Reddingsboei bring tydelike verligting vir Land Bank
DIE regering se reddingsboei aan die Land Bank sal tydelike verligting vir die bank in sy likiditeitskrisis bring.
Mnr. Tito Mboweni, minister van finansies, het met die bekendmaking van Suid-Afrika se aanpassingsbegroting gesê die bank, wat 29% van die landbouskuld hou, sal teen R3 miljard herkapitaliseer word.
Mnr. Theo Vorster, uitvoerende hoof van Galileo Capital, het gesê hy sou verbaas gewees het as die regering nié ’n reddingsboei aan die Land Bank toegestaan het nie.
Vorster het in ’n interaktiewe True Normal-webinaar van Galileo Capital en VanderMerwe & Robertson Ing gesê die bank voldoen aan twee belangrike vereistes wat die tesourie verlede jaar in sy groeiplan vir die ekonomie gestel het vir staatsondernemings om staatsgeld te kry: ’n Onderneming moet bydra tot opheffing, groei en werkskepping, en wat hy doen, moet noodsaaklik wees.
Mnr. Aggrey Mahanjana, besturende groepdirekteur van die nasionale opkomende rooivleisprodusente-organisasie (Nerpo), het gesê die reddingsboei toon daar is ’n politieke wil om voedselsekerheid te verseker.
Nerpo het deurentyd gevra dat die bank gered word omdat dit so belangrik vir boere is.
WERKSKEPPER
Volgens Vorster is die landbou die sektor waarin werk die maklikste geskep kan word vir arm, desperate mense in landelike gebiede, terwyl dit ook help met voedselsekerheid.
Die Land Bank leen sowat R45 miljard aan boere, hetsy regstreeks of deur landbou-ondernemings.
“Dié hele meganisme kan (weens die bank se huidige likiditeitskrisis) tot stilstand kom,” het Vorster gesê. “As finansiering, of maklike finansiering, vir produksiemiddele nie beskikbaar is nie, kan die hele voedselwaardeketting maklik verstop raak.”
Die bank se likiditeit behoort volgens hom wel baat te vind by vanjaar se goeie landboujaar, met goeie sitrusuitvoer en ’n baie groot mielie-oes.
FINANSIERINGSMODEL
Mnr. Omri van Zyl, uitvoerende direkteur van Agri SA, het in ’n webinaar van PSG Insure gesê die reddingsboei sal die Lank Bank deur ’n fase help, maar is nie ’n volhoubare langtermynoplossing nie.
Die bank se likiditeitsprobleme is ’n groot risiko vir die landbou en moet in die volgende drie tot ses maande aandag kry.
Mahanjana het gevra vir ’n omkeerstrategie wat die bank bevooroordeeld ten gunste van kleinboere sal maak.
Vorster en Van Zyl meen albei daar moet gekyk word na die bank se finansieringsmodel en sy mandaat.
Die bank verkry sy geld in die kapitaalmarkte, maar moet benewens die kommersiële sektor ook ontwikkelingsboere finansier. Van Zyl het gesê dit vereis eintlik twee verskillende sakemodelle.
Vorster het daarop gewys dat ontwikkelingsprojekte jare lank
Vorster is bekommerd dat die Land Bank se senior bestuurspan, hoewel hulle uiteindelik heeltydse personeel is, nie ervare genoeg is nie. “Die landbousektor is selfs in goeie tye baie onbestendig. Die onervarendheid kan tot oorhaastige besluite lei, wat nie in die langtermynbelang van die landbou sal wees nie.”
Hy beskou die bekendmaking van die aanpassingsbegroting tot groot mate as bloot die ter tafel lê van reeds aangekondigde ondersteuningsplanne.
Mboweni se toespraak was vir hom ’n duidelike boodskap aan die ANC en die kabinet dat die land se huidige koers onvolhoubaar is.
Mboweni het gesê dat bestedingsaanpassings van sowat R230 miljard oor die volgende twee jaar gevind moet word, en dat belastingsmaatreëls van R40 miljard oor die volgende vier jaar nodig is.
Belegging in infrastruktuur word egter gesien as die “vlieënde wiel” waarmee ekonomiese groei bevorder kan word.
sal met 7,2% inkrimp. ’n Wêreldwye ekonomiese inkrimping van 5,2% word verwag.
“Dit sal die breedste daling in per capita-inkomste sedert 1870 meebring,” het Mboweni gesê.
Werkloosheid het in die eerste drie maande vanjaar met ’n persentasiepunt tot 30,1% gestyg.
SÓ LYK DIE BEGROTING
■ Die nasionale toelae styg van R758 miljard tot R790 miljard, die provinsiale toelae verminder van R649 miljard tot R645 miljard en die toelae vir
plaaslike regering verhoog van R133 miljard tot R140 miljard.
■ R9 miljard word hertoegewys binne die voorwaardelike toelaes vir bykomende water- en sanitasievoorsiening, asook vir die sanitasie van openbare vervoer.
■ Altesaam R21,5 miljard gaan vir Covid-19-verwante gesondheidsorgbesteding.
■ R12,6 miljard gaan vir diegene wat in die voorste linie teen Covid-19 werk.
■ Provinsies kry sowat R5 miljard om onderrig in te haal,
maatskaplike ondersteuning aan gemeenskappe te bied en vir die verskaffing van kwarantyninfrastruktuur.
■ Die regering het reeds R100 miljard oor tien jaar beloof vir die infrastruktuurfonds. Saam met die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika is projekte geïdentifiseer wat gefinansier sal word deur die begroting vir infrastruktuur. Sien bl. 85 vir die georganiseerde landbou se kommentaar op die begroting.