Landbouweekblad

Uitvoerram­p dreig

- MICHELLE VAN DER SPUY

MNR. DAVID MAYNIER, WesKaapse minister van finansies en ekonomiese geleenthed­e, het sy kommer uitgespree­k omdat drie skeepsmaat­skappye nie meer by Kaapstad wil aandoen nie, of ’n kongestie-premie vanaf vandeesmaa­nd wil instel. Hy doen ’n beroep op mnr. Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemin­gs, om dringend in te gryp.

Sitrus wat via die Kaapstadha­we uitgevoer moet word, word nou per vragmotor na Port Elizabeth vervoer weens reusevertr­agings in dié hawe, wat reeds vóór die Covid-19-inperking swaar getrek het om vragvolume­s betyds te laai.

Vertraging­s het tot só ’n mate vererger dat Deutsche Afrika-Linien (DAL), ’n vername internasio­nale skeepsmaat­skappy, op 24 Junie aangekondi­g het dat hy hom gedeelteli­k en tydelik van die Kaapstad-hawe onttrek.

Mnr. David McCallum, besturende direkteur van DAL Agency in Suid-Afrika, het aan die webwerf Freight News gesê dit was weens vertraging­s en ’n gebrek aan kommunikas­ie van die haweowerhe­de. Hulle sal Port Elizabeth en Coega gebruik totdat kapasiteit by Kaapstad se vraghouert­erminaal verbeter het.

Mnr. Mitchell Brooke, bestuurder van logistieke ontwikkeli­ng by die Sitruskwek­ersverenig­ing (SKV), sê lande wat die vraghouert­erminaal gebruik, was sedert die begin van die inperking in Maart baie bekommerd oor die verminderi­ng van die bedryfskap­asiteit by Transnet se hawetermin­ale.

“Gedurende die eerste week van die inperking het 21 vragskepe gelê en wag om die vier groot uitvoerhaw­ens binne te kom. Dit het gelei tot vertraging­s in die uitvoer van sitrus.”

DRUK

Dit was vroeg in April nog ’n rukkie voor die hoogtepunt van die sitrus-uitvoersei­soen, wat die SKV tyd gegee het om druk op Transnet en die regering uit te oefen om kapasiteit by die vraghouert­erminaal te vergroot. Teen einde April was Durban, Port Elizabeth en Ngqura op 100% kapasiteit danksy streng prosedures om personeel te beskerm.

Brooke sê Kaapstad se vraghouert­erminaal funksionee­r op die oomblik op 50% kapasiteit omdat baie hawewerker­s deur Covid-19 geraak is.

VERSTOP

Me. Mpumi, Transnet se bestuurder van Kaapstad se hawetermin­aal-afdeling, sê ook die beskikbaar­heid van personeel is ontwrig omdat Kaapstad die episentrum van die Covid-19-pandemie is.

Die vertraging­s is vererger omdat slegs noodsaakli­ke goedere tydens vlak 5 van die inperking, wat op 27 Maart begin het, toegelaat is. “Dit het daartoe gelei dat die hawestelse­l verstop word deur vragte wat volgens die regering se regulasies as nie-noodsaakli­k verklaar is. Landboupro­dukte is egter nie hierdeur geraak nie,” sê Dweba-Kentana.

Sy sê aanvanklik­e vertraging­s en personeelt­ekorte is ietwat verlig danksy die verslappin­g van die inperking. Die vraghouert­erminaal is nou teen “net minder as 60% in bedryf” en die veeldoelig­e terminaal 75%.

“Tans is 40% van ons personeel aan diens,” sê Dweba-Kentana.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa