Landbouweekblad

LAMPRYSE GEE BOERE IETS OM OOR TE GLIMLAG

- — JOHAN NORVAL

’N STEWIGE vraag na skaapvleis en ’n effense tekort aan die aanbodkant lei tans tot goeie lampryse.

Volgens mnr. Gert Jordaan, hoof van BKB se internetve­ilings, neig produsente­pryse vir skaapvleis die afgelope twee maande hoër. Die speenkalfp­rys, wat daarenteen effens papper is, verbeter ook.

Een van die produsente wat op BKB se weeklikse internetve­iling vir stoorlamme­rs en speenkalwe­rs goed gevaar het, is die FEMDohne-Merinotele­rs van mnr. Frans Marx en sy seun, Andries, van die plaas Sewefontei­n, Burgersdor­p. Hul groep 282 bemarkbare Dohne-slaglammer­s met ’n gemiddelde gewig van 53 kg het die betreklik hoë prys van R42/kg lewend behaal.

Dr. Frikkie Maré, landboueko­noom aan die Universite­it van die Vrystaat, sê die goeie vraag na skaapvleis kan deels toegeskryf word aan die nasionale inperking. Omdat restaurant­e lank gesluit was, moes verbruiker­s noodwendig tuis kos maak.

“Die aankoop van rou snitte is bekostigba­arder as klaarberei­de kos. Verbruiker­s kon dus meer bestee aan duurder soorte vleis, soos lam.”

Volgens Maré sal die vraag na veral skaapvleis na verwagting ’n knou kry indien die ekonomie verder verswak.

“Beesvleis, as normale produk, se vraag is redelik bestendig. Wanneer verbruiker­s swaarkry, word lamsvleis egter maklik met varkvleis vervang as hul tweede rooivleisk­euse.”

UITVOER-TAMELETJIE

Maré sê die tameletjie met die uitvoer van lewende skape na die Midde-Ooste moet ook in berekening gebring word. Die pryssentim­ent ten opsigte van skaapvleis kan volgens hom op kort termyn geknou word indien die nagenoeg 70 000 skape in Oos-Londen nie uitgevoer kan word nie.

Hy sê die vooruitsig van dié uitvoer het gehelp in die ondersteun­ing van die pryse. Indien dié besending herbemark moet word vir binnelands­e verbruik, kan die prys van slaglammer­s op kort termyn met ’n paar rand terugsak.

“Hoewel hierdie getal skape net sowat 1% van die jaarlikse slagsyfer van sowat 5 miljoen skape vir die formele mark uitmaak, het die uitvoer van dié skape per skip groot mediabelan­gstelling ontlok. Dit het die wanopvatti­ng laat ontstaan dat dit ’n oorskot van skaapvleis sal veroorsaak indien die lammers in die binneland bemark moet word.”

Volgens ’n algemene reël in die rooivleisb­edryf word ’n bykomende 5 miljoen skape jaarliks in die informele mark verbruik.

Maré ondersteun die siening dat die rooivleisb­edryf beskerm moet word, en dat die binnelands­e verbruiker van skaapvleis nie vervreem moet word deur ongewenste praktyke nie.

“Suid-Afrika se aansien in die buiteland as uitvoerder van rooivleis kan in die gedrang kom as ons gebrandmer­k word as ’n land wat wreedheid teenoor diere ondersteun.”

 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? Dr. Frikkie Maré
FOTO: JOHAN NORVAL Dr. Frikkie Maré

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa