Landbouweekblad

Ambulanswa vir haltermak skoubeeste

- NAVRAE: Mnr. George Potgieter: e-pos: george@ pothou.co.za; 082 787 3899.

Die koste van arbeid en die tyd wat die afrigting van diere vir skoue in beslag neem, is een van die versteekte koste-aspekte wat die deelname aan skoue duur maak. ’n Noord-Vrystaatse Sussex-teler gebruik ’n praktiese kortpad om beeste haltermak te kry.

Pothou-Sussex se sukses het nie oornag gebeur nie. Die Potgieters, mnr. George en me. Daleen, het die plaas Uithou in 2004 in die driehoek tussen Viljoenskr­oon, Potchefstr­oom en Parys gekoop – ’n wêreld bekend om klipperige rantjies, suurgras, ysige winters en swaar rypneersla­e.

Die geharde, aanpasbare diere wat hier oorleef, is landwyd gesog en raap pryse op op skoue.

George kan nie meer onthou waar hy aan die idee gekom het nie, maar sy skoudiere word deur ’n stewige wa agter ’n trekker gelei totdat hulle aan die halter gewoond is.

Aanvanklik het hy die potensiële skoudiere se halters regstreeks aan die trekker vasgemaak, wat glad nie gewerk het nie. “Hulle steek viervoet vas en verseg soos steeks donkies om saam met die trekker te stap.”

Hy, sy vrou, Daleen, en hul seun, George jr., is ’n gedugte span, en die beesboerde­ry word net met twee vaste werkers bedryf.

Dit beteken hulle kan nie mannekrag afstaan om diere haltermak te kry vir skoudeelna­me nie. “Om aan skoue deel te neem, is egter belangrik om die Sussex-handelsmer­k uit brei en bemarking in Suid-Afrika en ook in die buurlande te doen.”

PROSES WEEK LANK HERHAAL

Op hul plaas is ’n “ambulanswa” waarmee siek beeste uit die veld vervoer word. Dit het ’n robuuste staalraamw­erk op ’n dubbelason­derstel en het plek vir minstens twee beeste. Aan die een kant vorm ’n laairaam ’n deur.

George het met ’n plan vorendag gekom om die wa te benut om enige potensiële skoudier te “dissipline­er”.

Die bees se halter word aan die pilaar regs agter op die wa vasgemaak en volg noodgedwon­ge die trekker en die wa.

Dié proses word ’n week lank daagliks herhaal sodat die dier aan die dissipline van die skyntoulei­er gewoond kan raak. “Daarna kan die regte touleier aan die dier se linkerkant die halter begin hanteer soos in ’n skouring waar diere kloksgewys paradeer. Dit duur sowat ’n maand om die dier af te rig,” sê George.

“Die stabilitei­t wat die wa as skyntoulei­er bied, is ’n belangrike beginsel vir die opleiding van die skoudiere, want as ’n bees eers sy krag ontdek en die oorhand gekry het deur los te ruk, verleer hy nie dié nuk nie.”

RAAD VIR HALSSTARRI­GE DIERE

Daleen sê enige skoudier wat sy sukkel om mak te maak, word eers agter in die drukgang touwys gemaak, “want ek glo nie daaraan dat hulle moet losruk nie”.

Andersins word halsstarri­ge diere in die kopklamp staangemaa­k, van ’n halter voorsien en aan die wa vasgemaak vir ’n uitstappie van twee tot drie kilometer.

“As ek terugkeer, neem die touleier oor wanneer die bees moeg geloop is en minder weerstand bied. Die bees word eers waterkrip toe gelei om sy dors te les. Gaandeweg aanvaar die diere die hanteerder­s se hantering.”

Aan die begin van die beeste se opleiding, word hulle eers in die drukgang geroskam

sodat hulle aan die menslike hantering gewoond raak.

Wanneer diere haltermak is, konsentree­r die hanteerder met sy stok om die bene in die regte posisie te kry vir die beste voorkoms vir die beoordelaa­r.

In die geval van die bulle, moet die voorbene verkieslik ewewydig uitmekaar geplaas word en die regteragte­rbeen effens na agter om die skrotum te vertoon. Koeie moet basies dieselfde posisie inneem om hul uiers behoorlik te vertoon.

Wanneer die beoordelaa­r die diere van agter beskou, moet die agterbene gelyk en vertikaal wees sodat die koeie se uiers nie vasgeknyp word nie en die bulle se skrotums en die binne- en buitedye duidelik vertoon.

 ??  ?? ’n Bul word aan die agterste regterkant van die wa vasgemaak en met me. Daleen Potgieter agter die trekker se stuur en dr. Danie Odendaal, veeartseny­kundige konsultant wat foto’s neem, begin die optog van die kraal af.
’n Bul word aan die agterste regterkant van die wa vasgemaak en met me. Daleen Potgieter agter die trekker se stuur en dr. Danie Odendaal, veeartseny­kundige konsultant wat foto’s neem, begin die optog van die kraal af.
 ??  ?? Die bul aanvaar die leiding van die bewegende wa ná ’n kilometer se stap tot by die trekker se draaipunt.
Die bul aanvaar die leiding van die bewegende wa ná ’n kilometer se stap tot by die trekker se draaipunt.
 ??  ?? Dit is belangrik dat die bees nie uit sy halter kan loskom nie en hom aan die nodige dissipline onderwerp. Wanneer hy by die kraal aankom, begin die bees al die touleier aanvaar en stap gedweë saam.
Dit is belangrik dat die bees nie uit sy halter kan loskom nie en hom aan die nodige dissipline onderwerp. Wanneer hy by die kraal aankom, begin die bees al die touleier aanvaar en stap gedweë saam.
 ??  ?? Me. Daleen Potgieter
Me. Daleen Potgieter
 ??  ?? Mnr. George Potgieter
Mnr. George Potgieter
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa