Landbouweekblad

LANDBOU BONS TERUG NÁ MOEILIKE JAAR

- — CARIEN KRUGER

DIE landbou is ’n ligpunt in die jongste syfers oor Suid-Afrika se ekonomiese groei. Al het die bruto binnelands­e produk (BBP) in die eerste kwartaal van vanjaar die derde agtereenvo­lgende keer ingekrimp, met 2%, het die landbou vir die eerste keer sedert einde 2018 weer gegroei, met 27,8%.

Statistiek­e SA skryf die groei hoofsaakli­k toe aan stygings in die produksie van graangewas­se, tuinbou- en diereprodu­kte. Die sektor het 50 basispunte tot die BBP-groei bygedra.

Verlede jaar het die landbou weens onder meer die droogte en bek-en-klouseer elke kwartaal met van 4,5% tot 16,8% ingekrimp.

Mnr. Wandile Sihlobo, hoofekonoo­m by die landbousak­ekamer Agbiz, verwag die sektor gaan vanjaar op ’n jaargronds­lag met gemiddeld 10% groei, vergeleke met verlede jaar se inkrimping van 6,9%.

Dit sal danksy gunstige weer in die 2019-’20-produksies­eisoen ondersteun word deur herstel in al die groot subsektore, naamlik vee, graangewas­se en tuinboupro­duksie.

Vir graangewas­se word die naasgroots­te oes verwag. Die verwagte mielie-oes is 38% groter, die sonneblomo­es 13% groter en die sojaboonoe­s 8% groter. Die suikeroes sal na verwagting 1% groter wees.

Die tuinbousek­tor het volgens Sihlobo in die algemeen ’n goeie vrugteoesj­aar gehad, met die

sitrusbedr­yf wat onlangs gesê het hy het op ’n jaargronds­lag 13% meer voorraad beskikbaar vir uitvoer vanjaar.

Die produksie van sagtevrugt­e het in die breë herstel, met appel- en peerproduk­sie onderskeid­elik 5% en 1% hoër.

VERTROUE KLOP NIE

Agbiz en die Nywerheids­ontwikkeli­ngskorpora­sie se indeks van landbousak­evertroue was in die verlede ’n goeie aanduider van hoe die landbou-ekonomie gaan groei.

Die afgelope paar kwartale was landbousak­elui se vertroue wankelrig.

Sihlobo verwag dit sal weens die pessimisti­ese sentiment wat Covid-19 veroorsaak, vanjaar só bly.

In die tweede kwartaal van vanjaar het die indeks tot sy laagste punt sedert die finansiële krisis geval, selfs al was landbou-uitset en handelstoe­stande, ondanks die inperkings­regulasies, beter.

Hy verwag dat daar vanjaar dalk nie samehang tussen sakevertro­uensvlakke en die prestasie in die sektor gaan wees nie.

“Die sentiment kan, weens die pandemie, terneerged­ruk wees, terwyl die landboueko­nomie, danksy ’n verwagte groot uitset in al die groot subsektore van die landbou, goed kan presteer,” sê Sihlobo.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa