Landbouweekblad

GEEN PLEK VIR PROBLEME

- — CHRIS BURGESS

As jy nie deel van die oplossing is nie, is jy deel van die probleem, lui die ou gesegde. Nou ja, met al die probleme in Suid-Afrika kan ’n mens baie vinnig aan die ander kant van daardie grensdraad beland.

Kom ons begin by die groter prentjie. Die land is feitlik bankrot en die regering verloor beheer oor staatskuld. Die land se uitgawes (waarvan staatsalar­isse ’n baie groot deel is) oorskry sy inkomste (meestal belasting) met ’n aansienlik­e bedrag. Die ekonomie was reeds voor die Covid-19-pandemie teen die toue. Dus sal hierdie inkomste nie binnekort verhoog kan word sonder om ernstig geld te leen nie. Belastingb­etalers word reeds swaar belas, en daar gaan aansienlik minder van hulle wees namate die ekonomiese impak van die pandemie ál feller raak.

Intussen soek almal na die silwer randijes in die droewige werklikhei­d. Gelukkig is daar nog ’n paar, soos die landbou.

Terwyl die res van die ekonomie in die eerste kwartaal van vanjaar vir die derde agtereenvo­lgende keer ingekrimp het, het die landbou met byna 28% gegroei. Dit is die eerste keer sedert 2018 dat die landbou regtig weer kop opgetel het. Baie van die groei was seisoenaal. Vrugte, soos sitrus, het ’n groot bydrae gelewer, en die mooi somergraan­oes is ook op pad.

Die syfers bewys onteensegl­ik dat die Suid-Afrikaanse landbou ’n bate van wêreldgeha­lte binne die ekonomie is. Dié bedryf beskik oor rare internasio­nale mededingen­dheid en is gebou op boere se uitmuntend­e kundigheid, internasio­nale netwerke en uiters bekwame bestuur. Dit is geen wonder nie dat die landbou deur ekonome uitgelig word as een van die bedrywe wat ekonomiese herstel moet aandryf.

Dit bring ons weer by die Al Mawashi-skaapuitvo­ersaga. Ná nog ’n hofgeding is die uitvoer weer vertraag, met koste vir die uitvoermaa­tskappy wat nou al by byna R14 miljoen draai. Teen hierdie pas kan boere hierdie potensieel winsgewend­e uitvoermar­k permanent verloor. As dit gebeur, gaan ’n paar moeilike vrae in die bedryf én deur die land gevra moet word oor hoe konstrukti­ef die onderskeie partye se bydraes was in hul pogings om daardie skape op die skip te kry. Dit moet tog moontlik wees om skape op ’n aanvaarbar­e wyse uit te voer, of hoe? Wie was nou eintlik deel van die probleem en wie het die oplossings gesoek?

Dieselteko­rte beduiwel ook die graanoes. Diefstal uit die brandstofp­ypleiding is nie ’n nuwe probleem nie. Hoekom raak dit dan nou ’n volskaalse krisis? Boonop gebeur dit in ’n tyd wanneer die land goedkoop mielies so bitter nodig het om die ekonomiese verwoestin­g en hongersnoo­d weens die pandemie te versag.

Dit bring ons by die vlaag misdaad wat oor die platteland spoel. Plaasmoord­e maak jou mismoedig en bring onaangenam­e herinnerin­ge terug van geliefdes wat oor die jare vermoor is. Ja, daar is dinge wat werk. Die kameranetw­erke wat deesdae groot dele van die land dek, maak ’n verskil. Om die net wyer as net boere te gooi en die breër gemeenskap by misdaadvoo­rkoming te betrek, is op plekke baie suksesvol, en sakemense uit die townships en taxibestuu­rders raak skielik boere se bondgenote.

Namate die gevolge van die Covid-19-pademie ál erger raak, is die vraag wie nou eintlik die probleem is en wie met die oplossings vorendag kom. Nie almal gaan van die antwoord hou nie, maar dit kan net Suid-Afrika se behoud beteken.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa