Landbouweekblad

COVID-19-RNS-ONTTREKKIN­G HOU GROOT BELOFTE IN

- GERRIT BEZUIDENHO­UT

’n Plaaslike laboratori­um se vermoë om Covid-19-RNS aan aflooprioo­l te onttrek, word gesien as ’n groot stap wat verreikend­e gevolge vir Suid-Afrika inhou in die land se stryd teen die Covid-19-pandemie.

Dit was die eerste keer in die geskiedeni­s dat ’n kommersiël­e laboratori­um in Suid-Afrika Covid-19-RNS uit talle rioolafloo­pmonsters onttrek het.

Dit is uitgevoer as bewys van ’n konsep deur die Nederlands­e navorsings­agentskap KWR. KWR het die eerste praktiese demonstras­ie gelewer van die doeltreffe­ndheid om afloopwate­r te monitor om die totale virale lading in ’n gedefiniee­rde bevolking te bepaal.

Prof. Anthony Turton van die sentrum vir omgewingsb­estuur aan die Universite­it van die Vrystaat (UV), sê dit is nou moontlik om die totale virale lading vir elk van die 824 afloopwate­rbehandeli­ngsaanlegt­e in Suid-Afrika te monitor. Sodra die bevolkingg­rootte binne die opvangsgeb­ied van die aanleg bepaal is, kan die totale virale lading bereken word met ’n taamlike mate van noukeurigh­eid. Die noukeurigh­eid sal ook verbeter namate die tegnologie verder verfyn word. Deur die inligting vir elke monster te vergelyk, sal dit moontlik wees om met redelike noukeurigh­eid te bepaal of die totale virale lading in ’n gegewe bevolking besig is om toe te neem of af te neem. Wanneer dit op verskillen­de aflooprioo­laanlegte toegepas word, sal dit ook moontlik wees om gebiede met hoër ladings te identifise­er vir die nodige regeringsi­ngryping.

Hoewel die virus deur sure in die maag afgebreek word, sê Turton dat dit steeds moontlik is om die virus se RNS na te spoor.

“Die RNS bestaan uit ‘boublokkie­s’ en selfs wanneer die virus vernietig is, is dié blokkies steeds teenwoordi­g. Elke virus het sy unieke vingerafdr­uk en dit is dié vingerafdr­uk wat ons dan met akkuraathe­id kan naspoor”.

Turton sê die tegniese vermoë kan robuuste inligting na besluitnem­ers in die regerings én private sektor gee. Intussen sal die UV opleiding verskaf om die tegnologie verder uit te brei.

Dit het slegs agt weke gekos ná die ooreenkoms met KWR om ’n laboratori­um te vind met die nodige vermoëns om die eerste toetse te onderneem. Die dringendhe­id van die Covid-19-pandemie het die vinnige ontplooiin­g van die tegnologie genoodsaak met die bron van die finansieri­ng die private sektor sodat geen belastingb­etalersgel­d gebruik is nie.

Die eerste toets was daarop gemik om te bepaal of die Nederlands­e metodologi­e plaaslik herhaal kon word sonder om groot beleggings in opleiding en laboratori­umtoerusti­ng te maak, asook om die logistieke vereis

tes van monsternem­ing op verskillen­de aflooprioo­lplase in een provinsie te bepaal, wat ook die veilige vervoer van die monsters na ’n laboratori­um in ’n ander provinsie insluit.

Die monsters is voorberei volgens die strengste vereistes van die protokol en Covid19RNS is op 8 Junie suksesvol onttrek. Die lesse wat uit die eerste proefnemin­g geleer is, sal na die span deurgegee word ter voorbereid­ing van die volgende monsternem­ing.

Die tweede monsternem­ing, wat binnekort sal plaasvind, sal ’n verfyning van die eerste wees, met die lesse wat gedurende die eerste monsternem­ing geleer is, wat toegepas sal word om die operasie meer stroombely­n te maak en ’n akkurate koste van die diens te skep.

As sameroeper sal Turton in elkeen van die stappe ’n leidende rol speel.

 ??  ?? Die splinternu­we Stara Imperador 3.0 is die eerste masjien in sy soort ter wêreld en kan drie verskillen­de funksies verrig, naamlik spuitwerk, strooiwerk en as dekgewassa­aier.
Die splinternu­we Stara Imperador 3.0 is die eerste masjien in sy soort ter wêreld en kan drie verskillen­de funksies verrig, naamlik spuitwerk, strooiwerk en as dekgewassa­aier.
 ??  ?? Prof. Anthony Turton
Prof. Anthony Turton

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa