6 faktore wat landbou vorm
Gaan sake vir die landbou soos voorheen verloop wanneer Covid-19 hokgeslaan is of gaan daar blywende veranderings ná die pandemie kom?
Kenners sê onsekerheid en ontwrigting is vir die Suid-Afrikaanse landbou niks nuuts nie, dus is ons daarop voorbereid. Verder weet ons dat vorige wêreldwye krisisse, soos die Groot Depressie van die 1930’s, die Wêreldoorloë en die finansiële krisis van 2008, elkeen sy merk gelaat het – ook op die landbousektor. Hier is ses moontlike gevolge vir die landbou van hierdie onverwagse gesondheidskrisis wat toe ’n ekonomiese terugslag geword het. duurder voedselsoorte ’n kleiner deel van die totale voedselmandjie sal verteenwoordig.”
Aan die ander kant het die vraag na gesonde kos, veral vrugte, drasties gestyg in ryker wêrelddele, soos Amerika en die Europese Unie, terwyl vrugte-oeste in sommige uitvoerlande kleiner as gewoonlik was.
“Ons het reeds die uitwerking hiervan op pryse begin sien.”
Saam met die verswakking van die wisselkoers kan dit oor die volgende 12 maande baie voordelig vir die land se vrugte-uitvoerders wees, mits daar nie logistieke probleme opduik nie, sê Wildenboer.
uitvoerende hoof van Agbiz, sê die internasionale landbou is op onseker terrein. Hy sê verbruikers se veranderende bestedingspatrone het groter surplusse op sekere gebiede geskep en weer tekorte op ander. “Verspreidingskettings is ook ontwrig. Só het Viëtnam in een stadium ’n verbod op rysuitvoer geplaas en Rusland op koring. Daar was arbeidstekorte by landbou-ondernemings in Europa aangesien werkers nie oor grense heen kon beweeg nie. In Amerika was daar weer sluitings van groot vleisverwerkingsaanlegte toe werkers die virus opgedoen het.”
Daar is egter genoeg voorraad van stapelvoedsel en die beskikbaarheid is ook goed, of dit nou rys of koring is, sê Purchase.