Vrae oor veranderinge wat wag op voedselmark
Hoewel die landbou as noodsaaklike diens verklaar is, het die grendeltydperk ontwrigting veroorsaak. Weens restaurantsluitings het die vraag na braaihoenders en aartappels gedaal. Die vraag na mieliemeel het egter gestyg omdat mense goedkoper kos begin soek.
Met die begin van die grendeltyd was dit duidelik dat die landbou en die produksie, verwerking en verspreiding van voedsel ’n noodsaaklike diens is wat nie onderbreek moet word nie. Sedertdien het verskeie berigte in die media verskyn oor stygings in voedselpryse en oproepe om prysbeheer. Mnr. Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, het met prysbeheer begin peuter, wat ’n baie gevaarlike neiging is.
Die debat het ook verder gegaan oor hoe die verskillende landbou- en voedselprodukte geraak word deur die verbod op baie besighede om handel te dryf, want dit het die vraag na van die produkte oornag tot stilstand gebring.
Dit het ’n terugwerkende kettingreaksie in baie landboubedrywe veroorsaak. Die verbod op restaurante en die verkoop van warm kos het die braaihoenderbedryf en die vraag na aartappels vir skyfies erg geknou. Die vraag na gesogte rooivleissnitte het skerp gedaal weens die sluiting van restaurante, wat ’n bottelnek terug na voerkrale veroorsaak het. Produsentepryse van varkvleis het skerp gedaal deurdat ’n skielik “ooraanbod” op die mark ontstaan het.
Hierteenoor het die vraag na byvoorbeeld mieliemeel skerp gestyg. Mense het goedkoper voedsel begin soek omdat baie hul werk verloor het en/of heelwat minder besteebare inkomste het.
Ongelukkig het plaaslike landbou-ekonome betreklik min insig in die verskuiwings in voedselvraag, iets wat landbouprodusente regstreeks raak. Die afgelope drie dekades het verstedeliking en die inkomste van die bevolking sterk gegroei, wat veranderinge in die voedselvraag aangedryf het. ’n Tyd gelede is verwag dat die vraag na witmieliemeel sou stagneer, maar die teendeel is bewys en die verbruik van die produk bly styg.
Eintlik word daar in Suid-Afrika baie min navorsing gedoen oor die vraag na voedsel, veranderinge en die reaksie op verandering van inkomste en prys. Die buro vir voedsel- en landboubeleid (BFAP) doen wel navorsing en bied beperkte publikasies hieroor.
■ Die afgelope drie dekades het die vraag na voedsel in Suid-Afrika drasties verander weens verstedeliking en ’n toename in die besteebare inkomste van verbruikers.
■ Daar is ’n sterk korrelasie tussen mense se inkomste en hul besteding aan voedsel.
■ Wolpryse is weens die resessie onder druk omdat wolkledingstukke ’n luukse produk is.
behoort baie meer aandag aan navorsing te gee, want dit help nie jy investeer (of nie) in ’n bedryf waarvan die groeivooruitsigte en vraag op kort en medium termyn verander nie.
RESESSIE EN VERARMING
Die afgelope drie dekades is gekenmerk deur ’n vinnige pas van verstedeliking in Suid-Afrika. Die middelklas het skerp toegeneem en dit het die vraag na voedselprodukte verander. Die per capita-inkomste het gestyg (hoewel teen ’n ál stadiger pas) en die bevolking se eetgewoontes het al hoe meer geneig na waardetoegevoegde en proteïenprodukte.
’n Deel van die bevolking (ook ’n groeiende deel) het egter arm gebly. Hulle het ’n ander eetpatroon. Weens die grootskaalse verarming wat die staat se inperkingsmaatreëls tot gevolg het, kan verwag word dat die vraag na verskillende voedselprodukte – en dus ook landbouprodukte – verander.
Die volgende twee tot drie jaar sal na verwagting ’n baie moeilike ekonomiese tyd wees. In die res van 2020 en selfs die eerste deel van 2021 gaan die ekonomie in ’n diep resessie wees, die per capita-inkomste gaan daal en werkloosheid gaan skerp toeneem. Na gelang van ekonomiese beleidshervormings kan sake op medium termyn verander.
Dit sal naïef wees om te verwag dat die vraag na voedsel nie geraak gaan word deur ’n skerp daling in besteebare inkomste nie.
Daar is ’n noue korrelasie tussen inkomstevlakke en besteding aan voedselprodukte. Hoe welvarender mense is, hoe meer geld gee hulle op kos uit, maar dit is ’n kleiner persentasie van hul besteebare inkomste. Hoe armer jy is, hoe groter is die persentasie van jou besteebare inkomste aan voedsel. Die samestelling van jou kosmandjie verander ook drasties.
Ons kan dus verwag dat die vraag na voedsel en die samestelling van die kosmandjie in die volgende jaar of twee gaan verander, wat sal deurwerk na plaasvlak. As daar nie inmenging is nie, gaan prys die boodskapper van die veranderinge aan die boer wees.
SA BESTEDING AAN VOEDSEL
Die GRAFIEK toon die breë samestelling van die Suid-Afrikaanse voedselmark, wat volgens die Kortbegrip van Landboustatistiek in 2018 sowat R650 miljard beloop het. Onthou, dit sluit invoer van etlike miljarde rande se hoendervleis, rys en koring in.
Die besteding aan vleis is die grootste en die meeste by welvarender verbruikers. Groot verskuiwings het die afgelope twee dekades binne die vleismark plaasgevind na hoenderen varkvleis, want dit is goedkoper vleis.
Die besteding aan graanprodukte is wesenlik. Die vraag na witmieliemeel het teen die verwagting in die afgelope dekade bly groei namate die aantal armer mense en die immigrante uit Afrikalande toeneem.
Met die verwagting dat 2 miljoen tot 3 miljoen mense weens die staat se inperkingsmaatreëls werkloos kan raak, beteken dit verdere verskuiwings gaan in die afsienbare toekoms in die vraag na voedsel plaasvind, waarskynlik na meer basiese en graangebaseerde voedsel.
Die besteding aan (en invoer van) suiwelProdusente
SAMESTELLING VAN
Besteding aan voedselgroepe in 2018 (R650 miljard)
BRON:
■ VLEIS
■ SUIWEL/EIERS
■ GROENTE/VRUGTE
■ GRAAN
■ OLIES
■ KOFFIE/TEE
■ SUIKER
■ AARTAPPELS
■ ANDER
Hoërmiddelinkomste
Welvarende huishoudings
12/06 16,87 19/06 17,32 26/06 17,30
29/05 19/06 26/06*
WEEK GEËINDIG