbaar­heid bestuur om ons boere te help, maar die situasie is nou die ergste wat dit nog was. Gelukkig het die stropery in ons gebied nog nie sy hoogtepunt bereik nie.”

Hy reken dit het meer ’n logistieke probleem geword en dat die prysverhog­ing van R2/liter op 1 Julie ook die vraag by verbruiker­s verhoog het.

Die DA het ’n dringende parlementê­re debat gevra oor die tekort en die voedselkri­sis waartoe dit kan lei. Die parlementê­re portefeulj­ekomitee vir minerale hulpbronne en energie het egter gesê hy is tevrede met die departemen­t van minerale hulpbronne en energie se versekerin­g dat dit ’n tydelike logistieke kwessie is en wil die saak eers op 19 Augustus bespreek.

Mnr. Kevin Mileham, DAskadumin­ister vir minerale hulpbronne en energie, glo die departemen­t en die komitee is uit voeling met die werklikhei­d.

Intussen het Agri SA en sy provinsial­e affiliasie­s saam met Transnet ’n veldtog begin om boere aan te moedig om enige poging om die pyplyn te beskadig om diesel te steel, aan te meld by

of SAPS Crime

Stop

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa