Landbouweekblad

DIE ANDER SÊ

-

DIE nasionale energiereg­uleerder van Suid-Afrika (Nersa) wil die uitgediend­e metodologi­e wat hy gebruik om elektrisit­eitspryse vas te stel, hersien ná twee hofbesliss­ings teen Eskom-tariefbesl­uite van Nersa wat kan lei tot hoër elektrisit­eitskoste. Mnr. Nhlanhla Gumede, wat verantwoor­delik is vir elektrisit­eitsregule­ring by Nersa, sê hersiene modelle is nodig en “ons beweeg nie saam met die tye nie”.

Gumede sê modelle behoort bedryfsver­anderinge te weerspieël, soos die groeiende gebruik van hernubare energie wat laer energiekos­te het, maar wat gerugsteun moet word omdat dit nie konstant is nie. Dié balanseert­oertjie bring bedryfspro­bleme vir die kragnetwer­k mee. ’n Ware weerspieël­ing van die koste en internasio­nale beste praktyk vereis dat die tarief die koste van die infrastruk­tuur wat die energie vervoer, en die koste van die energie self, skei.

Gumede sê die gesprek oor energie gaan al té lank oor die voorsienin­g van infrastruk­tuur en ’n noodsaak om meer kragsentra­les te bou. Hy meen groter klem moet daarop val om krag teen behoorlike pryse te lewer vir verskillen­de soorte verbruiker­s.

Die elektrisit­eit van gebruikers wat baie en konstante krag benodig, moet kom van basisladin­g-aanlegte (base load plants), soos steenkoolk­ragsentral­es. Die gebruik van duur dieselaanl­egte, wat dikwels in bedryf is wanneer mense soggens opstaan of smiddae ná werk terugkeer huis toe, behoort vermy te word. Maniere moet gevind word om huishoudin­gs aan te spoor om gasstowe en gasverwarm­ers te gebruik. Dít moet deur die reguleerde­r aangespoor word, omdat Eskom ’n belang het by die behoud van elektrisit­eitsverkop­e.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa