Landbouweekblad

‘WOEDE EN VREES IS ÁL WAT OORBLY’

-

’n Boer van Mokopane meen die sewe mans wat hom, sy vrou, ’n buurman en van hul werkers aangehou en beroof het, sou hulle meer leed aangedoen het as twee huishulpe nie losgekom en gevlug het nie.

‘EK is te bang om alleen by die huis te wees of alleen dorp toe te ry, en obsessief dat die deure en veiligheid­shekke gesluit bly,” sê me. Connie Osborne nadat ’n groep van sewe gewapende mans op 26 Junie op hul plaaswonin­g buite Mokopane in Limpopo toegeslaan het.

Haar man, Dave, kyk op van sy stoel agter sy lessenaar.

“Dit is wat hulle kom doen het. Hulle het vrees en woede in my vrou se hart kom plant. En in my hart. Net woede.”

Ses van die rowers was die vorige dag ook daar onder die voorwendse­l dat hulle wou beeste koop, maar Dave was nie by die huis nie. Connie het gesê hulle moet later terugkom.

Dit was dus nie vreemd vir Dave toe sewe mans al Vrydag om 08:00 kom om te hoor of hulkan beeste koop nie.

“Hulle is Zimbabwiër­s en was netjies aangetrek, bedagsaam en goed ter tale. Ek het hulle in my kantoor ingenooi om te bespreek watter beeste ek teen watter prys kan verkoop. Toe ek weer opkyk, was daar twee rewolwers teen my kop.”

Twee van die rowers is die huis in om Connie te gaan haal en die twee huishulpe in die kombuis vas te bind. Dave is ook vasgebind en aangesê om op die grond te gaan lê.

“As ek nie vir my vrou se lewe gevrees het nie, het ek laat waai en baklei tot wat ook al gebeur het,” sê Dave.

Hy is met ’n mes in die skouer gesteek toe hy nie gou genoeg gaan lê het nie.

“Toe ek daar inkom en Ozzie op die vloer sien lê . . .” Connie se raak op.

Hulle het haar gedwing om die kluis oop te sluit, waar hulle Dave se handwapen gekry het en sy werkers se lone wat hy daardie dag sou betaal het.

BUURMAN OOK AANGEHOU

Dit was omtrent op daardie oomblik dat die Osbornes se buurman mnr. Hendrik Hattingh daar opgedaag het.

Twee van die rowers het doodluiter­s uitgestap en hom vriendelik by sy motor gegroet, voordat hulle hul wapens op hom gerig en sy vuurwapen afgeneem het. In dié proses het een van die rowers hom met ’n mes gesteek.

Hy is toe saam met die ander mense vasgebind.

Die rowers wou intussen meer geld by Dave hê en het gedreig om hom en Connie te martel.

“Ek het aanvaar hulle gaan ons doodmaak,” sê Connie onderlangs, voor Dave verder vertel hoe hy kalm moes bly en vir die rowers sê dit is ál die geld wat hy het.

HUISHULPE ONTSNAP

Hy meen hulle sou hul dreigemenl­e

te deurgevoer het, maar toe besef die rowers die twee huishulpe het ontsnap. Die sewe het hul buit gevat en die hasepad gekies. Dave het hom intussen losgewikke­l, sy haelgeweer agter die deur gegryp en hulle agterna gesit.

Die rowers was al sowat 60 m weg toe die skote geklap het. Dave het, anders as die rowers agter op die bakkie, raakgeskie­t. Daar was heelwat bloed op die toneel toe die polisie die bakkie later verlate langs die teerpad gekry het. Kringtelev­isiemateri­aal van ’n plaas daar wys hoe gewonde mans van die bakkie af na ’n taxi strompel.

Dave loof die polisie, plaaswagte en die organisasi­e sonder winsbejag Heritage Protection Group vir hul vinnige optrede. Sy gemoed skiet vol wanneer hy vertel hoe die gemeenskap hom sedert die aanval ondersteun en bemoedig.

“Selfs swart mense wat ek van nêrens af ken nie, bel uit die nabygeleë townships en verskaf brokkies inligting wat tot inhegtenis­nemings kan lei.

“Ons gaan nie dat hierdie ding ons onderkry nie,” sê hy terwyl hy bekommerd in Connie se rigting kyk.

Die polisie het teen druktyd glo goeie leidrade gehad en gehoop om binnekort van die rowers vas te trek.

 ?? FOTO: J ASPER RAATS ?? Mnr. Dave Osborne en sy vrou, Connie, kyk uit oor die plaas wat sy oupagrootj­ie mnr. CWF Shultz in 1896 gekoop het. Hulle hoop hulle sal eendag weer tuis en veilig kan voel daar.
FOTO: J ASPER RAATS Mnr. Dave Osborne en sy vrou, Connie, kyk uit oor die plaas wat sy oupagrootj­ie mnr. CWF Shultz in 1896 gekoop het. Hulle hoop hulle sal eendag weer tuis en veilig kan voel daar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa