Landbouweekblad

Van oraloor

- — JOHAN VAN DER MERWE

’N VOORMALIGE politikus is nou aan die stuur van die Johannesbu­rgvarsprod­uktemark.

Me. Leanne Williams, voorheen van die Patriotic Alliance, is aangestel as die nuwe uitvoerend­e hoof nadat die vorige uitvoerend­e hoof, mnr. Ayanda Kakana, ’n pos in die private sektor aanvaar het.

Williams beoog om strategies­e vennootska­ppe tussen die Johannesbu­rgse stadsraad, die mark, agente en produsente uit te bou. “Beduidende klem sal gelê word op die uitbou van die verhouding met die kopers en verskaffer­s wat aan die informele mark voorsien om toekomstig­e ontwikkeli­ngskerns te skep vir opkomende boere en agente.

“Veranderin­ge word beoog aan die mark se sakemodel en veranderin­g is nie altyd maklik nie. Die huidige pandemie se einde is nog nie in sig nie en ons moet die voorgeskre­we regulasies insluit by hoe ons sake doen. In hierdie kwessies lê die geleenthed­e vir die mark in die vennootska­ppe tussen al die belanghebb­endes.”

Williams wil die bedreiging wat regstreeks­e lewerings vir die mark inhou, aanpak met tegnologie en innovering, maar bowenal met ’n skoon, veilige omgewing waarin alle belanghebb­endes in die waardekett­ing graag wil handel dryf. “Op kort termyn moet instandhou­ding gedoen word, en verkoeling­sgeriewe en piesangryp­maakkamers moet vernuwe word,” sê Williams.

Williams was in 2016 die ondervoors­itter van die Patriotic Alliance, ’n politieke party. Sy was toe in die wedloop om die burgemeest­er van Johannesbu­rg te word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa