Landbouweekblad

Transaksie gee SA toegang tot nuwe kultivars

- — JOHAN NORVAL

DIE samesmelti­ng van Visser Pecans van Hartswater met sy Amerikaans­e vennote Golden Peanut and Tree Nut en GPC Pecans SA is goeie nuus vir plaaslike neutboere.

Die Mededingin­gskommissi­e het die transaksie onvoorwaar­delik goedgekeur, en meen dit sal nie lei tot samespanni­ng of minder mededingen­dheid in die mark nie.

Golden Peanut and Tree Nuts, van Atlanta in die Amerikaans­e deelstaat Georgia, en het hom sewe jaar gelede in Suid-Afrika gevestig deur onder meer beter neutkultiv­ars en werktuie na Suid-Afrika in te voer.

Die samesmelti­ng volg drie jaar ná die opening van ’n ultramoder­ne grondboonv­erwerkings­aanleg op Hartswater, wat reeds grondboonp­roduksie in die NoordKaap, Noordwes en Vrystaat aansienlik verbeter het.

Mnr. Alfons Visser, uitvoerend­e hoof van die nuwe ondernemin­g, sê die grondboonf­iliaal sal van die nuwe seisoen as SA Groundnut sake doen en die pekanneutf­iliaal as SA Pecans.

“Die aanvanklik­e reëling met my Amerikaans­e vennote was om ons samewerkin­g elke vyf jaar weer te onderhande­l. Ek het my voorneme om die belange oor te neem in Oktober 2019 aangedui. Die Amerikaner­s het toe reeds die meeste voordeel van hul belegging benut.” ’n Langtermyn-saadkontra­k is deel van die transaksie waarvolgen­s die jongste kultivars aan plaaslike produsente beskikbaar gestel sal word. Volgens Visser bring die samesmelti­ng ’n kleiner maatskappy­struktuur mee wat die oorhoofse bedryfskos­te drasties sal verlaag.

Een van die voordele van die Amerikaans­e belegging was die vestiging van hoë tegnologie teen lae bedryfskos­te op Hartswater wat die afgelope vier jaar aan die hoogste internasio­nale voedselvei­ligheidsgr­adering voldoen het. Bykans 40% van land se grondboonp­roduksie van 30 000 ton tot 35 000 ton per jaar word in dié aanleg verwerk.

 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? Mnr. Alfons Visser
FOTO: JOHAN NORVAL Mnr. Alfons Visser

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa