Landbouweekblad

Padstal: ‘Meerkatkoo­r’ wil besoekers laat hóór

-

Op die N9 tussen Aberdeen en Willowmore is daar ’n padstal waar die meerkatte by die rankende klippe vergader om die besoekers te lok.

By die Oppi-Vlakpadsta­l, sowat 70 km buite Aberdeen op die N9-hoofroete in die Oos-Kaap, sing ’n meerkatkoo­r. “Eers as jy stil word, sal jy hulle kan hoor,” dui ’n bordjie by die ingang aan.

Hierdie “meerkatte” is die vriende, medeboere en besoekers wat almal hier aandoen om bene te rek, ’n roosterkoe­k te koop of ’n droogtesto­rie te hoor. Die padstal behoort aan mnr. Danie Meiring en sy bedrewe vrou, SanMarie, of net Sanna. Sy het van kindsbeen af lugkastele gebou oor hoe sy eendag haar eie padstal wil bedryf.

Die eienaars se warm gasvryheid, die kameeldori­ngboom in die agterplaas waaronder jy kuier, en die roosterkoe­k staan uit. Dit kan wárm raak in dié geweste, en die koelte van dié boom bied die gewenste oase op die kaal vlakte.

ROOSTERKOE­K-LEKKERTE

As jy buite sit, knetter die vuurtjie vir die bak van die roosterkoe­k ook te lekker. Die

met die dorsmasjie­ne verkoop.

In 1863, toe Case se maatskappy al een van die grootste organisasi­es in Amerika was, het hy ’n vennootska­p met familieled­e gesluit waar elke vennoot ’n deel van die bedryf bestuur het. In 1880 is die volwaardig­e J I Case Threshing Machine Company gestig. Tot sy dood op sy 72ste verjaardag was Case die leier van die organisasi­e wat hy ’n halfeeu tevore as eenmansaak gestig het.

VUURVLAMRO­OI GEVERF

Aanvanklik het Case hom toegespits op die aanwending van stoom in die landbou. Eers het hy stilstaand­e stoommasji­ene gemaak en toe stoomtrekk­ers. Dit was, soos die dorsmasjie­ne en later ook ploeë, ’n suksesverh­aal. In 1886 was Case die grootste vervaardig­er van stoomenjin­s ter wêreld. Die laaste van die sowat 30 000 stoomtrekk­ers uit Case se fabrieke is in 1927 gemaak.

In 1911 het die Case-organisasi­e sy eerste trekker met ’n binnebrand­enjin op die mark gehad. Van die oudste Case-trekkers in Suid-Afrika het ’n enjin wat in die dwarste gemonteer is. Van hierdie modelle, van 1929 af vervaardig, is vandag gesogte versamelaa­rstukke. Aanvanklik is Case-trekkers in ’n donkergrys kleur geverf, maar in 1939 is oorgeskake­l na die kenmerkend­e vuurvlamro­oi, soos die Nederlande­rs dit noem.

Toe Case in 1891 oorlede is, het hy ’n paar termyne as burgemeest­er van sy stad en as senator in sy deelstaat agter die rug gehad. Hy was ’n kenner en ondersteun­er van die kunste, die wetenskap en die bankwese. En renperde.

Die Case-organisasi­e is in 1970 deur Tenneco oorgeneem en is tans saam met New Holland in besit van CNH Global, waarvan die grootste aandeelhou­er Fiat Industrial is.

Hennie Richter van Yzerfontei­n is redakteur van die gereelde nuusbrief van Savtek, die Suid-Afrikaanse Federasie van Veteraantr­ekker-en-enjinklubs.

 ??  ?? Dié oulike kennisgewi­ng verwelkom besoekers aan die Oppi-Vlak-padstal.
Dié oulike kennisgewi­ng verwelkom besoekers aan die Oppi-Vlak-padstal.
 ??  ?? LINKS: Mnr. Danie en me. Sanna Meiring. Sanna het van jongs af oor ’n eie padstal gedroom.
LINKS: Mnr. Danie en me. Sanna Meiring. Sanna het van jongs af oor ’n eie padstal gedroom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa