Landbouweekblad

Wildboere soek nou geharde vee

-

Daar was kort voor druktyd sprake van ’n diplomatie­ke krisis tussen Thailand en twee van sy grootste graanversk­affers, Amerika en Brasilië, nadat die Thaise regering op 1 Junie die onkruiddod­er parakwat en die insekdoder chlorpirif­os op sy lys van gevaarliks­te middele geplaas het. Dit sal lei tot ’n verbod op die invoer van kosprodukt­e wat residu van dié chemiese stowwe bevat. Die regering het aangevoer dit is om menslike gesondheid te beskerm.

Amerika en Brasilië, wat saam meer as $1 miljard (sowat R17,22 miljard) se koring en sojabone na Thailand uitvoer, het albei by die Thaise regering beswaar gemaak oor hierdie stap. Die twee lande sê dit kan landbou-uitvoer ernstig benadeel, koste binne hul voedselwaa­rdeketting met miljarde dollar opstoot en tot miljoene werkverlie­se lei. – Reuters

| Glifosaat: Kankerwaar­skuwing nie geregverdi­g

DIE afgelope paar jaar se probleme in die wildbedryf skep ’n al hoe groter vraag na kommersiël­e vee as alternatie­we boerderyve­rtakking vir wildboere.

“Die wildbedryf kry tans baie swaar en daar is ’n al hoe groter vraag na sekere kleinveera­sse, soos Boerbokke, Dorpers en Meatmaster­s, wat meer gehard is teen siektes en beter in die noordelike dele van die land sal kan aanpas,” sê dr. Cobus Oberholste­r van BKB.

Hy sê egter die bou van kleiner kampe wat meer gepas is vir kleinvee, kan ’n probleem wees vir wildboere, aangesien die daaraan verbonde baie hoog is.

Volgens mnr. Kobus Lötter, voorsitter van die Oos-Kaapse Boerbokklu­b, is daar tans ’n groot vraag na veral goeie Boerbokooi­e uit die Oos-Kaap, en die aanbod is beperk. Dié vraag word veral aangedryf deur die wildbedryf wat geknou is. Daar is ’n tekort aan telers weens die droogte en omdat dié ras ook met ander bokrasse in die provinsie meeding.

“Die Oos-Kaap bied meer geharde Boerbokke, aangesien daar nog ekstensief met hulle geboer word.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa