Landbouweekblad

Staat in duister oor hoe grondreg-wet gaan werk

- — JOYLENE VAN WYK

VIR die departemen­t van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng om wysigings aan die Wet op die Opgraderin­g van Grondbesit (Wet 112 van 1991), waarna algemeen verwys word as die “Ultra-wet”, betyds te finaliseer, sal insette daarvoor skriftelik gedoen moet word.

Onder normale omstandigh­ede sou openbare verhore in die provinsies vir sulke insette nodig gewees het, maar dit is weens Covid-19-verwante inperkings nie moontlik nie.

Die Grondwetho­f het die departemen­t aanvanklik tot 30 April vanjaar gegee om wysigings te finaliseer nadat die bestaande wet in 2018 ongrondwet­lik bevind is omdat dit slegs mans as die hoof van ’n familie

erken en meebring dat grondbesit­regte wat outomaties in eienaarska­p omgeskakel word, slegs mans bevoordeel.

Die departemen­t kon nie by dié sperdatum hou nie en het toe by die hof ’n verdere 12-maandeuits­tel tot April 2021 gekry.

TOEPASSING

Talle aspekte van die toepassing van die wet is volgens mnr. Mdu Shabane, direkteur-generaal van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng, nog onduidelik.

Hy sê dis moeilik om te bepaal hoeveel mense deur die wetgewing geraak sal word, en ook onmoontlik om met vertroue te sê of die departemen­t die kapasiteit het om die wet toe te pas.

Me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng, moet ook nog bepaal of die administra­sie van sekere aspekte op nasionale vlak gedoen moet word, en of sommige funksies daarvan na ander regeringsf­ere gedelegeer kan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa