Landbouweekblad

Hart tot hart

-

Ek merk die figuur onder die boom op toe ek by die poskantoor stilhou. Werksoeker­s het ’n algemene gesig geword.

Voor ek die deur kan oopmaak, staan die man by my. Geduldig laat sak ek die ruit. “Verskoon tog, Meneer,” begin hy praat en lig my in dat hy nog ’n werk het, maar dat hy oor drie maande beskikbaar is. Miskien stel ek dan in hom belang. Duidelik ’n man wat vooruit dink. Die wildheinin­g waarmee hy besig is, staan einde se kant toe.

“Vandag se dae is moeilik, Meneer. Jy moet vooruit vir ’n skroppie luister.”

Die man is netjies aangetrek en sy skoene blink. Op sy blou pet staan groot in rooi geskryf: Jesus is King. ’n Goeie man? Hy kou ’n vuurhoutji­e.

“Ek soek nie geld nie, Meneer,” vervolg hy. Hy klap-klap teen sy broeksakke. ’n Dosie vuurhoutji­es raas binne. Hy vroetel in sy broeksak en kom met die vuil dosie te voorskyn. Dit word stadig oopgeskuif met sy voorvinger. Binne-in is vuurhoutji­es en ’n halfgerook­te sigaret.

“Meneer hoef nie te worry nie, ek sallie voor Meneer rook nie. Hierdie is maar net alles om my hande besig te hou en die rooklus eenkant toe te skuif.”

Plaaswerk is sy kos. Enige plaaswerk. Van windpompwe­rk tot skaapvang. Motordryf is eintlik sy ding. Hy wys met sy hande hoe hy bestuur. Uit sy handgebare lei ek af hy het nou ’n lekker wye draai gegooi.

Daar is net twee goed wat hy nog nie getraai het nie: ’n Trein en ’n vliegtuig. “Eerlikwaar, Meneer,” beaam hy. ’n Trein nog miskien, maar ’n aeroplane sal hy liewer los. Hoe gaat hy nou maak as die ding daarbo in die lug met hom loop weghol? By ’n trein kan hy darem nog afspring.

AANGENAME KENNIS

Nou wat is jou naam, vra ek. Klaas, antwoord hy. Klaas Matjan van Britstown. Sy pa was ’n skeerder en hy het kleintyd saam met sy pa tussen die plase rondgetrek. Hy onthou nog sy pa se twee donkies, Breker en Briek. Breker was ’n hings van ’n donkie. Die tyre-sambok trek nog so deur die lug, dan vat Breker al voor. Daai ou Briek was nou ’n lui esel. Ai, hy was ook maar bly toe sy pa af-pension en hulle van die ou donkiebesi­gheid ontslae kon raak.

So het hy ook maar tussen die plase begin plaaswerk doen. Sy vrou is ongelukkig onlangs dood. Ai, hy verlang ook maar so nou en dan na sy ou hoenderhen. Hy het drie kinders wat al werk. Net sy dogter sien nie kans vir ’n trouery nie. Hy neem haar ook nie kwalik nie, want die loafers is die wêreld vol. “Nou wie is Meneer?” wil hy later weet. Ek verduideli­k vir hom. Nee, maar hy is seker sy pa het by ons geskeer. Onthou ek dan nie die twee honde wat hulle gehad het nie? ’n Grote en ’n kleintjie. Hy wys met ’n regop hand, hoog en laag, presies hoe groot die honde was.

Harder en Dieper. Harder was die basterwind­hond wat nie ’n haas verbygeloo­p het nie. Dieper, of ou Dieps soos hulle hom genoem het, was meer ’n huishond. “Meneer sien?” maak hy seker of ek nog luister. Ek maak of ek hard dink, maar niks lui ’n klokkie nie.

WEESKIND

Klaas sê hy is nou 48 jaar oud. Desember maak hy 49. Hy lyk vir my baie ouer. Sy ma en pa is lankal oorlede. Eintlik is hy nou ’n weeskind.

Die ou het hom intussen gemaklik gemaak in die mik van ’n denneboom. Hy leun lekker terug met sy arms gevou. “Nou Meneer vra dan nie eens waar ek bly nie. Hoe gaan ons by mekaar uitkom?”

Hy klink bekommerd. Ken ek die wêreld daar agter by Ons Winkel in die woonbuurt, wil hy weet. Ek knik. “Meneer weet seker waar oom Sakkie, wat by die koppirasie werk, bly?” Ja, ek weet waar Sakkie bly, antwoord ek. Nou ja, in daai omtes is sy blyplek.

Skielik is Klaas haastig. Hy reken ons ken mekaar nou goed genoeg. Net voor hy aanstaltes maak om te loop, maak hy weer doodseker ek sal sy blyplek kry.

Piet Roux boer met skape op die plaas Biega by Prieska.

Hier waar ek by my studeertaf­el sit en werk, lê eergister se koerant langs my. Ek is nog besig om die berig te lees oor die koronaviru­s wat soos ’n bergbrand versprei, toe die telefoon lui. Dit is ’n vriend wat wil weet hoe dit in hierdie kommervoll­e tyd met ons familie gaan en wat ek van die virus se plan vorentoe dink.

My antwoord is kort en eerlik: “Met ons familie wat hier in gevangensk­ap sit, gaan dit goed, maar van die virus se planne weet ek net so min as jy – of selfs minder. Dié ding het, soos ’n seekat, vele tentakels, waarvan gesondheid maar een is.

“Dan het ons nog nie eens gepraat oor die verslegten­de ekonomie, die veiligheid­situasie, die sielkundig­e letsels, die hongersnoo­d wat soos ’n dreigende tsoenami op ons afstuur en nog vele ander aanvalspun­te nie.”

My vriend dink blykbaar hy kan my moed inpraat met die volgende mening: “Miskien is dit tog nie so sleg as wat ons vrees nie. Kyk na die statistiek­e en jy sal sien dat die getal sterftes eintlik min is vergeleke met die getal besmetting­s.”

Ná nog ’n paar minute se gesels sluit ons die gesprek af en groet met wedersydse goeie wense.

In my gemoed steek daar egter nog iets vas wat my erg pla. Wanneer is “min” steeds te veel, en hoe raak dit verskillen­de families?

As één mens sterf, is dit in die aantekenin­g van die statistiek­e inderdaad min, maar as daardie een jou geliefde is, dan is dit een te veel. Só gesien word een baie vinnig ’n groot klomp. Ja, dis één vir die boekhoudin­g en só sal dit in die geskiedeni­s opgeteken staan. Wat die statistiek­e egter nie ten toon kan stel nie, is die onbeskryfl­ike pyn in die hart van ’n geliefde.

Dit is teen hierdie agtergrond dat ons geroep word om die woord “min” te herdefinie­er. Jy kan só verswelg word deur die groot getalle dat jy nie die enkelinge om jou raaksien nie.

Kom ons sê dit dan weer vir mekaar: “Wees ’n medemens vir ander mense in nood en begin by die een wat naaste aan jou is.”

Daar is net twee goed wat hy nog nie getraai het nie: ’n Trein en ’n vliegtuig.

Voltooi die rooster sodat elke ry dwars, elke kolom af en elke 3 x 3 kassie die nommers 1 tot 9 bevat. Dis al wat jy moet doen. Geen wiskunde is nodig nie.

Die rooster is vol syfers, maar niks hoef bymekaarge­tel te word nie. Jy los die raaisel met logika en beredeneri­ng op.

Lees meer by http://en.wikipedia.org/wik/Sudoku

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa